Prostituut vrygespreek na moord op Amerikaner

knife‘n Werknemer van die Amerikaanse konsulaat in Johannesburg wat met ‘n mes in sy bors by sy huis se oprit gevind is, het vir die dienste van ‘n prosituut betaal wat glo nie na sy wense was nie.

Die vrou wat tereggestaan het op die moord van die Amerikaner is in die Palm Ridge-landdroshof vrygespreek.

Regter Leonie Windell het Lorraine Mogapi Vrydag vrygespreek. Windell het bevind dat die staat nie daarin kon slaag om Mogapi se skuld te bewys nie.

Die regter het gesê Mogapi se weergawe is die mees waarskynlike een.

Christopher Bates is in Januarie 2013 doogesteek in die Johannesburgse woonbuurt Illovo.

Bates het glo ingestem om R200 aan die prostituut te betaal en haar na sy huis geneem waar hy geweier het om haar te betaal omdat sy glo nie die geld werd was nie.

Bates het glo toe ‘n mes in die kombuis gaan haal, waarna Mogapi hom met pepersproei gespuit het.

Mogapi kon daarin slaag om uit die huis te vlug, maar Bates het haar glo met ‘n bofbalkolf gejaag.

Sy het hom toe na bewering in sy bors gesteek.