Een van die slagoffers van die skermutseling tussen die polisie en die ‘Struggle Kids’ by Swapo se hoofkantoor in Windhoek, het dood onder ‘n goue kombers langs die pad gelê Woensdagoggend.
Die jong vrou is tydens ‘n skermutseling tussen die polisie en betogers in Windhoek in Namibië doodgeskiet, waar politieke geweld nie dikwels voorkom nie.
Twee polisiebeamptes is glo ernstig beseer tydens die betoging voor die hoofkwartier van die land se regerende party, volgens sekere bronne. Die Republikein het egter berig dat drie lede van die polisie, Nampol, gewond is.
Die 26-jarige Frieda Ndatipo was een van die sogenaamde kinders van vryheidsvegters wat werkgeleenthede van die regering eis.
Polisiebeamptes sê die betogers het stokke, klippe en vuurwapens by hulle gehad, maar die betogers ontken dit.
Die eerste minister Hage Geinob het Ndatipo se dood as ‘n tragiese en ongelukkige gebeurtenis bestempel.
Volgens inligting het die ‘Struggle Kids’ die een kant van die pad beset, terwyl die polisie die ander kant bewaak het.
Die ‘Struggle Kids’ het eers die aftog by Swapo se hoofkantoor geblaas nadat die weermag se hulp ook ingeroep is.

Malema verdien ook die Afrika Cum Laude toga – ‘n goue kombers… (Hy het mos klaar sy goue handruk weg…)
Hulle het nie geleer om vir hulleself te sorg nie. Die regering moet alles vir jou doen net soos die hoofman in die verlede. Hier by ons is dit dieselfde (eintlik deur die hele Afrika)
Hier in ons omgewing was daar gister ‘n “grondgryp”. Een van ons buurtwaglede besit eiendom in Watermeyerstraat. Gister oggend vroeg toe daag daar ‘n minibus vol volkies op, met oopbreektoerusgting (kettingsnyers, breekysters ens.), sover ek kon uitmaak gewapen ook en met uitsettingsbevele – die eiendom behoort toe kwansuis aan hulle en hulle breek toe die plek ook en begin die huurders se eiendom uitdra. Na ‘n hele konsternasie wat die eienaar, huurders, polisie, buurtwagte van die omgewing en prokureurs by betrokke was, kon hulle darem die situasie tydelik ontlont kry. Die polisie het in die geval blykbaar baie lank gevat om daar uit te kom. Die besetters het die plek oopgebreek en was besig om die huurders se goed summier op die sypaadjie uit te dra sonder enige respek vir die goed natuurlik. Die besetters was glo uiters rassisities teenoor die blankes wat daar was en vele kere vir die blankes gesê hulle f-of Holland toe. Die goed is nou in die prokureurs se hande met die polisie wat ook blykbaar help. Hierdie is ‘n lelike ding wat hier kop uitsteek. Grondgryp in die middel van die stad. Ek hoop ons mense is wakker.
Plaas hulle eerder hierdie tipe ding op die libs se plekke gaan doen sodat die sotte se oë ook kan oopgaan maar hulle sal die spul seker weer eerder oopmond soen en vergewe.