Twee-en-twintig mense wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met openbare geweld, sal vandag in die Zeerust Landdroshof in Noordwes om borgtog aansoek doen.
Sowat 300 gemeenskapslede van Kruisrivier naby Zeerust het klippe gegooi na die huis van ‘n plaaslike sakeman, en die gebou aan die brand gesteek.
Hulle beskuldig Tshepo Kraai daarvan dat hy kinders ontvoer en vir rituele vermoor het.
Vyf van sy voertuie is ook tydens die aanval aan die brand gesteek.
Kraai en sy vrou is na ‘n hospitaal gehaas nadat hulle brandwonde opgedoen het, maar is later ontslaan. – RSG

kraai freedom
🙂
Daardie Kraai vlieg seker nog laag dat 300 klipgooiers op hom teiken geneem het.
En volgende keer stem die gespuis maar weer vir die kraai. Daar’s nie pille vir onnoselheid nie.