
Ná ‘n versoek van Cosatu om meer inligting oor die persoonlike verryking van die waarnemende hoof van Eskom, Collin Matjila, tydens ‘n beleggingstransaksie, het Matjila skielik sy pos verlaat dog sonder om amptelik te bedank.
Volgens die sakekoerant Business Day, het Matjila persoonlik gebaat by ‘n transaksie deur Kopano ke Matla, ‘n beleggingsmaatskappy van Cosatu. Daar word beweer dat ‘n pensioenfonds onder bestuur van Kopano “geplunder” is en dat die vakbondfederasie se hoofkantoor onder markwaarde verkoop is. Drie van Cosatu se leiers het bevestig dat die saak steeds ondersoek word.
Matjila staan tans aan die hoof van Eskom, nadat die elekrisiteitsmaatskappy se raad hom vanaf 1 April aangestel het totdat ‘n nuwe uitvoerende beampte gevind kan word. Intussen woed die omstredenheid rondom Matjila se tydperk by Kopano voort.
Blykbaar was Matjila nie die Eskom-raad se eerste keuse vir die tussentydse pos as uitvoerende hoof nie, maar toe die minister van openbare ondernemings, Malusi Gigaba, die voorgestelde kandidaat verwerp, is hy wel aangestel. Die raad sou verkies het om Steve Lennon, wat tans hoof van die hernieubare-energie-afdeling is, aan te stel.
Matjila is ‘n lid van die Eskom-raad en ‘n vorige voorsitter van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika. Hy is ook hoof van die elektrisiteitsmaatskappy se tenderkomitee en sal blykbaar weer dié funksie vervul sodra ‘n nuwe uitvoerende hoof vir Eskom aangestel word.
‘n Ondersoek deur die Finansiële Diensteraad na die fonds Kopano-werknemersvoordele het in 2011 agterdog oor Matjila gewek. Die FDR-verslag het getoon hoe van Kopana se amptenare, waaronder Matjila, geld in hul persoonlike hoedanigheid van die Bosele-voorsorgfonds in die vorm van “administrasiefooie” ontvang het.
Die FDR-verslag noem “ernstige oortredings en moontlike misdaad” en spreek die hoop in ‘n mediaverklaring uit dat die “geregsinstellings klagtes teen die betrokke mense sou indien”. Die verslag is in Junie 2012 na die Valke verwys.
Ná die verslag het Cosatu, wat Kopano deur die KKM-beleggingstrust beheer, Matjila gevra om sy weergawe aan te bied oor wat gebeur het.
Verlede week het Matjila egter, volgens Cosatu, “weggerhardloop” sonder om die interne proses te voltooi. ‘n Ander Cosatu-amptenaar meen dat Matjila “aandadig” is volgens ‘n forensiese verslag oor die verkoop van die ou Cosatu-gebou.
Terwyl die sekretarisgeneraal van Cosatu, Zwelinzima Vavi, tot dusver daarvan beskuldig is dat hy die gebou onder markwaarde laat verkoop het, was dit Matjila en Kopano wat die transaksie gehanteer het. Drie amspdraers van die nasionale Cosatu – Vavi, sy adjunk Bheki Ntshalintshali en die nasionale tesouriere Frieda Oosthuizen – het die besluit onderteken waarin Kopano gevra word om met die transaksie voort te gaan.
In dieselfde forensiese verslag wat die eiendomstransaksie ondersoek, wat bekendstaan as die SizweNtsalubaGobodo-verslag, word vermeld dat daar ‘n “algehele ineenstorting van goeie bestuur by Kopano” heers. Ná die vertrek van Matjila aan die einde van verlede maand, beskik Kopano oor slegs ‘n enkele direkteur, die nie-uitvoerende voorsitter Prahir Badal.
Die omstredenheid oor Kopano hou verband met die groter magstryd binnne Cosatu en albei faksies poog om die ander daarvoor te blameer.
Daar heers onsekerheid oor die stand van die misdaadondersoek rondom Matjila. Die Valke se woordvoerder, Paul Ramaloko, sê dat hulle “geen rekord van so ‘n ondersoek het nie”.

Waar hierdie kaders beweeg is bedrog en selfverryking aan die orde van die dag. Hulle het nie ‘n greintjie gewete om ‘n pensioenfonds te plunder soos die E-Tol saga.
Hierdie anderskleurige man is verseker aan die hol vir ‘n rede, so kom elkeen se skandes uit nê.
As een kan weghardloop, hoekom nie almal nie? Verkieslik na die naaste afgrond, om middernag.
Hulle plunder tot hulle eie mense se goed – waar gaan dit stop?
Hoe lank nog voor hierdie sogenaamde “beleggingsmaatskappye” waaraan baie van ons se pensioene toevertrou is ondergaan en toemaak? (Ek sluit die grotes hierby in- ek vertrou hulle nie sover ek hulle kan gooi nie)
Ons woon in ‘n kaartehuis wat besig is om inmekaar te stort. Die honger massas is weereens die wat die meeste gaan verloor. Daarvoor sal hulle vir my en jou blameer en die gevolge daarvan is dan logies. Dit wil vir my lyk of hierdie uitkyk amper doelbewus gevolg word as mens sien hoe hierdie pladers (plunder kaders) van posisie na posisie geskuif word om hulle chaos te saai.
Hou van jou pladers woord. Baie beskrywend Rooikop.
Wonder baie, verstaan hulle geld of is dit net nulle op ‘n rekenaar. R100.00 plus tien ekstra nulle, is daar vir hulle ‘n verskil? Sou die korrupsie nog so erg gewees het as geld beeste was. Wat sou gebeur het as se ‘n 1000 beeste uit die regering of ‘n besigheid se kraal gesteel word?
Die Mfcane oorloe tussen die Zulus en die Xhosa het begin by die steel van 100 beeste. En hulle het mekaar byna uitgeroei