Geldmors: ‘n Tydverdryf van die ANC

Die politieke onwil van die regering-van-die-dag om Hoofstuk 9-Instellinge van die Grondwet te rasionaliseer en daarmee miljoene Rand te spaar is duidelik.

Op 31 Julie 2007 het ‘n ad hoc-komitee van die parlement ‘n verslag van 265 bladsye oor die Hersiening van Hoofstuk 9 en geassosieerde instellinge die lig laat sien. Die verslag is teen 2009-11-18 nog nie ter tafel geneem nie. Intussen is nuwe kommissarisse by die Kommissies vir ‘n verdere termyn van 5 jaar aangestel. Die chaos duur voort!

‘n Wye aantal menseregte-instrumente maak deel uit van die 1993 en 1994 grondwette. Hierdie instellinge is in Hoofstuk 9 van die 1994 Grondwet vervat. Die doelwit van die instrumente is die volledige transformasie van die samelewing. Ook om grondwetlike regering in SA te versterk. Die instellinge sou onafhanklik van die regering funksioneer. Desondanks maak die betrokke Ministers aanbevelings aan die President en die President doen die aanstellings. Daar is dus duidelike politieke inmenging.

Tien jaar later besluit die regering dat ‘n veel-party ad hoc-komitee van die parlement die prestasies van die instellinge sou ondersoek. Die ad hoc Komitee moes vasstel of die uitkomste van die kommissies in verhouding is tot die finansiële insette.

Die volgende instellinge moes voorleggings maak en voor die ad hoc Komitee van die Parlement verskyn:

* Die Openbare Beskermer

* Die Menseregte-kommissie

* Die Nasionale Jeugkommissie

* Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuur-gemeenskappe

* Die Pan SA Taalraad

* Die Kommissie vir Geslagsgelykheid

* Die Ouditeur-generaal

* Die Finansiële en Fiskale Kommissie

* Die Verkiesingskommissie

* Die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid

* Die Staatsdiens-kommissie

Elkeen van bg. instellinge beskik oor ‘n presidensieel-aangestelde voorsitter en raad, asook ‘n hoofuitvoerende beampte, in terme van finansiële wetgewing en voorskrifte, asook ‘n eie administrasie.

Die algemene bevindinge van die ad hoc-Komitee is dat die begrotings deur een instelling in die parlement beoordeel moet word; dat die voorsitters van die Kommissies deur die instellings self aangewys word; dat daar uniforme kriteria gebruik word in die aanstelling van lede; dat ministers nie inspraak in aanstelling sal hê nie; en dat ‘n toesighoudende komitee by die Speaker gesetel sal wees en nie by portefeulje-komitees nie. Daar is ook bevind dat daar spanning en oorvleueling tussen die instellinge is en dat gesagslyne tussen die uitvoerende hoofde daarvan en die uitvoerende lede onduidelik is.

Aangesien daar elf instellinge ondersoek is en oor elkeen ‘n verslag uitgebring is, word slegs in hierdie artikel op die uitkomste van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Reg van Taal-, Godsdiens- en Kultuur-gemeenskappe gefokus. Die parlementêre verslag verklaar, onder meer, dat na vier jaar op daardie stadium in die bestaan van die 185 Kommissie:

* Dat die Kommissiewet, Wet 19 van 2002, nie verstaan is nie.

* Dat die werksverhouding tussen die voorsitter van die Kommissie en die kommissarisse nie uitgeklaar is nie en deur spanning gekenmerk word.

* Dat die gemeenskapsbegrip met betrekking tot gemeenskapsrade nie opgeklaar is nie.

* Dat die kriteria waaraan gemeenskapsinstellinge moet voldoen vir erkenning by die Kommissie nie geproklameer is nie.

* Dat te veel geld aan salarisse in verhouding tot die funksies van die Kommissie bestee word.

* Dat klagtes uit die burgerlike samelewing onvoldoende hanteer is.

By die skryf van hierdie artikel het ‘n verdere twee jaar verloop. ‘n Nuwe voorsitter en kommissarisse is sedert 1 Januarie 2009 aangestel. Dit wil voorkom asof kultuur-, godsdiens- en taal-instellinge – van ten minste uit die Afrikaanse taalgemeenskap – nie weet wat die Kommissie sedertdien doen nie.

Die onafwendbare konklusie waartoe geraak word is dat daar ‘n politieke onwil by die regering-van-die-dag is om die verslag van die ad hoc-Komitee van die parlement ter tafel te neem en die bevindinge te implementeer. Daar is ook ‘n laksheid om die Hoofstuk 9-instellinge sinvol te rasionaliseer, duplikasies uit te skakel en koördinasie te bewerkstellig. Sommige van die Kommissies, soos tewens die geval by die Kommissie vir Gemeenskapsregte, is hoofsaaklik indiensnemingsorganisasies, sonder behoorlike bestuur en uitkomste betreffende die bevordering en die beskerming van taal-, godsdiens- en kultuur-regte. Daar moet gevra word hoe die Kommissie meen om regte te bevorder en te beskerm as sodanige kultuur-, taal- en godsdiensregte na ses jaar van die bestaan daarvan nie by wyse van alternatiewe aktes – tot die individuele regte-akte van hoofstuk 2 van die grondwet – geformaliseer is nie. Kommissarisse sonder behoorlike kennis van grondwetlike regte en prosesse is aangestel en sonder diepgaande opleiding in openbare posisies geplaas, waarvoor hulle nie opgelei en doeltreffend is nie.

