Rusland onttrek aan Internasionale Strafhof

Rusland het amptelik onttrek aan die Internasionale Strafhof se stigtingsverordening, het die Kremlin se webblad aangekondig. Die besluit is geneem ‘n dag nadat ‘n verslag uitgereik is waarin Rusland se inlywing van die Krim as ‘n “besetting” geklassifiseer word, terwyl die skiereiland se toekoms deur ‘n referendum beslis is. Die Russiese minister van buitelandse sake

Lees verder: Rusland onttrek aan Internasionale Strafhof

Duitse diepsee-navorsingsboot ondersoek ‘opwelling’ aan Namibiese kus

Die Meteor, ‘n Duitse navorsingsboot wat onder meer in die diepsee langs die Namibies-Angolese kus watertoestande ondersoek, het Walvisbaai Maandag aangedoen. Dr. Kerstin Jochumsen, hoofnavorser aan boord van die Meteor, het ‘n voorlegging gedoen oor die wetenskaplike sending waarmee die span tans besig is en besoekers die boot gewys by ‘n onthaal vir Namibiese regeringslui.

Lees verder: Duitse diepsee-navorsingsboot ondersoek ‘opwelling’ aan Namibiese kus

Wanbetaling en kabeldiefstal laat SA sonder krag

Duisende Vrystaters kan oor die feestyd sonder krag wees, omdat munisipaliteite nie hul Eskom-rekeninge betaal nie, het RSG berig. Die agt plattelandse munisipaliteite wat by Eskom in die skuld is, sluit in Nketoana by Reitz, Nala by Bothaville en Mantsopa by Ladybrand. Die gesamentlik skuld beloop meer as 700 miljoen rand. Die Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit

Lees verder: Wanbetaling en kabeldiefstal laat SA sonder krag

Trump verdien $1 per jaar

Verenigde State se nuwe president, Donald Trump, het gesê hy sal sy R5,7 miljoen ($ 400 000) se jaarlikse salarispakket nie aanvaar nie. In plaas daarvan, sal hy net $ 1 per jaar verdien. Trump is een van verskeie Amerikaanse presidente, soos Herbert Hoover en JF Kennedy, wat geweier het om ‘n salaris te trek,

Lees verder: Trump verdien $1 per jaar

Bloemfontein: Polisie waarsku enkel-drawwers

Die polisie in Bloemfontein het ‘n waarskuwing aan drawwers gerig om versigtig te wees as hulle alleen gaan draf. Dit kom nadat ‘n 20-jarige vrou vermoedelik in die Universitas-omgewing deur twee booswigte aangeval is terwyl sy gedraf het. Vrystaat polisiewoordvoerder, Maselela Langa sê die twee mans, wat in ‘n silwer Opel Corsa gery het, het

Lees verder: Bloemfontein: Polisie waarsku enkel-drawwers

Assange in Londen ondervra deur Swede

WikiLeaks se stigter, Julian Assange, is vandeesweek deur Sweedse staatsaanklaers by Ecuador se ambassade in Londen ondervra oor beweringe dat hy in 2010 twee vroue verkrag het. Hy skuil reeds vier jaar in die ambassade. Swede se hoofaanklaer, Ingrid Isgren, het vrae aan Assange deur ‘n aanklaer van Ecuador gevra oor die beweringe wat Assange

Lees verder: Assange in Londen ondervra deur Swede

Le Pen glimlag breed na Macron toetree tot resies

Emmanuel Macron, voormalige minister van ekonomie onder die Franse Sosialistiese president François Hollande mik vir die Franse presidentskap, het hy Woensdag aangekondig. Die voormalige Franse beleggingsbankier sal as ‘n onafhanklike kandidaat in 2017 se presidensiële verkiesing in Frankryk staan, want Hollande staar ‘n vernedering by die stembus in die gesig. Met die skepping van die

Lees verder: Le Pen glimlag breed na Macron toetree tot resies

Kernoorlogbedreigingsvlak laer ná Trump oorwinning

Die bedreigingsvlak in die VSA vir ‘n kernkonfrontasie is verlaag tot sy laagste vlak in die nasleep van die verkiesings. Amerika se Defcon-waarskuwingsvlak is verlaag na sy veiligste status moontlik na die aankondiging dat Donald Trump in die 2016-presidensiële verkiesing geseëvier het. Die Defcon Warning System, word deur ‘n private organisasie bestuur wat wêreldgebeure monitor

Lees verder: Kernoorlogbedreigingsvlak laer ná Trump oorwinning

AU help om al-Sjabaab uit Somaliese dorp te verdryf

Die Somaliese nasionale weermag (SNA), met die ondersteuning van troepe van die Afrika-uniesending in Somalië (Amisom) het Dinsdag die Mir-tugo-nedersetting in die sentrale deel van die Middel-Shabellestreek van Al-Sjabaab militante ingeneem. Volgens ‘n weermagoffisier, Abdullahi Mohamed, is geen weerstand van die militante ondervind nie. Die jongste militêre verwikkeling kom op die vooraand van verkiesings vir

Lees verder: AU help om al-Sjabaab uit Somaliese dorp te verdryf

Liberale Franse politikus met broek op sy enkels gevang

‘n Liberale Franse politikus het skuldig gepleit nadat hy gevang is in ‘n seksuele daad in die openbaar. Robert Rochefort is in hegtenis geneem in Velizy, naby Parys, verlede week, vir onsedelike ontbloting, volgens Franse mediaberigte. Die 60-jarige, wat na bewering sy broek afgetrek het om die misdaad te pleeg, het aan beamptes gesê hy

Lees verder: Liberale Franse politikus met broek op sy enkels gevang