In hierdie derde aflewering van Sondagaktueel, gesels Dan & Karin Roodt ter inleiding oor die nuwe 007 van James Bond-faam wat blykbaar ‘n swart vrou gaan wees. Daarna lewer hulle kommentaar oor grondbesettings en die beoogde grondonteiening sonder vergoeding in Kaapstad. In Europa is president Macron van Frankryk vandag uitgejou en in Switserland is ‘n onderwyseres se kakebeen afgeslaan deur ‘n immigranteleerling omdat sy vir hom gevra het of hy weer sy mes saamgebring het skool toe. Die identitêre beweging in Europa, asook hul pogings om onwettige immigrante by die grense te stuit, kom ook aan die beurt.
Tag: Emmanuel Macron
-

Onwettige derdewêreldmigrante noop Franse universiteit om te sluit
Die Universiteit van Reims in Frankryk, URCA, het aangekondig dat dit nie langer die veiligheid van studente kon waarborg nie en tydelik gesluit moes word nadat die kampus onwettig deur derdewêreldinkommers beset is.
Die rektor van die Universiteit, Guillaume Gellé, het aan die personeel en studente gesê dat daar Dinsdag geen lesings sou wees nie aangesien hy nie hul veiligheid kon verseker nie.
In ‘n gesprek met plaaslike media, het Gellé, gesê: “Betreffende die onwettige besetting van die universiteit, kan ek nie langer almal se veiligheid verseker nie, en ek dring op veiligheid vir almal aan. Dit is waarom ‘n tydelike sluiting van die universiteit Sondagaand afgekondig is.”
Dit is die eerste keer dat ‘n Franse universiteit sy deure moes sluit weens die migrantekrisis in die land.
Die rektor het gemeen dit is nie vir sy instelling om oplossings vir die plakkerskamp in die stad te vind nie, maar vir die staat. Hy het die regering versoek om in te tree aangesien vele studente poog om hul studies onder moeilike omstandighede te voltooi.
Daar word beraam dat daar ongeveer 41 migrante in die plakkerskamp woon, met ‘n verdere 18 tente wat langs die regsfakulteit aan die ander kant van die kampus opgeslaan is.
Enkele dae gelede het inwoners van die St John Perse-parkomgewing in die plaaslike pers die toestande veroordeel en dit ‘n “mini-Calais” genoem wat slegs enkele meters van hul huise af bestaan.
Volgens France Bleu het die migrante in die nabye St John Perse-park gekampeer, maar sou daar deur die polisie uitgesit word, daarom het hulle besluit om hul intrek op die kampus self te neem, waardeur die owerheid gedwing word om opnuut ‘n uitsettingsprosedure teen hulle te begin.
Die Franse studentevereniging, UNEF, het die “lewensomstandighede van dié gesinne” veroordeel en gevra “vir solidariteit van die plaaslike owerheid en die stadsraad van Reims, asook die Prefektuur, om die gesinne te huisves”.
Daar is slegs drie maande oor van president Emmanuel Macron se verkiesingsbelofte dat daar teen die einde van die jaar geen meer migrante op straat sal slaap nie.
Le collectif 51 qui soutient les migrants sur le campus de #Reims cite Macron… pic.twitter.com/fxqNu15Cj3
— Valérie Coulet (@ValerieCoulet) September 18, 2017
Volgens ‘n twiet deur Valérie Coulet (hier bo) “haal die migrante op die kampus van Reims vir Macron aan”.
In ‘n persverkaring Maandag het die rektor van die URCA gesê dat hy hom “ná raad deur die bekwame owerhede”, tot die administratiewe hof wend. Die verhoor sou vandag, Woensdag 20 September te Châlons-en-Champange gehou word.
Intussen sal die Rooi Kruis-kampus geslote bly en word ongeveer 8 000 studente van opvoeding weerhou.
-