 

профессиональная гигиена полостиалександр лобановский класс

Waarom minag SA se maatskappye hul belangrikste teikenmarkte?

Ek sien onlangs op Kyknet ‘n advertensie vir MTN se uiters irriterende “Ayoba”-veldtog. ‘n Oorgewig blanke man staan langs ‘n swembad, met drillerige boude, geklee in ‘n deurtrekkertjie. Hy staan ‘n oliebol en eet. Sover ek weet, is kykNET veronderstel om ‘n Afrikaanse TV-kanaal te wees, maar die advertensie se Engelse kommentator lig ons in dat hierdie blanke man glad nie “ayoba” is nie. MTN kan dus nie eens die moeite doen om blankes in Afrikaans op kykNET te beledig nie. In die daaropvolgende toneel is daar slanke swartes wat jil, gil, dans en sing iewers in ‘n lokasie. Húlle, lui die Engelse stem, is sommer baie “ayoba.”

Boodskap: in die Nuwe!, Verbeterde! Suid-Afrika, is dit veel, veel “cooler” om swart te wees.

In ‘n vorige veldtog van MTN se mededinger, Vodacom, was daar ‘n reeks advertensies wat handel oor ‘n middeljarige blanke man by name George. George is onderbedeeld waar dit by verstandelike kapasiteit en kennis van die tegnologie kom. Hy verstaan onder andere nie wat Bluetooth sou wees nie. ‘n Jonger swart man moet George telkens korrigeer en die regte tegnologiese pad vir hom uitstip.

Boodskap: swartes se intelligensie en veral tegnologiese “hip”-geit oortref veral blanke, middeljarige mans s’n met ‘n faktor van drie.

Dit is verbysterend dat Suid-Afrikaanse maatskappye sulke minagting vir waarskynlik dié belangrikste deel van hul teikenmark het. Ek is oortuig daar gaan diegene wees wat meen mens moet sulke advertensies maar met ‘n tikkie humor opneem. Al is sulke advertensies egter veronderstel om humoristies te wees, is ek bereid om groot geld te verwed dat Vodacom en MTN dit nie sal waag om sulke grappe ten koste van swartes te maak nie. Sulke advertensies se stereotipiese humor is bykans altyd ten koste van slegs een groep, en ons almal weet wie die teikens is. Wees gerus humoristies, MTN en Vodacom, maar is julle humoristies genoeg om ook andere, en nie slegs sagte teikens soos blankes nie, aan te vat? Stellig nie.

Dit is byvoorbeeld ondenkbaar dat George ‘n middeljarige swarte sou wees met ‘n onlangse blanke gegradueerde in die rekenaarwetenskap wat hom telkens op komiese wyse sal korrigeer en van sy onkunde red. Dit sal ook beslis nie ‘n oorgewig swart vrou wees wat langs die swembad staan en ‘n vetterige hoender met haar vingers verslind nie, terwyl slanke en aantreklike blanke vrouens as veel meer “ayoba” voorgehou word, dáárvan kan mens seker wees.

Ek vra weer: Waarom hou MTN en Vodacom so min van ‘n belangrike deel van hul kliëntebasis? MTN is juis besig met personeelverminderings omdat sy inkomste besig is om te krimp. Moontlik sal dit help as hy sy minagting vir sy teikenmark sou heroorweeg.

Dis nie slegs Engelsgedomineerde maatskappye soos MTN wat veral blanke mans minag nie. KykNET, ‘n televisiekanaal in die Naspersstal wat per definisie op Afrikaners gemik is, maak op vreemde wyse geen geheim daarvan dat hy eintlik aspireer na ‘n kykerskorps wat meestal bruin is nie. KykNET hou klaarblyklik ook nie veel van sy eie teikenmark, Afrikaners soos ek, nie. Hy beledig my en elke ander kyker derhalwe met volslae gemors soos die swaksinnige “komedie” Ali Barber of met Emo Adams se monumenteel on-snaakse program “Jou show”, wat in ‘n soort kreoolse Engfrikaans aangebied word, ongetwyfeld tot Hein Willemse se groot genot. (Let op hoe die naam alreeds die Engelse woord “show” bevat.)

KykNET het boonop die vermetelheid om advertensies wat ek as blanke, middeljarige man beledigend vind, soos die MTN-advertensie hier heel bo genoem, in Engels te beeldsend. Die meerderheid intekenare van DSTV is stellig Afrikaners soos ek, maar klaarblyklik stem dit die eienaars van DSTV tot ongemak, en sou hulle wát wou gee dat ek eerder bruin moes wees, en verkieslik iemand wat Engels of dan hoogstens ‘n pidgin-Afrikaans moet praat.

Dieselfde geld waarskynlik vir beide MTN en Vodacom. Alhoewel hulle miljoene intekenare het, is die meeste van hierdie intekenare van die voorafbetaalde verskeidenheid, wat dan en wan R29 se lugtyd koop. Hierdie is tydelike, laewaardeklandisie. Laasgenoemde het duidelik geword toe beide MTN en Vodacom miljoene intekenare verloor het agv die RICA-wetgewing.

Ek verstout my weer eens om te raai dat die meerderheid van MTN en Vodacom se hoëwaardeklandisie juis ouens soos George en ek is – blankes wat maandelikse kontrakte het en pligsgetrou betaal. Weer eens: waarom vind beide maatskappye dit dan nodig om hul mees waardevolle kliënte so in die openbaar te minag?

