Bloemfontein: Polisie waarsku enkel-drawwers

Die polisie in Bloemfontein het ‘n waarskuwing aan drawwers gerig om versigtig te wees as hulle alleen gaan draf.

Dit kom nadat ‘n 20-jarige vrou vermoedelik in die Universitas-omgewing deur twee booswigte aangeval is terwyl sy gedraf het.

Vrystaat polisiewoordvoerder, Maselela Langa sê die twee mans, wat in ‘n silwer Opel Corsa gery het, het die vrou vermoedelik probeer ontvoer. Hulle het haar glo geskop, gekrap en in die motor probeer dwing.

Langa sê die vrou kon egter daarin slaag om weg te hardloop. Dit is onbekend of enigiets gesteel is.

Langa sê die vrou het nie ‘n saak by die polisie oopgemaak nie. Hy sê hy het egter die vrou se ma gekontak en haar aangemoedig om na die polisiekantoor te gaan om die voorval aan te meld.

Hy vra dat die gemeenskap dadelik enige verdagte aktiwiteite by die polisie aanmeld.

“Op die huidige oomblik kan ons nie sê dat hierdie tipe voorval meer voorkom as voorheen nie. Omdat dit gebeur het, neem ons dit baie ernstig op. Ons wil graag die gemeenskap waarsku, as hulle gaan draf moet hulle dit nie alleen doen nie. Moenie jouself in ‘n situasie vind waar jy alleen draf nie,” sê Langa.

Bron: OFM

6 thoughts on “Bloemfontein: Polisie waarsku enkel-drawwers”

  1. Niet iedereen kan zich echter op belastingcenten een rondje hardlopen veroorloven zoals dit supermens/Übermensch Sarkozy, in de beerput in getrokken zijnd multi culti helhol Krankrijk.

    De lelijke corrupte zelfzuchtige racistische anti Frank anti Christ dwerg, hoopt weer samen met verrader en 5e colonne icoon ‘Merkel’ in haar 4e termijn, de EUSSR verder onleefbaar te maken voor echte Europeanen.
    In elk verloederend unheimisch volksvijandig WE EUSSR land is aan ieder individueel ‘multi culti succes’ sinds de jaren ’60, een totaal vernietigd leven van een Europeaan gekoppeld in de ‘voor jou 10 anderen’ ideologie.

          1. As mens jou eie beskawingspeil ag , is die swaarste ding om te doen , vir my altans , om rekenskap te gee vir jou dade en , baie belangrik, die gevolge daarvan te dra. Dit bring mens egter by omvangryke , en soms duiselingwekkende insigte , wat jou ‘ nederig ‘ hou , maar ook
            bemagtig. Bitter min mense bewandel dié pad. Dankie vir jou insette hier , Hans.

Maak 'n opvolg-bydrae