Skooldogter deur drie boelies doodgeslaan

Die Gautengse Departement van Onderwys het met ‘n ondersoek na die dood van ‘n agt jarige meisie by ‘n laerskool in Soweto begin. “Hierdie saak het net gister [Maandag] onder ons aandag gekom,” het Phumla Sekhonyane, woordvoerder gesê. Die kind is na bewering op 14 Februarie deur drie boelies geskop en geslaan. Lebohang Makala was

Lees verder: Skooldogter deur drie boelies doodgeslaan

Wapentransaksie: Fluitjieblaser kan onthullend wees

Die Seritikommissie van Ondersoek na die Wapentransaksie van 1999 is ‘n week lank uitgestel, het RSG berig. Dit volg nadat getuienisleiers gesukkel het om dokumente in besit van ‘n wapenhandelaar, Richard Young, in die hande te kry. Young is die fluitjieblaser wat die aanklagte van korrupsie in 2009 by die Valke ingedien het. Young het

Lees verder: Wapentransaksie: Fluitjieblaser kan onthullend wees

Zille se geloofwaardigheid duik in die plaashek

Die DA probeer naarstiglik vure doodslaan nadat die party se steun vir die heropening van grondeise vir ’n tydperk van vyf jaar konsternasie onder grondeienaars veroorsaak het en hul leier se geloofwaardigheid onherstelbaar aangetas het. Daar bestaan nou die sterk vermoede dat AgriSA-lede in die DA gekoöpteer is om boere te paai as die ANC

Lees verder: Zille se geloofwaardigheid duik in die plaashek

Dekaan van Stellenbosch ontvoer en aangerand

Prof. Mohammad Karaan (46), dekaan van Agriwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch is voor sy woonhuis gekaap en na die swart woonbuurt, Khayelitsha ontvoer. Daar is hy deur sy ontvoerders beroof en aangerand. Die inligting is bekend gemaak deur kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap. Karaan se kaper het hom in die oprit

Lees verder: Dekaan van Stellenbosch ontvoer en aangerand

Chevron se vliegtuigbrandstoftekort veroorsaak vertragings

Vlugte van die Kaapstadse Internasionale Lughawe is Maandag vertraag as gevolg van ‘n tekort aan brandstof. ‘n Woordvoerder van ACSA, Deidre Davids, sê vlugte van Comair het vertragings ondervind nadat die brandstofverskaffer nie aan die vraag kon voldoen nie. Vlugte by die Kaapstadse Internasionale Lughawe wat weens die brandstoftekort is, is lugrederye wat deel is

Lees verder: Chevron se vliegtuigbrandstoftekort veroorsaak vertragings

Kieserregistrasie sluit vandag

Stemgeregtigde kiesers het nog tot vanmiddag tyd om te registreer om in die algemene verkiesing op 7 Mei te stem. President Jacob Zuma het Vrydag aangekondig dat hy en die nege provinsiale premiers die nasionale en provinsiale verkiesing vandag sal proklameer. Die hoofverkiesingsbeampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die OVK sal bykomende personeel

Lees verder: Kieserregistrasie sluit vandag

Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad skuld Ontvanger miljoene

Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad skuld die Ontvanger van Inkomste R3.3 miljoen, hoofsaaklik aan lopende belasting (LBS) afgetrek van salarisse maar wat nie betaal is nie. Die Taalraad wat veronderstel is om die gebruik van alle Suid-Afrikaanse amptelike tale te bevorder, skuld sy verskaffers meer as R13 miljoen. Die Raad het ‘n verdoemende ouditverslag ontvang en sukkel

Lees verder: Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad skuld Ontvanger miljoene

Zille belowe BSEB, grondhervorming en verhoogde toelaes

Die DA het Sondag sy ondersteuners die versekering gegee dat die party nie hul swart rassebeleid sal laat vaar nie. Tydens die bekendstelling van hul verkiesingsmanifes in Polokwane het die DA-leier, Helen Zille gesê hulle ondersteun Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging (BSEB) ten volle omdat die apartheidsregering miljoene swartes toegang tot ekonomiese geleenthede ontneem het en

Lees verder: Zille belowe BSEB, grondhervorming en verhoogde toelaes

‘Wettig dagga vir medisinale gebruik’

Die terminaal siek parlementslid van die Inkatha Vryheidsparty, Mario Oriano-Ambrosini het ‘n privaatlidwetsontwerp om dagga vir medisinale gebruik te wettig, ter tafel gelê. Hy sê die onkonvensionele en tans nog onwettige mediese behandeling het sy lewensverwagting verleng. Ambrosini het in Mei verlede jaar aangekondig dat hy stadium vier longkanker het, hoewel hy nooit in sy lewe gerook het

Lees verder: ‘Wettig dagga vir medisinale gebruik’

HETN eis dat PUK onder administrasie geplaas word na Nazi-saluut

Die Hoër Onderwys transformasie-netwerk (HETN) eis dat die wit bestuur van die Noordwes Universiteit summier afgedank word. Die HETN het hul kommer uitgespreek teenoor die premier van Noordwes, Thandi Modise oor die beweerde massa-Nazisaluut wat by die Noordwes-Universiteit (NWU) plaasvind. Die woordvoerder van die netwerk, Hendrick Makaneta het ‘n beroep op die minister van Hoër Onderwys,

Lees verder: HETN eis dat PUK onder administrasie geplaas word na Nazi-saluut