Lees ook Anton Barnard se woernaal, SAmizdat.

виды насосного оборудованияАлександр Фильчаков прокурор

Die moderne armoede-vraagstuk aangespreek

Dit is duidelik dat die armoede-probleem die grootste enkele probleem is wat die toekoms van SA destabiliseer. Destabilisasie kan op die lange duur politieke opstande inhou. ‘n Politieke rewolusie kan ‘n diktatuur in die hand werk. Dit beteken ook fisiese onsekerheid: moord en doodslag en diefstal, ingevolge waarvan die armes van die rykes steel en in die proses moor en brand.

Die aanspreek van armoede vra ‘n swaar hand. Dit verg dikwels drastiese maatreëls wat binne ‘n demokrasie kontra-produktiewe politieke en staatkundige gevolge inhou. Daar is altyd ‘n politikus en party wat teer en floreer op die griewe van die kiesers. Die een se politieke brood is die ander se uittree-dood. Derhalwe is die probleem wesenlik onoplosbaar, die politieke oogmerke en beloftes ten spyt.

Die oorsake van swart armoede moet gesoek word in die ontembare bevolkingsontploffing. Gesinsbeplanning soos in die Westerse wêreld is onbekend. Dikwels is dit die blinde noodlot en onbeteuelde drange wat tot groot gesinne ly. Inkomste en fatalisme word nie met vermoëns en beplanning uitgebalanseer nie. Van die belangrikste redes in die plofbare bevolkingsgroei in SA is:

* Die reg op vrye vestiging vanaf die landelike gebiede na die stedelike ruimtes volgens eie onbelemmerde keuse, dikwels sonder werk of vooruitsig op behoorlike huisvesting.

* Die onder-ontwikkelde stamgebiede in die voormalige etniese nasionale state.

* Oorgrens-bevolkingsverskuiwings uit buurlande soos Zimbabwe en andere.

* Arbeidswetgewing wat produktiewe boere noodsaak om te meganiseer en dus om van hulle werkers ontslae te raak.

* Die beloning van buite-egtelike geboortes met staatsubsidies.

Die arm-blanke-vraagstuk is egter vanweë geringe getalsterktes eiesoortig. Dat die klem na 1993 in die opheffing van die armes – weg van die blankes na die swartes – verskuif het, is waarskynlik ‘n belangrike faktor. Daarmee tesame het politieke werkreservering ten bate van die swartes en tot nadeel van wittes ‘n belangrike inset gemaak. Dat lae opvoedingspeile en seker ook genetiese armoede in ‘n mindere of meerdere mate medebepalend is, kan nie buite rekening gelaat word nie.

Die onmag van die demokrasie is dat maatreëls ter bekamping van armoede onpopulêr is en dikwels tot ‘n politieke omruiling van die mag, ten gunste van die armes in ‘n sosialistiese mag-staat kan degenereer. Maar met ‘n politieke wil en ystervuis kan die swart armoede-probleem hok geslaan word. Dit sluit in:

* Sluiting van die grense om buitelanders uit te hou.

* Terugwenteling van swart gesinne uit die etniese state na hulle state van oorsprong.

* Ordelike verstedeliking gepaardgaande met gekwalifiseerde verblyfreg in stedelike gebiede met die voorvereiste van ‘n vate adres en werk.

* Terugbring van lyf- en doodstraf vir ernstige oortredings.

* Herinstelling van stamowerhede en erkenning van die leierskap van tradisionele owerhede.

* Intrekking van minimumlone en bevordering van volle indiensneming.

* Welsynstoelae vir die armes en ellendiges maar dan met gepaardgaande dienslewering (opruiming van villus in swart woongebiede, vee van strate, ens.).

* Instandhouding van openbare tuine en parke.

* Herintegrasie van swartes in die landbou, veral in die etniese state.

* Grensnywerheidsontwikkeling rondom die swart etniese stamgebiede.

* Stimulering van tuisnywerhede.

Die blanke-armoede-probleem verg egter ‘n totaal andersoortige strategie. Hierdie voorgestelde strategie kan alreeds nou en veral onder die harde hand van swart regerings ingestel word. Dit behels:

* Vervang armblanke verstedeliking met blanke verlandeliking. Die oproep moet wees: trek julle wortels in die stede op en vestig julle op die platteland!

* Indiensneming van armblankes op plase en boerderye deur vermoënde boere.

* Die daarstelling van volkseie skole, veral op primêre onderwysvlakke.

* ‘n Klemverskuiwing vanaf akademiese onderrig na vakmansopleiding en handewerk.

Dit is nie so lank gelede nie dat armblankes vir meer welvarende blankes op plase as werknemers en selfs bywoners gewerk het. Die kinders op die omliggende plase is in plaasskole onderrig. Dikwels van graad 1 tot standerd 4. Die adel van ‘n volk kom nie noodwendig uit die rykes en slimmes nie, maar ook uit mense wat na aan die natuur leef. Deur in grond te vroetel is daar terapie. Armoede is nie armoede as daar ‘n koei of twee te melk is, as hoenders hulle eiers vir die tafel le en as vars groente uit die klam grond getrek en voorberei word.

