Dan Roodt: Afrikaans word 90 in ‘n krisisjaar

@danroodt volgen Dit is lekker om vandag Afrikaans se negentigste verjaardag as amptelike taal te vier. Dit sou egter ‘n fout wees om te dink ons kan op ons louere rus, want die jaar 2015 gaan in die annale as ‘n swart jaar vir Afrikaans verewig word. Hoewel Afrikaners oor die algemeen neerhalend na die

Lees verder: Dan Roodt: Afrikaans word 90 in ‘n krisisjaar

Duiweboer vermoor noord van Pretoria

‘n Boer Dinsdagaand op sy plaas in Bon Accord, noord van Pretoria, vermoor in die jongste plaasaanval. Johan Coetzee is met ‘n graaf doodgeslaan. Sy dogter het glo op haar pa liggaam in ‘n buitegebou op die plaas afgekom. ‘n Kluis is met ‘n slypmasjien oopgesny en ‘n vuurwapen asook kontant en reisdokumente word vermis.

Lees verder: Duiweboer vermoor noord van Pretoria

Kaapse brande glo doelbewus gestig sê ondersoeker

Brande wat groot verwoesting gesaai het in die Kaapse Skiereiland en die lewe van ‘n brandbestryder geëis het, is glo doelbewus gestig. Twee van die drie brande in Maart is kwaadwillig gestig en die derde een, die grootste van die drie by Houtbaai, is moontlik per ongeluk deur bergies gestig. ‘n Forensiese ondersoek deur dr.

Lees verder: Kaapse brande glo doelbewus gestig sê ondersoeker

UK skors swart Rhodes-aktivis

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het gister bevestig hulle ‘n student oor ‘n beweerde rasse-onderonsie met ‘n personeellid geskors het. Die UK weier egter om die student se naam of ras bekend te maak. Dit is klaarblyklik die swart aktivis Chumani Maxwele wat die veldtog teen Rhodes se standbeeld gelei het. Hy word volgens bronne

Lees verder: UK skors swart Rhodes-aktivis

UKIP en Rooi Ed sink

Die Skotse leeu het gebrul! Skotland wat vroeër in ‘n referendum teen onafhanklikheid gestem het, het die Arbeidersparty in Brittanje die nekslag toegedien. Die Arbeiders lyk asof hulle afstuur op die grootste pak slae sedert Neil Kinnock van die toneel verdwyn het in 1987. Ontleders meen dis die laaste sien van Ed Miliband asook die

Lees verder: UKIP en Rooi Ed sink

Afrikaans verjaar!

Die amptelike tale-wet van die Unie van Suid-Afrika is 90 jaar gelede – op 8 Mei 1925 – by ‘n gesamentlike sitting van die nasionale vergadering en die Senaat aanvaar. Die wet het voorsiening gemaak vir Afrikaans as amptelike taal naas Engels. Die wet het Nederlands met Afrikaans vervang. Dit word beskou as ‘n belangrike

Lees verder: Afrikaans verjaar!

Duisende Basters vier hulle geloftedag

Sedert 1977 vier die Rehoboth Basters fees by Sam !Khubis, sowat 80 km suid-wes van Rehoboth ter herdenking van hul volk se bestaan wat amper uitgewis is deur die Duitse koloniale magte. Nagenoeg 5 000 mense het dié week na die Sam !Khubis-terrein naby Rehoboth opgeruk om die 100ste herdenking van die geskiedkundige Slag van

Lees verder: Duisende Basters vier hulle geloftedag

Britte vandag na die stembus

Die Britte gaan vandag stembus toe met peilings wat volgens die BBC aan die Konserwatiewe Party van premier David Cameron ’n voorsprong van 34% gee, teenoor die 33% van Ed Miliband se Arbeiders, 14% van Nigel Farage se Ukip en 8% van Nick Clegg se Libe­raal-Demokrate. Dit wil egter lyk asof die Tories selfs in

Lees verder: Britte vandag na die stembus

Leerling by skool doodgesteek

‘n Swart seun van Ebony Park in Midrand, Johannesburg, is Maandag op die skoolterrein dood toe ‘n medeleerling hom met ‘n skêr gesteek het, het News24 berig. Songezo Mabindla (21), ‘n leerling aan Tsosoloso ya Afrika Sekondêre Skool, is met ‘n skêr gesteek nadat hy met ʼn ander leerder baklei het. Die polisie en nooddienste

Lees verder: Leerling by skool doodgesteek

Afrika byeen oor Burundi-krisis

Staatshoofde van oos-Afrika sal volgende week in Tanzanië vergader om die voortslepende politieke krisis in Burundi te bespreek, het RSG berig. Dit volg op ‘n vergadering in Bujumbura tussen President Pierre Nkurunziza en vier ministers van buitelandse sake vanuit die streek. Die presidente van Kenia, Uganda, Tanzanië en Rwanda sal saam met Nkurunziza in Dar

Lees verder: Afrika byeen oor Burundi-krisis