Rentekoersverhoging dalk net die begin

Woensdag se rentekoersverhoging – die eerste in vyf jaar – kan dalk net die begin wees. Die goewerneur van die Reserwebank, Gill Marcus het aangekondig dat die repokoers met ‘n halwe persentasiepunt sal verhoog word tot 5,5%. Die primakoers sal gevolglik klim tot 9%. As jy R1 miljoen op jou verband skuld, sal dit jou

Lees verder: Rentekoersverhoging dalk net die begin

Pierre Korkie: Onderhandelaar vlug uit Jemen

’n Onderhandelaar van Gift of the Givers en sy gesin moes uit Jemen vlug nadat onderhandelinge met al Kaida, wat ’n Suid-Afrikaner van Bloemfontein gyselaar hou, skipbreuk gely het. Hulle dreig om Pierre Korkie te onthoof as die losprys nie betaal word nie. Intussen het Brittanje ‘n resolusie by die VN ingedien om nie lospryse

Lees verder: Pierre Korkie: Onderhandelaar vlug uit Jemen

Sanral-werknemer vas oor bomdreigemente

Die bomdreigemente by Sanral is glo deur ’n werknemer self van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap gemaak. Die man van Soweto is op aanklag van terrorisme in hegtenis geneem weens sy beweerde rol in die onlangse voorvalle by die maatskappy se bedryfsentrum in Samrand naby Midrand. Die woordvoerder vir die Valke, kapt. Paul Ramaloko, sê die

Lees verder: Sanral-werknemer vas oor bomdreigemente

Waterkloof-vier binnekort vrygelaat

Die Waterkloof-vier sal op 11 Februarie vrygelaat word, het Beeld berig. Christoff Becker, Reinach Tiedt, Gert van Schalkwyk en Frikkie du Preez, almal van Waterkloofhoërskool wat in Januarie 2007 in die Pretoriase landdroshof elk tot 12 jaar tronkstraf gevonnis is weens onder meer moord, kan op paroolontslag staatmaak. Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het

Lees verder: Waterkloof-vier binnekort vrygelaat

Portefeuljekomitee keur Robert McBride se Opod-hoofskap goed

Die Parlement se portefeuljekomitee oor polisie het die aanstelling van Robert McBride as hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), goedgekeur. Die voorsitter van die komitee, Annelize van Wyk, sê die nominasie sal nou na die Nasionale Vergadering verwys word wat na verwagting McBride se aanstelling as die hoof van Opod sal goedkeur. Die direktoraat is

Lees verder: Portefeuljekomitee keur Robert McBride se Opod-hoofskap goed

Arbeidshof sê vandag of goudstaking voortgaan

Die Arbeidshof sal vandag beslis of ‘n staking in die goudmynbedryf kan voortgaan, terwyl samesprekings in die platinumsektor weer môre hervat word. Die hof in Johannesburg moet uitspraak lewer of die vakbond, Amcu se beplande staking by goudmyne in die land beskermd sal wees. Goudprodusente wat deur die Kamer van Mynwese verteenwoordig word, betwis die

Lees verder: Arbeidshof sê vandag of goudstaking voortgaan

Inbrake neem kommerwekkend toe in Louis Trichardt

Die toename in inbrake en diefstalle by wonings in Louis Trichardt – ook bekend as Makhado – die afgelope twee maande is ‘n bron tot ernstige kommer. Die polisie weier volstrek, na ‘n amptelike besluit, om misdaadsyfers bekend te maak. Die plaaslike koerant, die Zoutpansberger het ‘n inisiatief geloods om op hoogte te bly van

Lees verder: Inbrake neem kommerwekkend toe in Louis Trichardt

Jo-Anne Held (Strauss) benoem as direkteur van Media 24

Media24 het pas aangekondig dat Jo-Ann Held as ’n direkteur van dié maatskappy aangestel is. Volgens ‘n verklaring deur die maatskappy, is “Jo-Ann… ’n media-entrepreneur wat onder meer haar eie spitstyd-TV-program aanbied en vervaardig het. Sy het ook verskeie korporatiewe ondernemings en is ’n direkteur van Partnership Investments, ’n maatskappy met belange in media, mynbou en

Lees verder: Jo-Anne Held (Strauss) benoem as direkteur van Media 24

Phiyega slaan politieke heksevure in Limpopo dood

Die liggaam van ‘n driejarige kind is gevind naby die onrusgeteisterde Rhelela buite Tzaneen in Limpopo. Die woedende gemeenskap het ‘n winkel aan die brand gesteek in Khubyana naby Rhelela. ‘n Plaaslike raadslid sê die kind se liggaam is gevind nadat drie kinders tussen drie- en vierjaar oud, Woensdagaand as vermis aangemeld is. Die polisie in

Lees verder: Phiyega slaan politieke heksevure in Limpopo dood