Ysgreep wurg Middeweste van VSA

coldDie Middeweste van die VSA se inwoners moes hulself Sondag staal vir die streek se koudste weer in twee dekades.

Voorspellers waarsku dat die ysige weer lewensgevaarlik is.

Die ysige wurggreep het talle skole en sakeondernemings laat sluit en meer as drieduisend vlugte is gekanselleer.

Noord-Amerikaners is gewaarsku om binneshuis te bly omdat vel wat aan die koue blootgestel word, binne enkele minute kan vries.

Die Amerikaanse Weerdiens sê tweederdes van die land kan geraak word terwyl die kouefront ooswaarts beweeg.

Die koue is die resultaat van ‘n relatief seldsame belyning van weerstoestande, sodat die Arktiese lugmaalstroom buitengewoon ver suid verplaas het.

Dit is tans kouer in die VSA op sekere plekke as in die Poolgebiede weens ysige lug wat suid beweeg.

Temperature van tot minus 17 grade Celcius word in Georgia en Alabama verwag en tot minus 23 in Atlanta.

In dele van Kanada het temperature van tot minus 40 grade gister voorgekom.

5 thoughts on “Ysgreep wurg Middeweste van VSA”

  1. Aardverwarming? Die sogenaamde aarverwarming teorie, want dit is net wat dit is, word deur die voorstaanders van ‘n Een Wêreld filosofie voorgehou as die waarheid. Die aarde het deur baie eeue nog altyd opwaartse en afwaartse temperatuur bewegings ondergaan. Slegs evolusioniste glo hierdie politieke bangmaakstories.

    1. Puma, dankie vir jou oopkop beskrywing.
      Al Gore het n multi-Biljoener geword uit die aardverwarming foefie uit. Ook het die gespuis verklaar dat die aarde geen sneeu sal he (pole inkluis) oor 5 jaar nie……daai 5 jaar het vroeg in Desember verval.
      Der Spiegel het die hele aardverwarming nsert so paar jaar gelede ontbloot.
      en al wat nlib isaanbid die aarde en omhels bome en warra warra.
      Ek se nie ons moet onverantwoordelik optree nie, respekteer die skepping.

      1. transgressie en regressie fases worden op scholen aan kinderen van 12 voorgehouden en dat in herinnering roepend is dat al miljoenen jaren gaande.
        De afgelopen 4 jaar bevroren we hier bijna in huis en nu begint de staat over fijnstof uit houtkachels !!!! I only smell a rat………

        Maar het is goed dat Rooikop die windmolens aanspreekt. In Duitsland en Holland rijzen die dingen tot 50 meter hoog als paddestoelen uit de grond en uit de zee alsof Don Quichot’s bedoeling niet bekend is. De productie en onbeheersbare onderhoudskosten worden natuurlijk vanuit internationale bedrijven berekend.

Maak 'n opvolg-bydrae