Oogetuie vertel hoe metropolisie wit mans mishandel

‘n Ooggetuie van die inhegtenisneming van twee wit mans Saterdag by Zitapark in Garsfontein, Pretoria, tydens een van die mans se dogter se verjaarsdagpartytjie, sê sy sal nooit vergeet hoe dié tienjarige meisietjie histeries vir haar pa geskreeu het nie.

“Ek was baie bang en haar angsgille sal altyd by my spook,” sê Carmen Goodrich van Villeria.

Goodrich en haar familie het haar ouma se verjaarsdagpartytjie by die park gehou toe Chris De Lange en David Du Plessis deur vier swart metropolisiebeamptes in hegtenis geneem is.

“Die beamptes was baie arrogant en intimiderend en het die man (De Lange) klaarblyklik ‘n harde tyd gegee,” sê Goodrich.

“Dit was onnodig om die twee mans voor hul kinders, maatjies en ‘n klomp ouers in hegtenis te neem,” sê sy.

“Almal was duidelik getraumatiseer, insluitend my eie ma, en ek voel die beamptes kon beter opgetree het.”

Goodrich sê hulle het gesien hoe iemand wat by die park werk haastig ná die arrestasie rooi kleefband oor die kennisgewingbord wat aandui dat honde daar toegelaat word, aanbring.

De Lange en sy vrou, Sonja, het Maandag gaan foto’s neem van die bord wat nou aandui dat honde nie daar mag wees nie.

Op die webtuiste pretoriafordogs.co.za, wat plekke in Pretoria aandui waar mense met hul honde kan stap, is Zitapark gelys.

Daar is selfs foto’s op dié blad van honde wat langs die swembad baljaar.

Die getraumatiseerde wit klaers  behoort onverwyld ‘n klag by SAPS in te dien asook ‘n siviele eis teen die stadsraad instel, meen regslui.

In die video is dit uiters verdag dat ‘n wit man wat geen oortreding begaan het nie, op dié wyse hardhandig in hegtenis geneem is met brute krag en kragwoorde.

Senior Superintendent Isaac Mahamba, metropolisiewoordvoerder, sê die Tshwane metropolisie is in besit van die video, maar dat die beeldmateriaal van só aard is dat dit hulle nie toelaat om al die gebeure voor en ná die voorval te sien nie.

Hoewel ons vir dié rede nie kan vasstel of die beampte korrek of verkeerdelik opgetree het nie, is ons baie bekommerd oor die vulgêre taalgebruik wat gehoor kan word,” sê Mahamba.

5 thoughts on “Oogetuie vertel hoe metropolisie wit mans mishandel”

  1. Die Snr polisiebeampte moet miskien ook maar hamba.
    Dit is reg en goed wat hier gesê word, maar kan daar nie deur van ons mede afrikaners opgetree word en hulp verleen , van watter aard ookal aan hierdie twee kêrels en hulle gesinne nie.
    As daar dan regslui is wat alreeds erken dat alles verkeerd is, waarom gee hulle nie leiding en advies nie, of is ek dalk nou weer te “stadig”
    dat daar alreeds aksie is.
    As dit op finansies neerkom waarom kan daar dan nie maar afgesien word van regskoste , en gefokus word op die “stryd” nie, tot voordeel van alle afrikaners.
    Shoe, nou laat ek my darem seker oop vir baie kretiek. Laat dit wees wat dit wil dit is hoe ek daaroor voel.
    Genugtig, ek dink dit is tyd dat ons afrikaners moet hande vat en begin saamstaan.
    Wat van n gedenkdiens oor die hele land, op n gegewe datum en tyd, vir Al ons boere wat die afgelope 20 jaar “gesneuwel” het in hierdie spook oorlog.

Maak 'n opvolg-bydrae