‘n Vermeende rower is Dinsdagaand in Rooihuiskraal, Pretoria, doodgeskiet. Skote het Dinsdagaand in Rooihuiskraal afgegaan toe ’n man glo ‘n vermeende rower in selfverdediging doodgeskiet het. Dié man, Karel Liebenberg, het na bewering die vermeende rower voor sy huis doodgeskiet nadat ’n vuurwapen op hom gerig is. Met die aankoms vroeër by hul huis, het
SA Swemmers oes medaljes
Suid-Afrikaanse swemmers het hul eerste medaljes by vanjaar se Wêreldkampioenskappe in Barcelona, Spanje verower. Chad le Clos het eerste goud gekry toe hy die 200 meter vlinderslag vir mans in een minuut, 54,32 sekondes gewen het. Minute later het Cameron van der Burgh die 50 meter borsslag-finaal in 26,77 sekondes gewen. Nog ‘n Suid-Afrikaner, Giulio
DA, EFF sal saamwerk in Tlokwe
Die DA wil met die 14 geskorste ANC-raadslede in die Tlokwe-stadsraad in Potchefstroom in Noordwes saamwerk wat gehelp het om Maphetle Maphetle as vorige burgemeester te ontsetel. Die nuwe burgemeester, Annette Combrink, sal amptelik vandag met haar pligte begin. Sy sê sy sien uit na die moontlikheid om met die geskorste raadslede in ‘n koalisie
Mugabe, die gunsteling
Die meeste ontleders glo Zimbabwe se president, Robert Mugabe het ‘n beter kans as die opposisieleier, Morgan Tsvangirai om die verkiesing te wen. Mugabe se voorsprong is te wyte aan sy beheer oor die media, kuberruim, veiligheidsmagte en verkiesingslogistiek. Mugabe het alle Westerse waarnemers verbied om toesig te hou oor die verkiesing. Hy het Britse
VSA kan alles en almal aanlyn sien!
“Big Brother“ Amerika sien aanlyn, sonder toestemming, feitlik alles van almal. Met die program X-Keyscore bly daar weinig wat daar op die internet gebeur wat vir die Amerikaanse geheime diens verborge bly. Dit blyk uit nuwe inligting wat die voormalige medewerker van die Amerikaanse geheime diens NSA, Edward Snowden, aan die Britse koerant The Guardian
Media-24-werknemer se selfmoord simbolies van Naspersdenke
Wat het oudpres. Nelson Mandela en die belydenis van Belhar met mekaar te doen? Absoluut niks nie, maar Media24 kon nie die versoeking weerstaan om hul ontkenning van Afrikaners se situasie vandeesweek nogmaals te ondersteep nie. Die Media24-mens is bedrewe daarmee. As ‘n werknemer sy hele gesin byna uitwis, soos onlangs in Johannesburg gebeur het,
Lees verder: Media-24-werknemer se selfmoord simbolies van Naspersdenke
Swemmers vol vertroue vir eindstryd
Die Suid-Afrikaanse swemmer Chad le Clos sê hy is ontspanne en vol vertroue voor vanaand se eindronde in die 200 meter vlinderslag by die Wêreld Swemkampioenskappe in Barcelona, Spanje. Le Clos is een van drie Suid-Afrikaanse swemmers wat vanaand in eindrondes swem. Cameron van der Burgh en Giulio Zorzi het gekwalifiseer vir die eindronde van
Selfoondiewe teister hoërskoolkinders
TWEE 16-jarige seuns van die Hoërskool Birchleigh, Kemptonpark is beroof deur dieselfde groep mans in afsonderlike voorvalle ‘n week uitmekaar. Die een seun se ma het gesê vier swart mans het haar seun en sy vriend, in Silverstraat kort na skool op 18 Julie voorgekeer terwyl hulle te voet was. Hulle het in die rigting
Werkloosheid styg
Suid-Afrika se werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal van die jaar tot 25,6% gestyg, hoofsaaklik as gevolg van verlore poste in landbou en vervaardiging. Daar was 122 000 méér mense teen einde Junie sonder werk as in die vorige drie maande, wat die aantal werkloses tans op 4,7 miljoen te staan bring. Nog ‘n kommerwekkende
Absa verloor kliënte
Absa verloor kliënte en sy aandeelwaarde lyk nie gesond nie. Dit het Dinsdag met 7% tot R141 verswak. In die ses maande tot einde Junie het die getal transaksionele kliënte van 9,7 miljoen tot 9,4 miljoen afgeneem, terwyl ander Suid-Afrikaanse banke nuwe kliënte bygekry het. Maria Ramos, uitvoerende hoof, sê die groei neem langer om
