Duiweboer vermoor noord van Pretoria

‘n Boer Dinsdagaand op sy plaas in Bon Accord, noord van Pretoria, vermoor in die jongste plaasaanval.

Johan Coetzee is met ‘n graaf doodgeslaan. Sy dogter het glo op haar pa liggaam in ‘n buitegebou op die plaas afgekom.

‘n Kluis is met ‘n slypmasjien oopgesny en ‘n vuurwapen asook kontant en reisdokumente word vermis.

Coetzee was ‘n diereliefhebber en het ondermeer met duiwe geboer.

Lt.Kol. Katlego Mokgale, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê ‘n saak van moord is aanhangig gemaak.

9 thoughts on “Duiweboer vermoor noord van Pretoria”

  1. Soos ons die aanslag van die Anglo-Afrika-politiek (liberaliste, marxiste en Afrikaniste wat deurmekaar en vir mekaar in die aanslag speel), kan die Afrikanervolk nie die aanslag een-een afslaan nie, die enkeling is eenvoudig nie, hoe goed hy ook al bewapen is, opgewasse teen hierdie misdaadagtige terreur nie. Ons kan as enkelinge vir ‘n beperkte tyd ons soos wafferse Rambos staal en selfs die daglig uit die aanvallers haal. Maar, en vergewe maar as ek vir PW en Magnus Malan aanhaal, ‘n totale aanslag kan net teengegaan word met totale verdediging.
    Daar was Praag se virtuele volksvergadering, en ook die slappeling-Solidariteit se krisisberaad. Wat was die eerste agendapunt? Veiligheid.
    Laat ons nie ons self en mekaar om die bos lei nie. Elke dag dat die Afrikanervolk voortploeter sonder ‘n behoorlik gekoördineerde volkspoging teen die aanslag, is ‘n fatale mors van tyd.
    Ek lees gister ‘n snobistiese aanmerking van ‘n ou wat ‘n veiligheidsaak bedryf en die voorreg het om in die ou SA sy veiligheids/verdedigingsvermoë te bekom, ook sy inligtinginsamelingsvermoë, die opmerking wat hy op sy webwerf maak, ‘n opmerking tot die strekking ‘n slagoffer van hierdie geweld was nalatig of nie behoorlik voorberei nie.
    Die punt is ons was nie almal Recces in die ou Suid-Afrika nie. En ons mense is die vaders en moeders van gewone kinders, is gewone mense en gewone kinders, wat tog maar net ‘n doodgewone lewe in ‘n land met doodgewoon beskaafde standaarde wil lei. Ons kan mos nie van ons kinders en vrouens en bejaardes Rambos maak nie.
    Hierdie taak lê in hoofsaak op ‘n ander vlak en ander terrein, daardie terrein wat deur eeue se ervaring van botsing en stryd tussen volkere, nasies, beskawings en godsdienste aangetoon is as ‘n militêre terrein met mense wat die militêre wetenskap verstaan en vir teenvoeters op daardie aanslag kan en moet sorg.
    Daardie terrein moet sonder versuim ondersoek en kundiges dan met ‘n verantwoordelike plan vorendag kom en voorlê aan die volk.

    1. Piet. Ek voel soos jy. Ons moet dit in ons ryk mede boere se koppe kry dat ons tax moet weerhou om onself te beskerm. Danke aan China raak dit baie meer bekostigbaar om n elektroniese netwerk te skep. IP kameras met “motion detection” en met “push video” na cell en met 2megapixel kwaliteit kos nou R1500. Met “wireless point to point” kan mens 10km data stuur teen R2000. Dinge het ongelooflik die laaste drie jaar verander. Dieselfde stelsels sou jou R50 000 kos n rukkie terug. Vergeet van ADT of al die ander spul. Dis tyd dat ons tegnologie teen misdaad gebruik om te oorleef. Ons kan selfs n boere APP skep. Elke “smart” foon kan met n whatsup “group” met een knoppie geaktiveer word vir hulp. Dink net, jy druk een knoppie en al die boere in jou omgewing weet jy kort hulp

      1. Ek het sopas die agentskap bekom om LED gloeilampe in te voer met n ingeboude IP kamera met n ingeboude luidpreker en mikrofoon, met “motion detection en face recognition. Dis High definition en infra rooi ook vir die nag. dit sal jou tot laat weet as n sekere klank soos n venste wat breek ens gebeur. Die stelsel kan tot 4 kameras se beeld na jou foon of ipad in regte tyd stuur. Tyd dat ons tegnologie inspan vir ons.

        1. Die ding is dat mens wil sien wie buite jou huis is en wie nader kom of wie vir jou buite wag as jy terugkeer huis toe – op jou selfoon en rekenaar.
          Wie op jou erf rondloop.
          Klink baie indrukwekkend.
          Plaas adertensie op Praag

  2. Wat nou in Suid Afrika gebeur was lankal voorspel Ek volg die politiek en gebeure sedert my skooldae. Die swart massas wil alle witvelle uitmoor en verjaag. Die kreet is Africa for the Africans. Mooipraat sal hulle nie tot ander insigte bring nie. Dit het oral in Afrika gebeur. Dan kom mense soos FW de Klerk en vertel aan die wereld dat alles nou beter is . Ekwil nog baie graag weet wat by Kodesa onderhandel is.
    Ons enigste uitweg tans is dat ons onsself moet bewapen en alles doen om onsself en ons dierbares te beskerm. Intussen moet ons alles doen wat nodig is om selfbeskikking te verwesenlik. Ons grootste struikelblok is dat ons nie eendragtig is nie. Kom mense ,laat ons saamstaan. Daar is n stryd om te stry. My hart gaan uit na al die blankes wat vermoor word en hulle families. Dit moet ons juis aanspoor om harder te veg.

Maak 'n opvolg-bydrae