praag.co.za

Rus gaande oor Afrikaans

Written by

in

,

‘n Rus, Ewgeny Artemof is so gaande oor Afrikaans dat hy aan ‘n Russiese-Afrikaanse woordeboek werk.

Artemof woon in Stoepino, naby Moskou. Hy luister graag na RSG, skryf kortverhale vir Litnet en is tans besig om ‘n Russiese-Afrikaanse woordeboek op te stel, het Beeld berig.

Artemof doen dit vir die liefde van die saak en omdat hy graag die Afrikaanse woorde wat hy leer wil onthou.

Die praat sukkel maar, skerts Artemof, wat ‘n taalpraktisyn en vryskut-regsvertaler van beroep is.

Na die val van die Sowjet-unie in Desember 1991 was die ekonomiese situasie in Rusland haglik en Artemof het emigrasie oorweeg.

Op ‘n Suid-Afrikaanse immigrasievorm wat hy per toeval gekry het, was die vraag: “Beheers u Engels en/of Afrikaans en, indien wel, hoe goed?”

Artemof is wel Engels magtig, maar het gemeen kennis van Afrikaans sal sy kanse verbeter om as immigrant in Suid-Afrika aanvaar te word.

Hy en sy werkgewer het twee handboeke om Afrikaans te leer geleen gekry en oorgetik.

“Teen die tyd toe ons die eerste boek deurgesukkel het, kry ons albei opeens goeie werk by die Moskouse kantoor van ‘n internasionale regsfirma, dus sit ons ons studies in die yskas. Maar ons aangetrokkenheid tot die taal het gebly.

“In 2005 huur my baas ‘n Suid-Afrikaanse vennoot wat Afrikaans praat. Ons fassinasie was skielik terug.”

Artemof kan Afrikaans lees en skryf, maar kan dit nog nie vlot praat nie.

Comments

10 responses to “Rus gaande oor Afrikaans”

  1. Riana Avatar
    Riana

    Ai pragtig! Sulke slim mense die Russe

  2. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Het iemand dalk die adres van hierdie Rus?

    Net iets anders.
    Ek weet nie of dit reeds elders op Praag vermeld is nie, maar ‘n interessante brokkie is dat die Europese ruimte agentskap verlede Vrydag twee satelliete gelanseer het ten einde hulle eie globale posisioneringstelsel (GPS) te vestig. Die nuwe stelsel sal bekend staan as Galileo, so genoem na die Sewentiende Eeuse Italiaanse wetenskaplike, Galileo Galilei. Tot dusver maak die Europeërs, soos die res van die wêreld, gebruik van ‘n stelsel wat deur die Amerikaanse weermag beheer word. Die interessantheid is dat die vuurpyle wat gebruik word om die satelliete te lanseer, Russiesvervaardigde Soyuz vuurpyle is. Europese sanksies strek dus skynbaar nie sover nie! Hoe dit ookal sy, die stelsel sal nie onmiddellik aangeskakel word nie aangesien die satelliete op ‘n verkeerde baan geplaas is. Hulle moet nou eers op die regte koers gemaneuvreer word en nog twee moet gelanseer word voordat die stelsel kan werk. Glo eers oor ‘n paar maande.

    1. Rifrug Avatar
      Rifrug

      Beslis nie dieselfde berig nie, Henrietta! Die berig wat jy na verwys praat van Mnr. Ignatenko – en hier is dit Artemof. Hierdie berig noem RSG, wat nie eers in 1990 bestaan het nie (“Radio Sonder Grense” as name after the 1996 SABC Radio restructure … http://en.wikipedia.org/wiki/Radio_Sonder_Grense)

      1. Trippie Avatar
        Trippie

        Вот фото Евгения Артемова.
        Hoop Google Translate het korrek vertaal 😉
        Hier is ‘n foto van Evgeny Artemov.
        Vir diegene wat belang stel in hoe hy lyk.

        1. Rifrug Avatar
          Rifrug

          “Artemof kan Afrikaans lees en skryf” … so kom ons nooi hom uit om ook hier op praag.co.za te kom gesels!

  3. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Die storie van die Rus noop my om iets te vertel, vir dié wat onbekend is daarmee en wat mag belangstel, oor Vladimir Petrov Steyn. Vladimir Petrov Steyn was sekretaris van verskillende Suid-Afrikaanse staatsdepartemente waaronder Verdediging. Toe hy in 1991 oorlede is en berigte oor hom in die pers verskyn het, wou almal natuurlik weet waar het hy gekom aan die eienaardige naam. Die verduideliking is naamlik so: Gedurende die Boere-oorlog is Vladimir se pa, Willie, toe 22 jaar oud, deur die Engelse gevang en in ballingskap weggevoer na Ceylon. In ‘n hawe daar (ek meen dit was Colombo) was daar ‘n gesloer met die aflaai van die krygsgevangenes en het Steyn en van sy makkers begin planne maak om te ontsnap. Gedurende ‘n bewolkte nag het hulle die kans benut terwyl die wagte aan die ander kant van die skip was om met toue af te gly water toe en te begin swem. ‘n Hewige storm het losgebars en die vyf het van mekaar geskei geraak. Na ure lank se gespartel in die donker en gietende reën het Willie die ligte van ‘n skip gesien en daarheen geswem. By die dood van uitputting het hy die skip bereik en na bo geskree om hulp. ‘n Matroos het hom gehoor en ‘n touleer na benede gegooi waarmeee Willie na bo kon klouter. Toe hy oor die rand van die skip op die dek klim, gryp die matroos hom aan die hand en stel homself voor: “Vladimir Petrov”. ‘n Russiese skip! Vladimir Petrov doen toe vir Willie geleide na die kaptein se kwartier en wie sit daar, elk met ‘n stewige dop vodka in die hand? Die ander vier maters. Hoe dit ookal sy, die skip is met Willie terug Rusland toe waar hy na nog vele ander wedervaringe op ‘n Duitse Skip terug is na Walvisbaai. Hiervandaan is hy te voet terug Kaapland toe om verder teen die Engelse te baklei. Later is hy getroud en het ‘n seun gehad wat hy gedoop het – Vladimir Petrov Steyn.

    Is dit nie die gees wat ons vandag ook benodig n ie?

    1. Willem Avatar
      Willem

      Absoluut! Dis die gees wat ons nou nodig het!
      Ek onthou nog die artikels wat Vladimir Steyn in die Magnum tydskrif geskryf het in die 70-80’s. Met sy dood het hulle hierdie aangrypende storie in die tydskrif geplaas.

  4. Jan Avatar
    Jan

    Moederator kyk tog of julle die ou swak woordjie kan uithaal en plaas – jammer ek is vaak en gestuur voor ek dink..

Leave a Reply