praag.co.za

Nuwe entstof teen ebola getoets

Written by

in

,

Die Wêreldgesondheidsorganisasie, WGO, sê daar was die afgelope tyd ‘n afname in die verspreiding van Ebola in Liberië.

Die WGO het egter gewaarsku dat dit nog te vroeg is om te beweer dat die siekte onder beheer is.

Liberië is die land wat die ergste deur die siekte getref word in Wes-Afrika.

Die aantal nuwe gevalle wat in Wes-Afrika aangemeld is, is 13 703 en die dodetal sal waarskynlik binnekort die vyfduisendkerf verbysteek.

Intussen het ‘n medikus in Lausanne, Switserland, aangekondig dat ‘n toetse vir inentings sal begin op Oktober 31, met die bereidwilligheid van minstens ‘n paar inwoners om ingespuit te word met die Ebola-virus.

Sal die stad sal die gasheer van die grootste studie vir ‘n eksperimentele entstof teen Ebola wees.

Die WGO sê soveel as 10 000 mense per week sal in Desember aansteek.

Die entstof, wat deur GlaxoSmithKline vervaardig gaan word, sal in Lausanne op 120 gesonde volwassenes getoets word, het dr Blaise Genton, die studieleier, aangekondig.

Genton sê Glaxo se eksperimentele entstof is gebaseer op ‘n lewendige weergawe van ‘n genetiesgemodifiseerde sjimpanseevirus wat ebola bevat.

Comments

3 responses to “Nuwe entstof teen ebola getoets”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Ek sterf liewer van die siekte as om daardie konkoksie in my liggaam te kry.

    1. Rentia Diedericks Avatar
      Rentia Diedericks

      Ek voel ook soos jy. Ek is minder bang vir ebola as die farma wolwe

  2. Witbeer Avatar
    Witbeer

    Farma maak weer geld uit n “Hype”, en wie borg dit???? Mnr en Mev Gates….
    toets al die entstowwe op libs en die “elite” se kinders.

Leave a Reply