Die slotsom waartoe gekom word is dat daar weinig aan die swart armoede-vraagstuk gedoen kan word. Diegene wat te bang is om in te gryp en die natuur sy gang laat gaan, sal vind dat hierdie fatalisme sy eie oplossings bied. Oplossings van toenemende werkloosheid, voedseltekort en siektes. Daar is wel iets aan die blanke armoede-probleem te doen. Die vraag is of die Afrikaners die moed en daadkrag het om die probleem by die horings te pak en aan te spreek. Onthou: ‘n volk red homself!

районная стоматологическая поликлиникаФильчаков прокурор отзывы

Breek die regte mure af!

Die herdenking van die val van die Berlynse Muur 20 jaar gelede het vele liberale met jubeling laat terugdink aan die val van die apartheidsmure, ook so 20 jaar gelede.

Die twee gebeurtenisse word aan mekaar gekoppel as sou die “bevryding” van die swart “verdruktes” en die instelling van ’n demokraties verkose regering in Suid-Afrika ’n wonderwerk wees op die skaal van die bevryding van die Oosbloklande en die beëindiging van die Koue Oorlog.

Ja, die Kommunisme is dood, lank lewe die Kommunisme in Suid-Afrika!

“Die gebeure in Berlyn, die einde van die Koue Oorlog en die koms van die Nuwe Suid-Afrika is onlosmaaklik verbind,” skryf Willem Pretorius in ’n middelbladartikel in Die Burger van 14 November 2009. Hy verwys na ’n peiling in Duitsland waarvolgens 12 persent van die respondente wens dinge het nooit verander nie. Mnr. Pretorius reken ’n mens kan met taamlike sekerheid aanneem dat die persentasie mense met ’n soortgelyke versugting baie hoër in Suid-Afrika sal wees.

“Dit bring die vraag na vore wat in ’n groep moet gebeur om ’n kritieke massa te vorm sodat die skaal na die ander kant oorhel. Wat is nodig sodat die Afrikaanse kwessies waarna Krog verwys [Antjie Krog se onlangse toespraak by die Goethe-Instituut in Johannesburg] bygelê kan word sodat ons vrede met die verlede kan maak, ophou met mekaar baklei en na ’n gesamentlike toekoms met die res van Suid-Afrika kan streef?”

Dus, wat is nodig om die “muur” in die Afrikaanse kop wat volwaardige toelating tot die Nuwe Suid-Afrika bemoeilik, te laat val?

Is dit nie erg retoriese vrae nie? Is die antwoorde nie vanselfsprekend nie? Is ’n mens nie al dodelik moeg vir dié vingerwysing na die Afrikaner (of Afrikaanse, in die politiek korrekte terminologie van mnr. Pretorius) as sou hy die vark in die verhaal wees nie?

In net in één koerant, Rapport van 15 November 2009, vind ek met ‘n vinnige deurlees meer as 20 redes waarom die meeste blankes, en seker ’n groot gros swartes, hulle vervreemd voel van die utopie van ’n vry en demokraties bemagtigde Suid-Afrika:

