SanParke gaan 286 van sy witrenosters aan private individue verkoop in ‘n poging om die diere teen stropers te beskerm. SanParke sê kenners is besig om eiendomme te besoek om seker te maak dat elke habitat geskik is om witrenosters aan te hou. Dit is deel van ‘n verskuiwingsplan wat in Oktober verlede jaar begin
Klag teen KSA by Internasionale Krieketraad oor ras
‘n Amptelike klag gaan glo binnekort by die Internasionale Krieketraad téén Krieket Suid-Afrika ingedien word, het RSG berig. Dit volg nadat voorskrifte oor die rassesamestelling na bewering deur die Protea-bestuur neergelê is in die wêreldbekerhalfeindstryd teen Nieu-Seeland. Die KSA hoof, Haroon Lorgat het na bewering ‘n teksboodskap aan die afrigter, Russell Domingo gestuur en gesê
Lees verder: Klag teen KSA by Internasionale Krieketraad oor ras
Tesourie gaan fondse van wanbetalende munisipaliteite terughou
Die Nasionale Tesourie sê hy gaan die oorbetaling van fondse aan munisipaliteite terughou weens hulle versuim om Eskom en ander diensverskaffers te betaal. Die Tesourie, wat verantwoordelik is vir die bestuur van Suid-Afrika se nasionale regeringsfinansies, het gesê dat die aanhoudende versuim deur sommige krediteure om binne 30 dae te betaal neerkom op finansiële wanbestuur.
Lees verder: Tesourie gaan fondse van wanbetalende munisipaliteite terughou
Zuma se seun wil van buitelanders ontslae raak
President Jacob Zuma se seun, Edward, het ter ondersteuning van koning Goodwill Zwelithini se omstrede oproep beaam dat buitelanders uit Suid-Afrika gedeporteer behoort te word. “Ons moet bewus wees dat as ‘n land sit ons op ‘n tydbom van hulle [buitelanders] wat die hele land oorneem. “Die rede waarom ek dit sê is omdat sommige
Mbeki glo deur Kasrils en Britse spioene gesteun
Die Thabo Mbeki-bewind het doodluiters die Nasionale Vervolgingsgesag as ‘n politieke instrument teen Jacob Zuma gebruik, het Willie Hofmeyr in reaksie gesê op die DA se hersieningsaansoek om korrupsieklagtes teen die huidige president te bring. In sy verklaring het Hofmeyr, die hoof van die batebeslagleggingseenheid en ‘n adjunk-nasionale direkteur van openbare vervolging, gesê die waarnemende
Lees verder: Mbeki glo deur Kasrils en Britse spioene gesteun
Gewapende aanval op Johannesburgse bus
‘n Metrobus-bestuurder is gewond na ‘n skietery op Ontdekkersweg in Newlands in Johannesburg. ‘n Onbekende aantal verdagtes het na bewering by die bus ingeklim en skote afgevuur. ‘n Woordvoerder van ER24, Werner Vermaak sê die busbestuurder is in ‘n ernstige toestand, terwyl een passasier ook gewond is. Lees verder.
Senekal-plaasaanvallers nog op vrye voet
Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die aanval op ‘n bejaarde egpaar op hul plaas naby Senekal in die Vrystaat verlede week nie. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Phumelelo Dhlamini, vra enigeen wat inligting het oor “vier mans” wat gesoek word om hul naaste polisiekantoor te bel. Hy het egter nagelaat om te noem dat
Omstrede UV-studentedekaan nog nie vervang
Die Universiteit van die Vrystaat het nog nie ‘n plaasvervanger vir die omstrede voormalige studentedekaan Rudi Buys gekry nie. Dit is bevestig aan OFM-nuus deur die Universiteit se woordvoerder, Lacea Loader. In ‘n e-pos reaksie op ‘n navraag het Loader bevestig dat ‘n besluit nog nie geneem is nie, en bygevoeg dat Cornelia Faasen
Kriekethoof ontken ras-besluit
Die uitvoerende hoof van KrieketSA, Haroon Lorgat het berigte ontken dat hy ‘n sms aan die Proteas-afrigter gestuur het om ‘n speler van kleur in die halfeindstryd van die Wêreldbekerreeks in te sluit. Volgens koerantberigte het Lorgat teen een-uur die oggend die sms aan Russel Domingo gestuur om na bewering tussen sekere spelers te kies.
Tolgeld 3 keer duurder vir Wes-Kaap as Gauteng
Motoriste in die Wes-Kaap sal drie keer meer tolgeld moet betaal as in Gauteng vir Sanral se beplande N1- en N2-Wynland-tolprojek. Die Kaapse stadsraad en Sanral se geding oor geheimhouding wat die tolprojek betref, is in die appèlhof in Bloemfontein openbaar gemaak. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het vroeër beslis dat die inligting geheim gehou kan word,
