Renosterstropery in die Krugerwildtuin duur voort ondanks lug-en voetpatrollies, meer veldwagters en die ontplooiing van soldate in die gebiede. Die departement van Omgewingsake het bekendgemaak dat 277 renosters reeds vanjaar gestroop is. Teen dieselfde tyd verlede jaar, is 203 renosters vir hulle horings van kant gemaak, het RSG berig. Die departement sê meer as die
Pure gif teen wit boere met nuwe grondgrypvoorstelle
Agri-Noordwes en die Afrika-boerevereniging van Suid-Afrika het hulle stemme by ‘n aantal ander landbou-organisasies gevoeg teen die regering se jongste grondgrypvoorstelle. Die betrokke dokument heet Final Policy Proposals for Strengthening the Relative Rights of People Working the Land, en fokus op die “uitbuiting” van swart arbeid. Ingevolge die voorstelle kan plaaswerkers op kommersiële plase die
Lees verder: Pure gif teen wit boere met nuwe grondgrypvoorstelle
Opposisiepartye verwelkom ad hoc-komitee oor Nkandla
Die Speaker van die parlement het aangekondig dat ‘n ad hoc-komitee ingestel sal word om te handel met die verslag van die Openbare Beskermer oor Nkandla. Die veelparty- ad hoc-komitee van 12 lede sal president Jacob Zuma se reaksie op die Openbare Beskermer se Nkandla-verslag bestudeer en voor die verkiesing terugvoer gee. Thuli Madonsela, die
Lees verder: Opposisiepartye verwelkom ad hoc-komitee oor Nkandla
Nuwe Eskom-hoof onder wolk van agterdog oor pensioenfonds
Ná ‘n versoek van Cosatu om meer inligting oor die persoonlike verryking van die waarnemende hoof van Eskom, Collin Matjila, tydens ‘n beleggingstransaksie, het Matjila skielik sy pos verlaat dog sonder om amptelik te bedank. Volgens die sakekoerant Business Day, het Matjila persoonlik gebaat by ‘n transaksie deur Kopano ke Matla, ‘n beleggingsmaatskappy van Cosatu.
Lees verder: Nuwe Eskom-hoof onder wolk van agterdog oor pensioenfonds
Verwarring heers oor nuwe nommerplate
Die LUR vir vervoer in KwaZulu-Natal, Willies Mchunu het gesê die nommerplaatstelsel is gewortel in apartheid en is irrelevant vir huidige landdrosjurisdiksie en -grense. Kommer heers oor ‘n moontlike vermorsing van tyd en hulpbronne – terwyl verwarring heers – oor voorstelle vir nommerplate wat regoor die land gaan verander. KwaZulu-Natal het ‘n plan wat die
Media uitgenooi na Bevry Clive Derby-Lewis-betoging
Die organiseerders van die Bevry Clive Derby-Lewis-betoging nooi die media uit om hul aksie om 9:00 op Saterdag 12 April te Kerkplein, Pretoria, by te woon. Afgesien van die bekende sanger-aktivis, Steve Hofmeyr, sal ‘n hele aantal partye en Afrikaanse organisasies die betoging bywoon. Mnr. Derby-Lewis, ‘n voormalige LV van die Konserwatiewe Party en burgemeester
Lees verder: Media uitgenooi na Bevry Clive Derby-Lewis-betoging
EFF-kiesers kom van DA-aanhitsing oor dienslewering
Die Wes-Kaapse onderleier van die DA, het Dinsdag aan sakelui in Bellville gesê die EFF se kiesers kom van die DA. “Weet julle die EFF het die meeste van sy kiesers van die DA getrek?” het Teuns Botha gesê en daarmee erken dat die steunbasis van sy party ver-links is. Hy wou egter nie in die
Lees verder: EFF-kiesers kom van DA-aanhitsing oor dienslewering
Twee werkers van Krugerwildtuin vas vir renosterstropery
Twee werknemers van SANParke verskyn Woensdag in die Witrivier-landdroshof vir hul beweerde betrokkenheid by renosterstropery. Die twee is vroeër in hegtenis geneem in verband met dié stropery. “SANParke, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het twee werknemers van die Krugerwildtuin Maandag in hegtenis geneem in verband met vermeende renosterstroop-aktiwiteite oor die naweek,” het Reynold Thakuli,
Lees verder: Twee werkers van Krugerwildtuin vas vir renosterstropery
Ericsson dank slagoffer van swart geweldsmisdaad af oor woord ‘kaffir’
Die Sweedse telekommunikasiereus, Ericsson, het ‘n werknemer afgedank omdat sy die woord “kaffir” in ‘n twiet gebruik het. Volgens ‘n woordvoerder van die maatskappy, Magnus Mchunguzi, het Basson, wat ‘n subkontrakteur is, die maatskappy se “sake-etiekbeginsels” geskend. Kennelik skend swart geweld teen blankes nie maatskappy se opvattings oor etiek nie. Die woord is gebruik in
Lees verder: Ericsson dank slagoffer van swart geweldsmisdaad af oor woord ‘kaffir’
Miljoene se skade by Bloemhof na oproeriges oorgaan tot brandstigting
Swart inwoners van Boitumelong by Bloemhof in Noordwes het die afgelope 48 uur miljoene rand se skade aangerig na hulle oorgegaan het tot grootskaalse brandstigting. Die polisie is steeds in die gebied ontplooi. Die oproerige skare het vroeër ‘n vergadering van die ANC en ‘n afvaardiging van die provinsiale regering ontwrig. Die oproermakers, aangevuur deur die
Lees verder: Miljoene se skade by Bloemhof na oproeriges oorgaan tot brandstigting
