Opposisie se Nkandla-veldtog stort in duie

Die parlementêre adhoc-komitee oor Nkandla het president Jacob Zuma in sy voorlopige verslag kwytgeskel van enige ongerymdhede met die opgraderings by sy privaat woning. Mathole Motshega sê die “pay-back-veldtog” deur opposisie partye het in duie gestort. Opposisiepartye het daarop aangedring dat die president ‘n gedeelte van die geld wat op Nkandla se opgraderings spandeer is, terugbetaal. Maar

Lees verder: Opposisie se Nkandla-veldtog stort in duie

Berigte oor ebola-slagoffer in Durban misleidend

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê berigte dat ‘n ebola-slagoffer in Durban aangemeld is, is misleidend. Volgens die Instituut is die man se simptome nié dié van ebola nie, hy is voorts nooit daarvoor getoets nie en is ook nie opgeneem nie. Luidens verskeie berigte is ‘n man vir toetse vir die ebola-virus in Durban se

Lees verder: Berigte oor ebola-slagoffer in Durban misleidend

Pick n Pay, Land Rover oorweeg boikot van Afrikaanse fees oor Steve

Die supermarkketting Pick n Pay en Land Rover bevind hulle tans midde-in die stryd rondom die sanger Steve Hofmeyr aangesien daar druk deur anti-Afrikaanse elemente op hulle toegepas word om hulle aan die “Afrikaans is groot”-fees te onttrek weens Steve se deelname daaraan. Conrad Koch, die vloekende, linkse buikspreker met sy pop Chester Missing, het

Lees verder: Pick n Pay, Land Rover oorweeg boikot van Afrikaanse fees oor Steve

Louis Trichardt kry sy naam terug na hofstryd van 10 jaar!

Die vreugdevure brand vandag hoog in die dorpie Louis Trichardt waar die 10 jaar lange hofstryd teen die ANC-munisipaliteit se naamsverandering vandag op ‘n oorwinning uitgeloop het: die dorp kry sy ou, vertroude Voortrekkernaam weer terug! Die hooggeregshof van Gauteng in Pretoria het vandag uitspraak in die guns van die dorp se voorsittersvereniging gegee en

Lees verder: Louis Trichardt kry sy naam terug na hofstryd van 10 jaar!

Oogetuie vertel hoe metropolisie wit mans mishandel

‘n Ooggetuie van die inhegtenisneming van twee wit mans Saterdag by Zitapark in Garsfontein, Pretoria, tydens een van die mans se dogter se verjaarsdagpartytjie, sê sy sal nooit vergeet hoe dié tienjarige meisietjie histeries vir haar pa geskreeu het nie. “Ek was baie bang en haar angsgille sal altyd by my spook,” sê Carmen Goodrich

Lees verder: Oogetuie vertel hoe metropolisie wit mans mishandel

African Bank se skuld word ingevorder

African Bank Investments vorder maandeliks sowat drie miljard rand se skuld in, sê die lener se toesighouer, Tom Winterboer. Die instelling het om ‘n nuwe banklisensie aansoek gedoen as ‘n stap tot sy hertoelating tot die bedryf. African Bank het in Augustus ‘n reddingsboei van die Reserwebank ontvang nadat die bank weens swak skuld ondergedompel is. Die bank het voortgegaan om

Lees verder: African Bank se skuld word ingevorder

Steve: ‘Apartheid was nie oorsaak van Afrika-agterstand’

‘Ek is net so verlig soos elkeen as ek soggens ongedeerd wakkerword’

‘Ek is net so verlig soos elkeen as ek soggens ongedeerd wakkerword’

Lees verder: Steve: ‘Apartheid was nie oorsaak van Afrika-agterstand’

Nuwe entstof teen ebola getoets

Die Wêreldgesondheidsorganisasie, WGO, sê daar was die afgelope tyd ‘n afname in die verspreiding van Ebola in Liberië. Die WGO het egter gewaarsku dat dit nog te vroeg is om te beweer dat die siekte onder beheer is. Liberië is die land wat die ergste deur die siekte getref word in Wes-Afrika. Die aantal nuwe

Lees verder: Nuwe entstof teen ebola getoets

Oproer by platinummyn onder beheer

Gewelddadige oproer naby die Bokoni-platinummyn buite Burgersfort in Limpopo is volgens die polisie onder beheer gebring. Inwoners het vroeër twee huise en ‘n motor van ‘n plaaslike hoofman aan die brand gesteek. Ontstoke inwoners beskuldig die hoofman daarvan dat hy die myn toestemming gegee het om in die omgewing aktief bedrywighede te begin. Oproermakers het ook myntoerusting

Lees verder: Oproer by platinummyn onder beheer

Byna 170 oortredings tydens Poskantoorstaking

Die minister van Telekommunikasie, Siyabonga Cwele, sê byna 170 sake is by die polisie aangemeld vir misdade wat tydens die staking gepleeg is. Die onwettige tweemaandelange staking deur werkers wat vaste aanstellings en verhogings eis, het die Poskantoor feitlik op sy knieë gedwing. Die misdade sluit ondermeer gevalle van kwaadwillige saakbeskadiging, intimidasie en aanranding in. Cwele

Lees verder: Byna 170 oortredings tydens Poskantoorstaking