  • Die Franse bars uit van die lag toe die rasta-sanger Ras Dumisani die Suid-Afrikaanse volkslied by die Springbok-rugbytoets in Toulouse, Frankryk, opmors. Die Franse sê die Suid-Afrikaanse ambassade in Parys het Dumisani aangewys om die volkslied te sing; die ambassade ontken dit.
  • ’n Jong vrou is op die N2 by Chatsworth deur motorkapers van die brug oor die Umkomaasrivier gestamp (bl. 2). Sy het 60 m ver geval, in vlak water geland, is erg beseer en het ure gedryf voor sy gered is.
  • Jacob Maroga vaar uit teen “wit toesighouding” nadat ’n blanke konsultant hom in ’n verslag gewaarsku het oor die komende energiekrisis.
  • Prof. Jonathan Jansen vertel aan die Kaapse Persklub dat Julius Malema eintlik baie slim is (bl. 2).
  • ’n Ondersoek deur Rapport dui op ’n kultuur van skietlustigheid, misdadigheid en menseregtevergrype onder die polisie.
  • Eise teen die polisie beloop R7,5 miljard – met dié bedrag kan die salarisse van 75 000 bykomende polisielede betaal word.
  • Minstens 568 mense is in die jaar tot April 2009 deur die polisie doodgeskiet en nog 44 mense is in 2008/2009 dood in ongelukke met polisievoertuie. Sedert 1997 het die polisie al minstens 4 681 mense doodgeskiet. ’n Beduidende getal van die “verdagtes” wat doodgeskiet is, was nie wie die polisie gedink het hulle is nie.
  • Die polisie op Alberton sien die middeljarige blanke egpaar Jan en Millie Kotzé aan vir rowers en skiet 30 skote op hul motor (bl. 4). Albei word ernstig gewond. Blykbaar het die verwarring ontstaan omdat betroubare statistiek daarop dui dat die oorgrote meerderheid rowers moorddadige middeljarige blanke egpare is.
  • In Rustenburg verkrag vier polisielede na bewering ’n vrou in polisieselle nadat haar gewese verloofde haar weens diefstal aangekla het (bl. 4). “Ek is nie meer mens nie,” sê sy.
  • By die Wierdabrug-polisiekantoor word ’n driejarige kind 14 uur lank in ’n sel aangehou saam met sy pa, wat van verkragting verdink word. Die kind kry na bewering vir tien uur geen kos nie (bl. 4).
  • In Midrand word ’n vrou en haar 23 maande oue baba ses uur aangehou nadat sy weens ’n spoedoortreding vasgetrek is (bl. 5).
  • In Kemptonpark verkrag twee polisielede in uniform na bewering die 29-jarige mev. Martie Olivier, ma van drie jong kinders (bl. 5).
  • Twee polisiemanne, glo dronk, skiet ’n straatverkoper in Pretoria dood tydens ’n rusie omdat hulle nie vir hul kos wou betaal nie (bl. 5).
  • Die polisie soek na ’n moordenaar, begin sonder waarskuwing vanuit ’n ongemerkte voertuig op ’n geparkeerde voertuig skiet en tref ’n driejarige swart kind in die bors (bl. 5). Die kind se oom wat by hom in die motor was, is in hegtenis geneem, maar ’n paar uur later vrygelaat. Die kind se pa sit drie dae in die tronk en word dan vrygelaat sonder om aangekla te word. Die polisie bied geen verskoning aan die verpletterde ouers nie.
  • ’n Regskenner beveel aan dat jy moet glimlag, glimlag, glimlag as die polisie jou gryp (bl. 5).
  • ’n Chaos heers in die nuwe ministerie van vroue, kinders, jeug en mense met gestremdhede (bl. 15). Min. Noluthando Mayende-Sibaya word beskuldig van onbevoegdheid en besluiteloosheid. Die grootste deel van die departement se begroting van R23 miljoen word glo aan salarisse bestee.
  • Onbetaalde skoolgeld word toenemend ’n kopseer vir skole.
  • Die regering wil die naam van Nelspruit, hoofstad van Mpumalanga, verander na Mbombela (bl. 17).
  • Rook is nou een van die grootste misdade in Suid-Afrika. Jy kan ’n boete van R100 000 opgelê word as jy lekkergoed verkoop wat lyk soos sigarette of pype.
  • Jacob Rooi vra in sy rubriek Die ander kant of die doodstraf nie-amptelik terug is. Hy wys daarop dat Fikile Mbalula verlede Maart as leier van die ANC-jeugliga hom sterk uitgespreek het teen die herinstelling van die doodstraf. Op 12 November 2009 het hy as nuwe adjunkminister van polisie in ’n toespraak voor die parlementêre persgalery gesê: “Ons hou by ons uitspraak: Skiet die wetters!” Hy meen ook dis aanvaarbaar en “onvermydelik” as onskuldige mense in kruisvuur doodgeskiet word.
  • Pollux (bl. 21) vertel van ’n landboukenner wat politici ingelig het oor geneties aangepaste landbouprodukte. ’n ANC-LP hou aan om hom daarvan te beskuldig dat dit geneties gemanipuleerde kos is wat swart vroue deesdae so swaar in die onderlyf maak. Kitskos het volgens haar niks daarmee te doen nie.
  • ’n Leser, Rémi van Rooyen van Port Elizabeth, skryf op die Brieweblad (bl. 23) dat as jy die SA Inkomstediens se tolvrye nommer bel, ’n blikstem jou taalvoorkeur vra. Ná ’n rukkie kom die antwoord: Daar is nie ’n Afrikaanse diens beskikbaar nie.
  • ’n Leser, Pienkes du Plessis, wys in ’n brief (bl. 23) daarop dat die stelling in die vorige week se hoofartikel dat “net sowat 50% van ons leerlinge ’n matriekkwalifikasie verwerf” verkeerd is. In werklikheid is dit net 23%. Van die 1 558 600 leerlinge wat in 1996 skool toe is, skryf 550 000 in 2007 matriek en net 359 300 slaag.

Sou bogenoemde dalk ’n effense aanduiding vir mnr. Pretorius & Kie. wees waarom die Afrikaner hom nie hart en siel by die Nuwe Suid-Afrika tuis voel nie?

Waarom blaf mnr. Pretorius & Kie. gedurig by die heining van die Afrikaner? Waarom betoog hulle nie by die regte adres, breek híér die mure van vooroordeel, rassehaat, diskriminasie, laertrek, skuldverplasing, ensovoorts af nie?

As ’n mens die stories moet glo oor die reuse-aanhang van Julius Caesar Malema, die grootste aanstoker van rassehaat in die land – volgens gerugte sal hy Zuma ontsetel as ’n verkiesing vandag gehou word – wil ’n mens by die Afrikanerhatende artikelskrywers van Nasionale Pers smeek: Asseblief, span elke greintjie energie en oortuigingsvermoë van jul skrywerspenne in om ’n kritieke massa onder die swartmense te vorm sodat die skaal betyds kan swaai om ’n bloedbad te voorkom.

Waarom gedurig die klein – getallewys eintlik niksbeduidende – groep Afrikaners voor stok kry? Mnr. Pretorius hamer weer daarop: “Die heel eerste stap is sekerlik om die verlede vierkant in die oë te kyk, ophou om ander te blameer en gesamentlik werk daarvan te maak om die foute van die verlede te herstel.”

Presies watter verskil gaan dit aan die huidige landstoestande doen? Hoe gaan dit geweldsmisdade verminder? Hoe gaan dit die Afrikaner – alle blankes – volle toegang tot die land se ekonomie en politiek gee? Watter verskil gaan dit aan die muishondstatus van Afrikaans maak?