Marine Le Pen en Macron deur na 2de rondte
Marine Le Pen, leidster van die Front National en Emmanuel Marcon, die eertydse bankier sonder ‘n party, het gisteraand as die wenners na vore getree in die hoogs mededingende eerste rondte van die Franse presidentsverkiesing.
Die finale stemtotale van die ministerie van binnelandse sake too dat Macron bo-aan geëiendig het met 23,75 persent, terwyl Le Pen ‘n kortkop agter hom was met 21,53 persent.
In die tweede rondte van die geveg met Macron, sal Le Pen weereens fokus op die hoofelement van haar veldtog: globalisme teenoor nasionalisme. Die globaliste kan egter op die verlinkses reken om geweld by te dra. Die uitslag van gister se verkiesing het betogings in Parys ontketen waartydens etlike honderde jeugdiges op die Place de la Bastille onluste gepleeg het tydens ‘n “anti-fascistiese betoging”.
Die onluspolisie het kort ná die aankondiging dat Le Pen tot die finale rondte deurgedring het met linksgesindes gebots. Toe die polisie die betogers nader, is hulle met bottels en klappers gegooi, het ‘n joernalis van AFP berig. Drie mense is volgens die polisie in hegtenis geneem.Ook in Nantes is ‘n “anti-fascistiese betoging” laataand Sondag gehou.In haar oorwinningstoespraak in Hénin Beaumont het Len Pen aan die Franse gesê om te vergeet van die partypolitiek wat verkiesings in die verlede gekenmerk het. “Die groot uitdaging is globalisering,” het Le Pen aan haar ondersteuners gesê. “Ek is die kandidaat uit die volk.”
Florian Philippot het kiesers herinner aan die ideologiese stryd met Macron wat tydens ‘n televisie-onderhoud met die France2-kanaal gaan plaasvind. “Ons het daarin geslaag om die idee van patriotisme op alle vlakke te vestig,” het Philippot gesê. “Dit gaan eintlik oor die konflik tussen privaat belange en die belange van die nasie.”
Op LCI het Philippot op Maandag 24 April verklaar: “Onder die kiesers van François Fillon gaan daar vele wees wat nie gaan aanvaar dat hulle vir die persoon moet stem wat gister (Sondag) nog ‘Emmanuel Hollande’ genoem is nie, aangesien dit die bynaam is wat die Republikeine op hom geplak het.”
François Fillon, die sentrum-regse kandidaat van die Republikeine wat voorgegee het om ook teen immigrasie te wees, het derde geëindig. Hy het gesê dat hy vir die linkse Emmanuel Macron gaan stem om Marine Le Pen te verhoed om in die tweede rondte van die verkiesing te wen. “Om buite stemming te bly is nie in my gene nie, veral wanneer ‘n ekstremistiese party naby aan die mag is,” het Fillon verklaar nadat hy sy neerlaag aanvaar het. “Ekstremisme kan slegs onheil en verdeeldheid oor Frankryk bring.”
Die kandidaat van die regerende Sosialistiese Party, Benoît Hamon, het in die vyfde plek geëindig. Hy het ‘n vyandige veldtog teen Macron gevoer, maar al die verguising het Sondag ná sy verpletterende neerlaag tot ‘n einde gekom. “Daar is ‘n duidelike onderskeid tussen ‘n politieke mededinger en ‘n vyand van die republiek,” het Hamon sonder ironie gesê en daarmee ‘n beroep op alle Sosialiste gedoen om vir Macron te stem, terwyl hy byvoeg: “Dit is nou doodernstig.”
Geert Wilders, leier van die Nederlandse Partij voor de vrijheid, wat tweede gekom het in die Nederlandse verkiesings in Maart, het sy gelukwense aan Marine oorgedra. “‘n Dag om te vier vir alle patriotte in Europa,” het hy getwiet. Matteo Salvini, leier van die Italiaanse Noordelike Liga, het op Twitter gesê: “Die mense tel hul koppe op. Sterkte Marine, dis tyd om uit Brussel se hok te breek!”Nigel Farage, die voormalige Ukip-leier, is nie deur Macron en sy pro-EU-standpunt beïndruk nie. “Macron praat met die EU-vlag agter hom. Spreek boekdele,” het hy getwiet. “Macron se toespraak was leë onsin. Behalwe dat hy die status quo ondersteun, sê hy niks nie.”Maar die leiers van die twee grootste politieke groepe in die Europese Parlement wat ook die EU ondersteun, Manfred Weber en Gianni Pitella, het Franse kiesers gemaan om nie op 7 Mei die Front National te ondersteun nie.Die woordvoerder van die Angela Merkel, die Duitse kanselier, ondersteun insgelyks vir Macron en het om “alles van die beste vir die volgende twee weke” toegewens. Steffen Seibert het in ‘n twiet verklaar: “Dis goed dat Emmanuel Macron so suksesvol was met sy standpunt ten gunste van ‘n sterk EU en sosialemarkekonomie,” het Sigmar Gabriel, die Duitse minister van buitelandse sake bygevoeg en voorspel dat die 39-jarige Macron die volgende president van Frankryk gaan word. -

Le Pen glimlag breed na Macron toetree tot resies
Emmanuel Macron, voormalige minister van ekonomie onder die Franse Sosialistiese president François Hollande mik vir die Franse presidentskap, het hy Woensdag aangekondig.
Die voormalige Franse beleggingsbankier sal as ‘n onafhanklike kandidaat in 2017 se presidensiële verkiesing in Frankryk staan, want Hollande staar ‘n vernedering by die stembus in die gesig.
Met die skepping van die “En Marche” politieke beweging in April, was dit reeds duidelik dat Macron presidensiële ambisies koester.
Sy bod sal stemme van die hoofstroom kandidate afskep in ‘n wedloop wat reeds moeilik is, en daarmee die regse gunsteling Marine Le Pen ‘n hupstoot gee.
‘n Meningspeiling het voorgestel dat hy 21 persent steun sal kry teen 30 persent vir Le Pen en die twee van hulle sal deurgaan na die tweede ronde waar Le Pen sal wen.
Hollande se minister van handel Matthias Fekl het gesê Macron se kandidatuur sal “links laat ontplof”. Hy het op RMC radio gesê: “Dit is ‘n tydbom in die hart van ‘n politieke familie. Die bom het ontplof.”
Le Pen was in ‘n opgeruimde gemoedstemming Woensdag. “Macron is die banke se kandidaat,” het sy aan Reuters by die bekendstelling van haar veldtoghoofkwartier gesê.
“Wat seker is, is dat hy nie enige van ons kiesers sal afrokkel nie. Dit is ‘n kandidaat wat ruik na motballetjies.”
