Die bomdreigemente by Sanral is glo deur ’n werknemer self van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap gemaak.
Die man van Soweto is op aanklag van terrorisme in hegtenis geneem weens sy beweerde rol in die onlangse voorvalle by die maatskappy se bedryfsentrum in Samrand naby Midrand.
Die woordvoerder vir die Valke, kapt. Paul Ramaloko, sê die 28-jarige is Woensdagmiddag by die kantoor waar hy werk, in hegtenis geneem. Hy het bygevoeg dat die man se beweegredes nie bekend is nie.
Die dreigemente het daartoe gelei dat die gebou drie keer in ’n week ontruim moes word.
Die Valke het ook beslag gelê op ’n selfoon wat vermoedelik deur die werknemer gebruik is om ’n bomdreigement te maak.

“False Flag” operasie? Sanral dreig homself om ander bedryfsprobleme weg te steek?
Hierdie gaan veel dieper as wat ons dink
“gaan veel dieper as wat ons dink” … jy praat die Waarheid!
Seker een van die “french benefits” wat hy of sy nie kry is dat daar betaal moet word vir tol.
Willy nou wat maak die Franse nou in SA ? French Kiss, franse briewe (die engelse ene ) en dies meer. Almal van hulle kry nogsteeds “fringe benefits”. 🙂
Want een van die twee French kissers het ook mos nou op die “bandwagon” geklim oor die E-Toll. ;~)}
O, nou visstaan ek ook wat die ‘french binnevet’ is waarvan Willy praat.
Die koeverte het allie tyd French Letters (ef-elle) binne hulle in gehad.
Poeier was seker bedoel om die ef-elle soort van vars te hou.
Daarsy Sjert. Net so ‘n klein leidraadjie. Nou weet ons wie en wat SANRAL nou eintlik is. ‘n Klomp…
Hy was beslis nie lus om te werk nie en het seker self ook nie ‘n e tag nie!!
wonder of die mannetjie homself uitgevang het, dalk het hy die dreigimente met n “please call me” gemaak
Kan wees, (ek het nou gelag hoor) – dan word daar nogal na hom verwys as die “meesterbrein” – EISH !
hau!!! meesterbrein?? dan wil ek nie die res van die mense daar sien nie.
Nou is die tyd om die Wolf-wolf storie klaar te speel.
Enigste wat sin maak in hierdie storie is dat die terroris in Soweto woon
Ek kan die Valke help met die ou se beweegredes, as hulle moet ontruim hoef hy nie te maak of hy werk nie.