Die Franse mediese hulporganisasie, Dokters Sonder Grense (MSF) het gewaarsku dat die internasionale reaksie op die ebola-uitbreking in Wes-Afrika chaoties en totaal onvoldoende is, het RSG berig. MSF sê dit is onaanvaarbaar dat ernstige besprekings oor internasionale samewerking eers vyf maande ná die uitbreking begin het. Volgens die organisasie word ebola bestuursentrums in Liberië oorval
Burger King vlug van Amerikaanse belastingkoers
Burger King is die jongste Amerikaanse maatskappy wat sy hoofkantoor gaan verskuif om laer belasting te betaal, ten spyte van president Barack Obama se waarskuwings dat die Amerikaanse regering stappe oorweeg om dit te voorkom. Tussen Junie en Julie, ná Obama se uitlatings, het minstens vyf Amerikaanse maatskappye planne bekendgemaak om te laat spaander. Sedert
Lees verder: Burger King vlug van Amerikaanse belastingkoers
Graderingsagentskap gee SA banke opduim
African Bank se probleme is onwaarskynlik om ’n groot invloed op die groter Suid-Afrikaanse banke te hê, het die graderingsagentskap Fitch gesê. Fitch se uitlatings kom slegs dae nadat ’n ander graderingsagentskap die vier grootste Suid-Afrikaanse banke – Barclays Africa, FirstRand, Nedbank en Standard Bank – se skuld afgegradeer het. Moody’s het verlede week dié
Nampol skiet ‘struggle kid’ dood
Een van die slagoffers van die skermutseling tussen die polisie en die ‘Struggle Kids’ by Swapo se hoofkantoor in Windhoek, het dood onder ‘n goue kombers langs die pad gelê Woensdagoggend. Die jong vrou is tydens ‘n skermutseling tussen die polisie en betogers in Windhoek in Namibië doodgeskiet, waar politieke geweld nie dikwels voorkom nie.
VSA al nader aan lugaanvalle op Sirië
Die Amerikaanse weermag sê vegvliegtuie van Egipte en die Verenigde Arabiese Emirate het ‘n reeks lugaanvalle op ISIS-groepe in Libië uitgevoer. ‘n Woordvoerder van die Pentagon, John Kirby, wou nie nadere besonderhede gee oor hoekom dié twee lande die aanvalle uitgevoer het nie. Dié aanvalle kom nadat ‘n video vrygestel is waarin ‘n Amerikaner glo
E-tol onder die loep
Die openbare konsultasie oor die e-tolstelsel sal Woensdag in Gauteng open. Die Gautengse regering het Maandag aangekondig dat die paneel vanaf 27 Augustus vir `n maand lank die stelsel met organisasies en lede van die publiek sal bespreek. Die adviserende paneel van 15 mense sal die implikasies van en die sienings oor die befondsing van
Pawlof se brakke
Die politieke gesprek in Suid-Afrika word gevoer in die Amerikaanse dialektiek of idioom, want dit is al waarvan baie Suid-Afrikaners weet.
Die politieke gesprek in Suid-Afrika word gevoer in die Amerikaanse dialektiek of idioom, want dit is al waarvan baie Suid-Afrikaners weet.
Rus gaande oor Afrikaans
‘n Rus, Ewgeny Artemof is so gaande oor Afrikaans dat hy aan ‘n Russiese-Afrikaanse woordeboek werk. Artemof woon in Stoepino, naby Moskou. Hy luister graag na RSG, skryf kortverhale vir Litnet en is tans besig om ‘n Russiese-Afrikaanse woordeboek op te stel, het Beeld berig. Artemof doen dit vir die liefde van die saak en
Niekie: Dom besluit om by VF+ aan te sluit
Die gewese DA-LP Niekie van den Berg het uit die Vryheidsfront Plus bedank. Van den Berg het in Maart 2014, kort voor die verkiesing, by die VF Plus aangesluit omdat hy nie die DA se kandidatelys gehaal het nie. In sy bedankingsbrief aan Pieter Mulder, leier van die VF Plus, skryf hy : “Ek dink
Steve gaan Stem op nuwe album opneem
Steve Hofmeyr, wat verlede week verbied is om aan die Namaquafees deel te neem, gaan dele van Die Stem op sy nuwe album opneem. Toeka 3 sal in September vrygestel word. Hofmeyr, wat vandeesweek verjaar, het aangekondig dat sy splinternuwe treffer, Sit die ligte aan, ook op die album verskyn. Hofmeyr het vroeër vanjaar saam
