praag.co.za

Werkloosheid styg

Written by

in

,

werkloosSuid-Afrika se werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal van die jaar tot 25,6% gestyg, hoofsaaklik as gevolg van verlore poste in landbou en vervaardiging.

Daar was 122 000 méér mense teen einde Junie sonder werk as in die vorige drie maande, wat die aantal werkloses tans op 4,7 miljoen te staan bring.

Nog ‘n kommerwekkende styging is dat die aantal ontmoedigde werksoekers van die eerste tot die tweede kwartaal met 35 000 meer geword het.

In die eerste kwartaal (tot einde Maart) was die werkloosheidskoers 25,2%.

In vergelyking met verlede jaar het werkloosheid in die tweede kwartaal met 5,7% gegroei.

Daar is 18 000 poste in vervaardiging besnoei en 26 000 in landbou. Selfs in die sektor vir gemeenskaps- en maatskaplike dienste – wat die staatsdiens insluit – het 22 000 poste verloor.

Konstruksie het egter 62 000 poste geskep en handel 52 000. In die mynbou is 9 000 poste geskep en in vervoer 19 000.

Die Reserwebank meen ekonomiese groei vanjaar sal nie 2% haal nie – die stadigste sedert die 2009-resessie. Die land word ingeperk deur trae vraag uit Europa, terwyl inflasie plaaslik verbruikers se sak raak. Meer as 60% van die besteding in die ekonomie word deur verbruikers gedoen.

Die regering se teiken is dat 5 miljoen poste teen 2020 geskep word, maar dit sou ’n groeikoers van minstens 5% vereis. – Bloomberg

Comments

5 responses to “Werkloosheid styg”

  1. Johan Avatar
    Johan

    Wil hulle werk of bloot net ‘n inkomste hê?

    1. Seg Net Avatar
      Seg Net

      Johan ek weet nie wat jy seg nie, maar mens werk mos om ‘n inkomste kry. Indien ek jou reg verstaan stem ek saam met jou. Hulle betoog vir werk. Indien hulle werk kry staak hulle oor salarisse. Hou aan staak en betoog tot daardie instansie moet toemaak en hulle sonder werk sit. Dan begin die storie maar net weer van vooraf.

  2. Domkonto Wesieswe Avatar
    Domkonto Wesieswe

    Jishlike, en hoek om ish daar nie n poss vur my geshkep nie huh ?
    Ek het tog n graat van Noordwes Unieversityt, BA in kommunieusme.
    Haail die leesur. Ekshal nie weer stem vir daai dem ANc nie man, nefers te noit !
    Posse geshkep, Maai Wurd !
    My groei was null op my kontrak..

  3. Seg Net Avatar
    Seg Net

    Solank die regering volhou met sy minimum loon wetgewing asook die onregverdige wet op basiese diensvoorwaardes en arbeid wetgewing sal die probleem net vererger.

  4. Grobbie Avatar
    Grobbie

    Ek is gladnie verbaas nie. Hulle kan net nie sien dat hulle poging om armoede EN werkloosheid te bekamp net die teenoorgestelde uitwerking het nie. Dit wat ekonome 100 jaar gelede al uitgevind het moet hierdie klomp nog leer en steeds nie glo en/of verstaan nie.

Leave a Reply