Minder swart meisies skryf matriek

Die Departement van Basiese Onderwys se tegniese verslag na die 2013 matriekuitslae toon dat swart tienermeisies steeds swakker vaar as tienerseuns. Van die seuns het tagtig persent verlede jaar matriek geslaag teenoor 78 persent van die meisies. Met ‘n groter groep meisies wat matriek geskryf het, was die algehele slaagsyfer 78,2%. Die neiging het oor

Lees verder: Minder swart meisies skryf matriek

‘Armes kan ook presteer’

Die Departement van Basiese Onderwys het woedend gereageer op oproepe van die Demokratiese Alliansie dat ‘n volskaalse oudit van verlede jaar se matriekuitslae gehou word. Die DA-leier, Helen Zille het gister gesê die regering moet dringend en onafhanklik die geloofwaardigheid van verlede jaar se uitslae en dié van toekomstige matriekeksamens ondersoek. Die departement voer aan

Lees verder: ‘Armes kan ook presteer’

Rusland sê terreur volg oral dieselfde patroon

Rusland sê misdadige terreuraanvalle volg oral in die wêreld presies dieselfde patroon. Die land se veiligheidsmagte het, ‘n maand voordat die winterspele in die Swartsee-oord, Sotsji begin, een van die grootste veiligheidsoperasies in die geskiedenis van die Olimpiese spele van stapel gestuur. Die onlangse selfmoordbomaanvalle in Wolgograd toon dat dit tyd vir internasionale spelers is

Lees verder: Rusland sê terreur volg oral dieselfde patroon

Sanral begin 2014 met faktuur-ramp

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral ) het die jaar begin met ‘n faktuurramp. Die agentskap is die implementeerders van die omstrede e-tolstelsel wat op 3 Desember 2013 in Gauteng in werking getree het. Padgebruikers wat die skyfies aangeskaf het in die hoop om afslag te kry, het Praag gekontak om te kla oor hemelhoë rekeninge

Lees verder: Sanral begin 2014 met faktuur-ramp

Onwettige myners uit ou skag gered

Volgens die polisie is sowat 30 vermeende onwettige myners uit ‘n ou goudmynskag op Florida aan die Wes-Rand gered. Hulle sal Woensdag die soektog vir meer mense hervat, wat vermoedelik nog ondergronds vasgekeer is. Minstens drie van hulle het ernstige beserings opgedoen nadat gevegte ondergronds tussen twee strydende bendes uitgebreek het. Die mans was vasgekeer nadat

Lees verder: Onwettige myners uit ou skag gered

Polisie betrek by moord op winkeleienaar

Die polisie word betrek by die ontvoering en moord van ‘n winkeleienaar by die Montana-handelaarsmark in die noorde van Pretoria. Usman Saeed se liggaam is in Desember verlede jaar langs ‘n grondpad naby Cullinan gevind. Die ondersoekbeampte, Mari Petzer, het aan die landdroshof in Pretoria-Noord gesê getuies sal getuig dat een van die ontvoerders ‘n

Lees verder: Polisie betrek by moord op winkeleienaar

Nog oor die Flip Buys/Lina Spies-debat

Dit is moeilik om te besluit wanneer ‘n mens genoeg van ‘n debat gehad het. Blykbaar is daar nog voldoende belangstelling in die Flip Buys/Lina Spies-debat. Dit gaan immers om belangrike Afrikanersake. Pieter Hunter van Hermanus se brief (Die Burger, 7 deser, p 8) is nie sonder verdienste nie. Dit is met die opskrif “Moet

Lees verder: Nog oor die Flip Buys/Lina Spies-debat

Bodem 1: ‘n Vuurtoring vol skel oranje vlamme

‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Later die aand, met die gloed van ‘n deel van die Oos-Rand wat in vlamme agter hulle staan, is die snelweg voor hulle vol stilstaande motors en die briekligte is soos die rye skubbe van ’n gloeiende slang wat kilometers voor hulle kronkel en uiteindelik buite sig oor ‘n hoogtetjie

Lees verder: Bodem 1: ‘n Vuurtoring vol skel oranje vlamme

China vra onmiddellike skietstilstand in Suid-Soedan

China, die grootste belegger in Suid-Soedan se olie-industrie, het Maandag vir ‘n onmiddellike skietstilstand in die wêreld se nuutste staat gevra, terwyl rebelle en die regering se onderhandelaars stry oor die omvang van die vredesonderhandelinge drie weke se gevegte tot ‘n einde moet bring. Die Chinese minister van buitelandse sake Wang Yi het gesê Beijing

Lees verder: China vra onmiddellike skietstilstand in Suid-Soedan

Ysgreep wurg Middeweste van VSA

Die Middeweste van die VSA se inwoners moes hulself Sondag staal vir die streek se koudste weer in twee dekades. Voorspellers waarsku dat die ysige weer lewensgevaarlik is. Die ysige wurggreep het talle skole en sakeondernemings laat sluit en meer as drieduisend vlugte is gekanselleer. Noord-Amerikaners is gewaarsku om binneshuis te bly omdat vel wat

Lees verder: Ysgreep wurg Middeweste van VSA