African Bank Investments vorder maandeliks sowat drie miljard rand se skuld in, sê die lener se toesighouer, Tom Winterboer.
Die instelling het om ‘n nuwe banklisensie aansoek gedoen as ‘n stap tot sy hertoelating tot die bedryf.
African Bank het in Augustus ‘n reddingsboei van die Reserwebank ontvang nadat die bank weens swak skuld ondergedompel is.
Die bank het voortgegaan om lenings toe te staan, terwyl hul kernmark van swart lae-inkomste leners nie hulle lenings terugbetaal het nie.
Onder die toesig van ‘n senior amptenaar van Pricewaterhouse Coopers, Tom Winterboer, is die bank onder kuratorskap geplaas.
Winterboer is deur die Reserwebank as kurator aangestel om die bank se hersiening te bestuur en hy het voortgegaan om slegte skuld in te vorder.
Die Reserwebank het aanvanklik gesê R17 miljard se slegte skuld sal vir R7 miljard gekoop word.
Winterboer is egter nou van mening dat die lenings wel ingevorder kan word.