Hierdie gehamer op die “skuld” van die Afrikaner en sy “foute” van die verlede, die verwyte dat hy hom onttrek, dat hy niks met die belofteryke Reënboogland te doen wil hê nie, dat hy aandring op ’n eie staat waar ordelikheid en rede weer seëvier … myns insiens is dit maar ’n bedekte manier om te erken: Kyk, sonder julle is hierdie land verlore. Dóén iets!

Maar geen enkele praktiese voorstel uit die monde van die liberale koerantfilosowe en Afrikaner-afkrakers oor presies wát die Afrikaner moet doen nie … behalwe nou om aanhoudend voete te was, sy bek te hou en sy taal te laat vertrap en verguis.

’n Mens wonder of hierdie mense besef dat die Afrikaners en ander blankes wel nog die land aan die gang hou, op derduisende sigbare en onsigbare maniere: deur swartes en bruines uit barmhartigheid in diens te neem of in diens te hou, selfs al kan hul dienste nie meer bekostig word nie; deur aan te bly in staatsdiensposte en te sorg dat dinge nog min of meer vlot, al is die werkomstandighede hóé onaangenaam en/of gevaarlik; deur sake-ondernemings te begin en aan die gang te hou en mense in diens te neem ondanks alle struikelblokke wat deur die regering in hul pad gewerp word; deur sopkombuise, uitreikingsaksies, opheffingsprojekte en geletterdsheidskursusse vir veral bruines en swartes; deur eerlik en hoopvol voort te gaan om die staat te betaal wat hom nie toekom nie: inkomstebelasting, BTW, munisipale gelde vir dienste wat glad nie of power gelewer word; deur in te gryp in haglike omstandighede waar munisipaliteite geen dienste meer lewer nie en self gate in paaie vul, waterpompe regmaak sodat daar drinkwater is, drinkwater aanry, damme skoonmaak, vullis verwyder … ook tot voordeel van die swart inwoners, wat merkwaardige inisiatief aan die dag lê deur te toi-toi, klippe te gooi en af te brand.

Wat van al die brugbou-inisiatiewe van Solidariteit, wat alle kleure werkers verteenwoordig en voortdurend bereid is tot gesprekvoering met die regering? Wat van die stille diplomasie van Pieter Mulder van die VF+? Wat van al die Afrikaner-organisasies en hoogaangeskrewe Afrikaner-individue, van boere tot sakemanne tot taalorganisasies, wat maar te gretig is om met die regering te praat en uit te reik na swartes?

Wie onder die Afrikaners, of blankes in die algemeen, stook soveel rassehaat soos Malema en sy kaders in die ANC-Jeugliga; soos Jonathan Jansen en sy bruin Afrikaanshatende kollegas; soos die kaders in die Black Management Forum en die Young Communist League; soos feitlik elke swart burokraat in ’n bestuurspos? Met elke haatlike uitlating vervreem hulle die Afrikaners nog meer, bou hulle die mure van erger as ooit apart-hate tussen wit en swart nog hoër op.

Op die hoofartikelblad reg langs mnr. Pretorius se artikel skilder Dawie ’n donker prentjie oor hoe Suid-Afrika ná die jubelinge van 1994 agteruitgegaan het. Wie se skuld is dit? Die Afrikaner wat halsstarrig weier om die “apartheidsmure” in sy kop af te breek en volwaardig deel van die Nuwe Suid-Afrika te word?

Nee, Dawie maak hom, tipies Afrikaner, skuldig aan blaamverplasing. Hy glo dis die regering se skuld: “Dit is die skuld van ’n president wat nie kragtige leiding kan gee nie. Van ’n regering wat nie die onderwys behoorlik kan regruk, korrupsie in eie geledere kan hokslaan of vir doeltreffende plaaslike regering kan sorg nie.”

Hy eindig sy rubriek met die woorde: “Dit is nog nie te laat nie. Maar nes ’n vis van sy kop af vrot, is dit die kop wat vir ’n gesonde liggaam moet sorg. Daardie kop is pres. Jacob Zuma en sy regering. Vandaar Dawie se oproep vandag: Asseblief, mense, begin eindelik volgens beproefde beginsels regéér!”

Is die “mense” aan wie Dawie hierdie pleidooi rig, die koerantlesers? Sou dit die rassistiese en onbetrokke Afrikaners met die mure in die koppe wees?

’n Mens wonder waarom hierdie stuk van Dawie in Die Burger verskyn. Watter nut het dit nou eintlik, behalwe dat dit ’n Afrikaner soos ek nog net méér woedend en wantrouig teenoor die ANC-regime maak, nóg minder lus vir die paradys van die Nuwe Suid-Afrika?

Wie in die ANC wat enige sê oor beleid het, lees Die Burger? Wie steur hom hoegenaamd daaraan? Het ’n vertaalde weergawe van die stuk in ’n paar swart koerante verskyn? Op Jacob Zuma se lessenaar beland? Wroeg hy en die NUK daaroor?

