Die Waterkloof-vier sal op 11 Februarie vrygelaat word, het Beeld berig.
Christoff Becker, Reinach Tiedt, Gert van Schalkwyk en Frikkie du Preez, almal van Waterkloofhoërskool wat in Januarie 2007 in die Pretoriase landdroshof elk tot 12 jaar tronkstraf gevonnis is weens onder meer moord, kan op paroolontslag staatmaak.
Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het hul parool Woensdagaand bevestig.
“Hulle kon voordeel trek uit ’n spesiale vonnisvermindering van ses maande. Ingevolge wetgewing het die vier nou die helfte van hul vonnisse uitgedien en het hulle in aanmerking gekom vir parool totdat hul vonnisse in 2019 verval.
Die departement het gesê daar word van hulle verwag om aan streng paroolvoorwaardes te voldoen en enige oortreding kan hul terugstuur na die gevangenis.

Voorspoed vir julle 4.
Ses jaar het vinnig verby gegaan. Sterkte vir hierdie jong manne met die pad vorentoe.
Sterkte aan die jong manne. Nou die onafwendbare vraag— WAT VAN CLIVE DERBY-LEWIS ?
Met soveel onreg in die regstelsel sal oom Clive nie gou vrygelaat word nie, ongeag die siekte wat hom teister.
Baie voorspoed aan hier vier jongmense – maak die heel beste wat julle kan met die res van julle lewe.
Alle sake waarin daar Afrikaanssprekende aangeklaagdes is, is vrot van ongerymdhede.