Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Julius Malema en drie ander mans word ondersoek in verband met ‘n beweerde voorval van padwoede in Polokwane, het RSG berig. ‘n Limpopo polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi sê ‘n 22-jarige motoris beweer dat Malema en drie mans hom gisteraand aangerand het. Die motoris sê hy het sy toeter geblaas vir
Polisie het hul hande vol met oproer
‘n Totaal van 63 mense is in hegtenis geneem nadat lede van die gemeenskap in Moletlane by Zebediela op ‘n plundertog gegaan het en vyf winkels van Chinese sakemanne afgebrand het. Die geweld spruit na bewering uit ‘n voorval die naweek toe ‘n 21-jarige man doodgesteek is ná ‘n argument met ‘n Chinese winkeleienaar. Die
Transformasie sal Afrikaans red sê prof
Afrikaans word uitgesluit uit die samelewing, sê Andries Visagie, dosent aan die Universiteit van Pretoria, maar transformasie sal die taal red. Prof. Visagie het sy pleidooi nietemin in Engels geskryf. Volgens die 2011-sensus het die aantal moedertaalsprekers van Afrikaans met 800.000 individue toegeneem sedert die vorige sensus. Afrikaans floreer as die derde grootste moedertaal in
Inwoners kla dat Metropolisie hutte afbrand
Sowat 200 plakkershutte is Dinsdag in ‘n brand in Midrand, tussen Pretoria en Johannesburg, verwoes het Gauteng-nooddienste gesê. ‘n Digte, donker rookkolom het steeds bo die gebied gehang teen laatmiddag. Inwoners het die polisie daarvan beskuldig dat hulle die hutte aan die brand steek om hulle te verjaag. Die Johannesburgse metropolisie het intussen bewerings ontken
Gordhan sal verkiesingsbegroting lewer sê ekonome
Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, sal na verwagting ‘n begrotingsrede lewer wat kredietgraderingsagentskappe gelukkig sal hou voor die verkiesing op 7 Mei 2014. Na wat verwag word sal Gordhan waarskynlik hou by bestedingsplanne en teikens vir begrotingstekorte wanneer hy later vanmiddag die regering se begroting indien, het RSG berig. Volgens ‘n meningspeiling onder ekonome,
Lees verder: Gordhan sal verkiesingsbegroting lewer sê ekonome
Mthethwa: Buitelandse eienaars van veiligheidsmaatskappye moet beperk word
Suid-Afrika se minister van polisie, Nathi Mthethwa het Dinsdag ‘n wetsontwerp aan die parlement voorgelê met die doel om buitelandse eienaarskap van privaatsekuriteitsmaatskappye te beperk. Die wetsontwerp sluit die ondersteuning van veiligheidsdienste vanaf Suid-Afrika na ander lande in, het Mthethwa gesê. Xinhua berig dat privaatveiligheidsmaatskappye in buitelandse hande daardeur verplig sal word om 51 persent van
Lees verder: Mthethwa: Buitelandse eienaars van veiligheidsmaatskappye moet beperk word
Groot storms op pad
Navorsing wat vandeesmaand in die International Journal of Climatology gepubliseer is, toon dat Suid-Afrika verhoogde reënval en meer oorstromings te wagte kan wees. Die studie is deur ‘n Wits PhD-student onderneem. Die bevindings weerspreek egter die gewilde klimaatsveranderingoortuiging dat warmer oseane tot meer orkane lei. Wanneer ‘n orkaan se vernietiging nuus maak, soos in die
Asimmetriese diskriminasie
deur Manfred Delport [followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Volg Manfred op Facebook. Die libgestremdes in die VSA is opnuut erg beswaard oor voorgestelde wetgewing in die Amerikaanse deelstaat, Arizona. Libgestremdes het maar nou eenmaal hierdie gewoonte om hulself intens oor relatiewe onbenullighede op te werk. Arizona se voorgestelde wetgewing sou byvoorbeeld mense wat godsdienstige besware
Irak koop glo wapens van Iran teen al Kaida-terreur
Die VSA het ‘n verklaring van die Irakse regering geëis na mediaberigte dat die land ingestem het om wapens ter waarde van $195 miljoen van Iran te koop. So ‘n ooreenkoms sal die wapenboikot wat deur die VN ingestel is, oortree. Die ooreenkoms is bereik aan die einde van November, volgens dokumente wat Reuters glo
Lees verder: Irak koop glo wapens van Iran teen al Kaida-terreur
Swart studente in Oos-Kaap ontwrig klasse oor NSFAS-beurse
Klasse by al drie kampusse van die Midlands Kollege in die Oos-Kaap is ontwrig nadat meer as 1.300 studente Maandagaand uit die koshuise gesit is. Die studente is uitgejaag weens onvoldoende befondsing deur die nasionale studentehulpskema, die NSFAS. Studente van die Grahamstad-kampus is blykbaar omstreeks middernag aangesê om hulle koshuise te ontruim. Die kampusbestuur het
Lees verder: Swart studente in Oos-Kaap ontwrig klasse oor NSFAS-beurse