Om terug te keer na die holruggeryde vergelyking tussen die val van die Berlynse Muur en die val van apartheid:

  • Waarom moes die Weermag Suid-Afrika se grense tydens die apartheidsjare patrolleer om swartmense van Afrika UIT die land te hou? Waarom het hulle hul eie vry lande, bestuur deur hul eie mense, bevry van die juk van die blanke baas, verlaat? Waarom wou hulle hul met mag en mening onderwerp aan die verskriklike lot van hul swart broers en susters in Suid-Afrika?
  • Is enige mens – wit, swart, bruin, Chinees, Indiër – belet om die land te verlaat, om te emigreer, om ’n beter toekoms elders in die bevryde Afrika of die wêreld te gaan soek soos dit die geval in die Oosbloklande was?
  • Hoe is dit dat Suid-Afrika se ekonomie, tegnologie, landbou, infrastruktuur, onderwys, hospitale – noem maar op – gegroei en gedy het onder apartheid in teenstelling met dié van die Oosbloklande? Ons polisiemag (ja, dit wás geïntegreerd, maar mét meriete) en Weermag kon met die beste ter wêreld vergelyk word.
  • Hoekom het Suid-Afrika sedert die val van apartheid teruggesak in 16 van 20 internasionale indekse?
  • Waarom is soveel minder mense tydens die verdrukkende apartheidsjare in polisiegeweldpleging dood as vandag onder die vry en demokraties verkose swart regering?

Vryheid is ’n onding, ’n monsteragtige, aftakelende mag as mense nie die innerlike dissipline het om dit te hanteer nie. Is die swartmense vandag beter daaraan toe as tydens die diskriminasie en onvryheid van afsonderlike ontwikkeling? Wat beteken ’n stem as jy geen werk het nie, geen kos of huisvesting, as jou lewe voortdurend in gevaar is, as die “leiers” wat jy verkies het en wat jou moet dien, jou besteel, bedrieg en ontmagtig, en jou land in die ellende dompel?

Hoe erg was blanke “verdrukking” teen die verwoesting van 15 jaar van swart vryheid? En dis nog maar 15 jaar …

Dít wat vandag in Suid-Afrika gebeur, wat ons aan eie lyf voel, wat ons elke dag sien en hoor en lees, wat ons getraumatiseerd, bevrees, verdeeld, hatig en dislojaal maak – dít wat ’n beskaafde mens mure laat bou teen barbaarsheid en gekheid – dít is die kwessies waarmee mnr. Pretorius & Kie. hulle moet bemoei.

Die stelselmatige uitmoor van die blankes in Suid-Afrika, met die stilswyende goedkeuring van die ANC-regime en sy vennote, ja, dít is ’n misdaad teen die mensdom, dít moet wêreldwye protes en agitasie uitlok, sanksies tot gevolg hê.

Dít is wat mnr. Pretorius & Kie. onophoudelik op elke forum moet laat skuimbek.

лепнина из гипса на заказдепутат лобановский

Transformasie bevorder rassisme

Johann WingardVanweë ons lang geskiedenis van konflik kan dit nie ontken word dat diep gewortelde spannings tussen Suid-Afrika se volksgroepe steeds heers en vir baie dekades nog sal heers nie. Daardie spannings heers reeds vir tweehonderd jaar en dateer terug na die eerse Xhosa-oorlog in 1811, waarna nog agt volwaardige oorloë in die Ooskaap gevolg het, die laaste in 1879. Die ANC-regering probeer nou om die inherente psige van sy landsburgers deur hardhandige maatreëls te onderdruk deur rassisme te kriminaliseer en as die grootste sosiale sonde te verhef – selfs groter as gewapende roof en verkragting.

Tydens en ná die Groot Trek is die Oosgrensoorloë opgevolg deur oorloë tussen Boere en Zoeloes en tussen die Boere en Basotho’s, die Matabeles asook onderlinge gevegte tussen die verskillende swart stamme. Net toe dit lyk of mense in vrede begin saamleef, kom die Britte met hul oorloë teen die Zoeloes en die Boererepublieke, wat die hele spul weer beduiwel het. Al hierdie oorloë was gewelddadig, en die vrouens en kinders is nooit gespaar nie. Dit het gepaardgegaan met haat, wrewel en wantroue tussen volksgroepe wat as rassisme en xenofobie manifisteer en wat in die bloed van die land se burgers ingekruip het.

Diepgaande haat en vooroordele het deel van mense se psige geword. Dit is van geslag tot geslag oorgedra. Swartes het die Boere gehaat en andersom. Niemand het die Engelse vertrou nie. Zoeloes het neergesien op die Sjangaans en die Xhosas is as die opperste skelms uitgekryt. Die arme Boesmans is tot die sandduine verban. Sedert 1994 het Zimbabwiërs, Nigeriërs, Mosambiekers en Somaliërs die teiken van vreemdelingehaat in die groot stede geword, wat selfs tot gewelddadige opstande gelei het.

Die grensoorlog in Angola en SWA is deur baie swartmense as hul vryheidstryd beskou, terwyl die blankes dit as ‘n stryd teen die kommunisme gesien het. Dit het die antagonisme tussen volksgroepe verder verhoog.

Hierdie bloedige konflikte is deur sosioloë as ‘n beskawingskonflik beskryf wat nooit tot ‘n einde sal kom nie. Dit was nog altyd in inheemse stamme se aard om mekaar se weiding en vee te roof. Paraatheid was die enigste werkbare strategie om die plundertogte aan bande te lê – baie soos Israel en die Palestyne wat dieselfde grondgebied moet deel.

