Britte vandag na die stembus

Die Britte gaan vandag stembus toe met peilings wat volgens die BBC aan die Konserwatiewe Party van premier David Cameron ’n voorsprong van 34% gee, teenoor die 33% van Ed Miliband se Arbeiders, 14% van Nigel Farage se Ukip en 8% van Nick Clegg se Libe­raal-Demokrate.

Dit wil egter lyk asof die Tories selfs in ‘n koalisie met die LibDems nie ‘n volstrekte meerderheid sal kan behaal nie.

Die Noord-Ierse Unioniste en Ukip se steun sal waarskynlik nodig wees vir ‘n Torie-bewind.

Clegg, leier van die pro-Europese LibDems, het in ’n onderhoud intussen aangedui dat Cameron se beloofde referendum oor Britse lidmaatskap van die Europese Unie vir sy party onaanvaarbaar sal wees.

Die Arbeidersparty se kanse lyk beter, met die Skotse Nasionale Party (SNP) wat byna skoonskip in Skotland sal maak, alhoewel Miliband verlede week in ’n televisiedebat ’n koalisie met die SNP kategories verwerp het.

Indien die Tories ‘n minderheidsregering wil vorm, sal die Arbeiders dit dadelik glo mbv ‘n mosie van wantroue troef.

“Rooi Ed” Miliband het probeer stemme trek van armes deur te wys hoe proletaries hy leef, dit blyk nou dat hy vir sy kiesers gelieg het daaroor.

Dit het op die lappe gekom dat die armoedige kombuis waar hy saam met sy gesin afgeneem is, een van twee in sy huis is waar niemand ooit kom nie. Die ander kombuis is besonder luuks.

6 thoughts on “Britte vandag na die stembus”

  1. En daar word die Arbeiders en Mieliebrand totaal uit die bus uit gegooi deur die Skotte se volkstaters.

    Hierdie volkstaat beweging met die mooi Skotse vrou aan die stuur hou groot beloftes vir klein volkies in.

    Ek sien Flip Buys het in Netwerk24 ‘n baie mooi opsomming gemaak van die verskillende politieke strategiese opsies vir ons Volkie. Hy het die selfdoen beginsel sterk beklemtoon saam met buite skakeling. – hoedat die goed na binne en na buite bestuur kan word.

    Praag kan dit ook maar plaas siende dat ons nou op die span bou projek begin fokus.[hopelik]

    Die Skotte het nou rigting gegee aan veelvolkige demokratiese selfbeskikking soos nooit tevore nie.

    Die Xeno-kaskenades het skielik engels as die identiteit van die vreemdelinge gegee. [Wit en swart.]…
    Afrikaans bepaal skielik nou jou reenboog burgerskap as’tware Hier praat net die Xenos engels Die Xenos ‘traai’ hard om Afrikaans te leer en een Mugabe sê my dat hy ‘n Afrikaanse Cherry het wie hom leer.

    En Theuns Eloff het tot my stomme verbasing ook Christenskap naas Afrikaans as Volks of Nasie identiteit voorgestel versus / teenoor vreemde Wit Ateisme en Engels.

    Verbasend….verblydend.

  2. Die Baalkultus van Isebel teen wie Elia opgetree het se kenmerke kan julle Google: Veelgodery afgodery of ateïsme Anti-Christe, seksuele perverse, kinderoffers [aborsies] politieke konkelary, onder andere.
    Hulle was die oorsaak van die ABO volksmoord en vendetta sedertdien .- die Evil Cecil is immer die aartsvyande van Christen Paul en Hendrik.

Maak 'n opvolg-bydrae