
Die terminaal siek parlementslid van die Inkatha Vryheidsparty, Mario Oriano-Ambrosini het ‘n privaatlidwetsontwerp om dagga vir medisinale gebruik te wettig, ter tafel gelê.
Hy sê die onkonvensionele en tans nog onwettige mediese behandeling het sy lewensverwagting verleng.
Ambrosini het in Mei verlede jaar aangekondig dat hy stadium vier longkanker het, hoewel hy nooit in sy lewe gerook het nie.
Hy het dit egter duidelik gestel dat hy nie dagga rook nie.
Ambrosini, wat tydens sy toespraak oor die wetsontwerp, sukkelend asemgehaal het, sê die huidige wet benadeel vordering.
Hy het ook ‘n onwettige behandeling van dokters in Switserland ontvang, waartydens koeksoda in sy borsholte ingespuit is. Die behandeling is in ‘n ongeregistreerde kliniek ontvang.
Volgens die polisie gebruik dwelmhandelaars toenemend kinders om dwelms vir hulle te smokkel omdat die polisie nie kinders sonder meer arresteer nie.
“Familie en bure werf kinders so jonk as 11 om dwelms te verkoop of te koerier, want as dié kinders gearresteer word, sal hulle weens hul ouderdom nie noodwendig strafregtelik vervolg word nie,” het lt.kol. Katlego Mogale, Gautengs se provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.
’n Dertienjarige is in 2013 met ’n groot hoeveelheid dagga by die skool betrap volgens Mogale. Hy het die dagga namens sy sestigjarige buurvrou gesmous.
By ‘n luukse landgoed naby Johannesburg gebruik dwelmhandelaars wit kinders so oud as 11 om banksakkies met dagga ter waarde van R200 in te smokkel en te verkoop.
Van die kinders se ouers, leerlinge van die Amerikaanse skool, het gesê die oortreding is nie ernstig nie.
Die sekuriteit van die landgoed het die dwelmhandelaar vasgetrek met kilogramme dagga in sy besit en hom aan die naaste polisiekantoor oorhandig. Die handelaar is nie aangekla nie.
Praag het die bewysstukke onder oë gehad.

Die argument van hierdie parlementslid maak nou glad nie sin nie. Maar ja hy is nie al een nie.
n Briljante plan, dit moes lankal wettig gewees het. Washington en ander leiers van die BVSA het plantasies van die wonderkyuur gehad. Ford se eerste kar het op hemp olie gehardloop, dit genees ambeie, kanlker, en baie ander kwale.
Rook van die goed bly sleg.
Ek is 100% vir dit
lyk nie of dit spelling genees nie
Hulle lieg net nog al die jare daaroor…
http://www.youtube.com/watch?v=bwc9pBSsr7k
Is jy klaar op ‘n TRIPPIE ? LoL !
Indien daar waarheid in steek, steun ek die gebruik daarvan soos voorgeskryf deur ‘n DOKTER !
Inteendeel, een van ons gebruikers hier op Praag het my die raad gegee.
dit kan nie slegter wees as Chemo nie….. sorry vir die spelling ek vlieg bietjie rond hierbo…
Ja en dit kan jy self groei en hoef nie derduisende rande voor te betaal nie. Dit help nie spelling nie sien ek? hie hie
Minder suiker snuif!
Ja ek wonder hoe dit sal lyk as dames sit en zol draai!
kyk na die berig van zillie en die Da
Ons sal natuurlik nooit hierdie een wettig sien nie, dink net hoeveel geld die hoog geplaasdes gaan verloor as al die pret nou binne die wet gaan wees!
as die hoog ge-plaasdes, nie hoog gerooktes, die geld hierin sien is ons poer des merdos, hulle kan die twakkies wetig en VAT maak uit dit uit, dink net hoeveel geld hulle kan spaar met hof ondersoeke en polisieering….meer geld vir bloulig beemers en fency KFC parties..
Nee wag, Eric, VAT = SAID. Zolle hou nie van deel nie, nie eers zol nie.
maar zollie is ge-ZOL, sy teen tol hekke maar hou van zolhekke
Hulle was gerook toe hulle met daardie plan vorendag gekom het.
“Pass the dutchie to the left hand side” en gaan dinge verder en vinniger agteruit.
Daar is baie gebruike vir die plant en dat die verbouing voordelig kan wees is seker so – daar is ook lae THC inhoud plante wat nuttig is maar dit sal nou maar eenmaal net te
‘n groot versoeking vir baie wees om te wil “vlieg”.
Sê hy hy rook dit nie? Ai blommie hoe onnosel dink hulle is ons? Koeksoda in die bors? Die man sal alles doen om te bly lewe!
Blykbaar kry mens die olie/plant ekstrak wat in bv. tee of oor kos gegooi word en dan so ingeneem word. Oor die koeksoda kan ek nou nie uitpraat nie.
O ja hulle maak mos dagga koekies van dit nê. Wel hierdie man kry dit op ‘n manier in want as hy dit wil wettig maak is dit oor hy dit gebruik.
Aangekondig dat hy stadium vier longkanker het. Kanse is goed dat die emfiseem al ingeskop het.
Hi Willy, how do you get to these symptoms? Are they indicative of lung cancer?
Easy, I read the above article.
Willy, ek glo nie emfiseem is deel van longkanker nie. Dis iets heel anders en BAIE erg! Ek beny nie mense met emfiseem nie want dit is ‘n verskriklike ding. Ek wil my amper verstout en sê dis erger as longkanker! My skoonmoeder het dit gehad en dit was erg. Vir my is dit ‘n erger woord as kanker.
Emfiseem en kanker soos baie ander siektes bestaan en is ‘n werklikheid. My vrou was 5 jaar gelede met MS gediagnoseer met die 4 tropiese virusse. Dit was geensins ‘n verbode naam by ons familie en vriende nie. Omdat ons openlik daaroor gepraat het, het almal ingespring en navorsing gedoen. Vandag is sy heeltemal genees! Die medici sê dis ‘n ongeneeslike siekte en die uiteinde is natuurlik die dood. Ons is heeltemal alternatief soos ek van Eric ook agterkom. Ek sal nogal daarvan hou om met hom te kuier en ‘n paar gedagtes uit te ruil. As jy erken en openlik daaroor is, is daar minder stres op die sisteem. Siektes noem ek by die naam JAVR.
Laastens, ek verruil my familie en vriendekring vir niks en niemand in die wêreld nie want ek het gesien as daar ‘n krisis ontstaan, staan ons rotsvas bymekaar
Ja Eric sal jou laat zol draai vir ‘n vale!
Stem saam.Hoekom is alkohol wettig.Dit laat jou ook vlieg en jy kry dit in elke soort hoesmiddel.Wettig dagga en vernietig groot apteke.Avante