praag.co.za

Niekie: Dom besluit om by VF+ aan te sluit

Written by

in

,

Die gewese DA-LP Niekie van den Berg het uit die Vryheidsfront Plus bedank.

Van den Berg het in Maart 2014, kort voor die verkiesing, by die VF Plus aangesluit omdat hy nie die DA se kandidatelys gehaal het nie.

In sy bedankingsbrief aan Pieter Mulder, leier van die VF Plus, skryf hy : “Ek dink ook nie dat dit enige doel dien om voort te gaan as lid nie. Dis maklik om agterna te praat, maar ek wil byvoeg dat my besluit om oor te loop (na die VF Plus) sekerlik een van die domste dinge is wat ek gedoen het.”

Van den Berg, wat homself reeds erg ongewild gemaak het met sy naakte ANC-propaganda op RSG, wil glo weer uitsaai.

Mulder was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Comments

17 responses to “Niekie: Dom besluit om by VF+ aan te sluit”

  1. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    Dom? Ja van beide kante af. Die Mulder familie besigheid – van nou af genoem die Mulder Boswell Wilkie sirkus – was dom om te dink dat ‘n verloopte ou lid van die #Boerehaatbende vir hulle enigiets kan beteken in die verkiesing. Dom van die oorgewig Sinter Klaas “never was” omroeper om te dink mense sien nie deur sy dubbele standaarde en politieke opportunisme nie.

  2. StalinX Avatar
    StalinX

    Jy is verdomp dom oor die algemeen in elk geval.

    1. witbeer Avatar
      witbeer

      Dankie Stalin, ek sal by die radio luister

      1. Gas Avatar
        Gas

        Hehehe! Baie skerp!

  3. Hd Hammer Avatar
    Hd Hammer

    Klink vir my ou Niekie soek publisiteit….beplan hy dalk binnekort ‘n outobiografie?

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Volgende stop ANC of EFF – gaan waar jy hoort.

  5. 1984 Avatar
    1984

    Wat vermag party politiek vir die Afrikaner behalwe om ons verder te verdeel? Nieke kan ANC, DA, EVV of Mars toe gaan wat my betref.

  6. witbeer Avatar
    witbeer

    ou niekie, biekie moeg vir jou snert ook. val rond soos n hoender op n warm sinkplaat, van radio sonder god na da, sonder identiteit, ook al n draai gemaak by pienk rian van jacaranda….. Rustenburg aftree oord soek n organiseerder vir die toebroodjie klub, gaan krap daar.

  7. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Maar ou Niekie, waar is die beginsels dan, die wat so met joune ooreengestem het dat jy by die VF- aangesluit het? Dit is mos wat jy gesê het? Nou lyk dit dat al jou gepraat al die tyd toe eiebelange en nie Afrikaansbelange was nie. Aaaaah, die plesier van shadenfreude tog! Kom nou, vloek die Afrikaner en sy belange nou en miskien kry jy vir die eersteprys weer jou werkie by Radio Sonder Gewete terug of miskien kom red ou kopdoek Piet jou uit die werkloosheidswildernis vir tweedeprys. Lyk my kompleet jou beginselvastheid lyk soos ‘n weerhaan in ‘n warrelwind.

    1. Johan Avatar
      Johan

      Lyk my kompleet jou beginselvastheid lyk soos ‘n weerhaan in ‘n warrelwind. Net so en “die blowback (van beginselloosheid) is the quintessential bitch”

      1. Rifrug Avatar
        Rifrug

        “‘n weerhaan in ‘n warrelwind” … dankie Johan … mooi Afrikaanse uitdrukking!

    2. Rifrug Avatar
      Rifrug

      Skuus … het die verkeerde persoon bedank vir “weerhaan in ‘n warrelwind” hieronder. My fout. Dus, dankie Kalium!

      1. Kalium_Chloraat Avatar
        Kalium_Chloraat

        Aag ou Rifrug, net om te wys ons is nog pelle.

        1. Rifrug Avatar
          Rifrug

          ‘n Vriend van my noem my rifrug seun “Bobby Skinstad” … ook oor die tong wat amper altyd IETS doen!

  8. emiel Avatar
    emiel

    “I don’t care to belong to any party that will have me as a member” – Groucho Marx

    1. Guest Avatar
      Guest

      LoL. You cant’t fix stupid. But in SA’s case you can elect them.

  9. Rooikop Avatar
    Rooikop

    DA Marnitz! raakgevat – ek luister lankal nie meer RP nie a.g.v daardie vent. Die tye toe hy en sy maatjies by die SABC gewerk het, (ek praat nou van die 70s) was die enigste manier hoe jy daar kon oorleef dat jy ‘n ingeskrewe lid van die ANC moes wees – al was hulle verban (Ek ken mense wat destyds daar in admin gewerk het – dit het vir hulle ook gegeld – of so het hulle vertel). As jy bereid is om so ver te gaan net vir werk, dan is alles wat jy doen, dink en sê verdag.

Leave a Reply