Maar ná 1994 is Afrikaners se paraatheidsvermoëns drasties ingekort. Die beskermingsdienste is getransformeer, die kommandostelsel is afgeskaf en wapenwetgewing toegepas om burgers te ontwapen. Sedertdien het terreur weer losgebars en duur onverpoosd voort, wat weer ‘n nuwe antagonisme tussen wit en swart laat opvlam het. Afrikaners voer daagliks ‘n oorlewingstryd teen bendes wat roof, moor en verkrag, presies soos in die Ooskaap van vroeër. Armoede, werkloosheid en misdaad word bygesleep om die swart-op-wit en swart-op-swart geweld te verduidelik, maar daar word geswyg oor ander Afrikalande waar groter werkloosheid en armoede bestaan.

Eenrigtingrassisme het ‘n gerieflike politieke begrip geword. Volgens die meeste swartmense kan rassisme per definisie slegs wit-op-swart wees, omdat swartes “nooit meerderwaardig teenoor wittes sal voel nie”. Die rassesolidariteit tussen swartmense is veral treffend wanneer ‘n swart bestuurder weens onbekwaamheid afgedank word. Hiervoor word die swart bestuursforum (BMF) ingespan met die wete dat iets soos ‘n wit bestuursforum polities onbestaanbaar is. Gelukkig word Solidariteit en Afriforum se bestaan nie bevraagteken nie en kan hulle daardie rol vervul en doen hulle dit ook wel deeglik.

Nou hoe gemaak in ‘n demokratiese land met sy veelgeroemde liberale grondwet?

Teen die agtergrond van die land se geskiedenis is dit gou duidelik dat ‘n totale gebrek aan insig tydens die opstel van die grondwet geopenbaar is. Daar is eenvoudig nooit rekening gehou met die werklikheid van die kultuurklowe tussen landsburgers nie.

Sport en die ekonomie is twee middelpuntsoekende kragte wat die samelewing bestaande uit alle rassegroepe probeer saambind, en dikwels daarin slaag om ‘n mate van samehorigheid te bewerkstellig. Maar dan word die goeie uitwerking daarvan vernietig deur politieke inmenging soos kwotas, rasseteikens en ander ideologiese kwessies soos transformasie.

Vir veral Afrikaners is integriteit die hoeksteen van hul sportondersteuning – integriteit by die kies van spanne, afrigters en administrateurs. Afrikaners sal dikwels ‘n swart krieketspeler soos Loots Bosman verkies bo byvoorbeeld ‘n sukkelende Albie Morkel sodat plek gemaak kan word vir nog ‘n bouler soos Abdullah Ebrahim. Dit gaan dus nie oor ras nie, maar oor gehalte-integriteit om die teenstaanders te kan oorrompel.

Rassisme kom tot uiting waar historiese vooroordele en gedragspatrone tussen rassegroepe opduik as een groep sy wil op die ander wil afdwing. Die antagonisme tussen groepe, wat inherent in die emosionele samestelling van die meeste swartmense en Afrikaners bestaan, lê baie naby aan die oppervlak van hul psiges. Tydens politieke gesprekke tussen groepe kom hierdie antagonisme tot uiting – lees gerus die woernaalgesprekke op die internet, waar die suiwerste vorm van rassisme tussen wit en swart daagliks plaasvind.

Die enigste oplossing om sulke uitings van rassisme te verhoed, is dat een rassegroep nie sy wil op die ander sal afdwing nie. Solank transformasie, SEB, regstellende aksie en kwotas landsbeleid is, sal rassisme dus die onvermydelike uitvloeisel daarvan wees. Die hele beleidsraamwerk, waarvoor geen juridiese fundering bestaan nie, plaas die fokus op rasseverskille en voorkom enige vorm van versoening.

Die kriminalisering van rassisme is dus ‘n vorm van magsmisbruik omdat dit ‘n onregmatige vorm van onderdrukking van normale menslike emosies verteenwoordig.

потолочный светильникДанильченко Юрий Брониславович

Regstellende aksie in die spervuur

Regstellende aksie se Engelse naam, affirmative action, kan waarskynlik naatloos toegepas word wanneer dit ingespan word waarvoor dit bedoel is – die beskerming van minderheidsregte. Dan maak dit immers deel uit van ‘n belangrike volkeregtelike beginsel, naamlik die beskerming van minderhede wat in ‘n gewone een-mens-een-stem-stelsel aan die kortste end sou trek.

Die beskerming van minderheidsregte en selfs die toestaan van selfbeskikking en wisselende vlakke van outonomie word in die meeste moderne grondwette erken. Dit word onder meer in die Europese Unie se grondwet vasgelê wat Turkye, wat graag lid wil word, reeds gedwing het om verreikende toegewings aan die Koerdiese minderheid te maak. Die Baske wat onder Franco se bewind erg onderdruk is, geniet in die moderne Spaanse staat aansienlike outonomie, terwyl Brittanje die Skotse en Walliese parlemente heringestel het.

Indië, op wie se grondwet Suid-Afrika s’n grootliks geskoei is, erken verskeie staatkundige minderheidsbelange, soos ‘n aantal gereserveerde setels in die nasionale parlement vir die voor-Indiese inboorlingbevolking. Nieu-Seeland het weer ‘n Maori-kongres, in die handel en wandel bekend as die Maori-parlement.

Tog doen die staatkundige outonomie nie genoeg om werkplekdiskriminasie teen te werk nie. Maatreëls om hierdie skeeftrek teen te werk word dan in die grondwet ondervang, en in veral arbeidswetgewing uitgespel.

Juis omdat dit in die Suid-Afrikaanse grondwet gegrondves is – weliswaar as beperkende kwalifisering van die hoofbeginsel dat nie op grond van ras, etnisiteit, geslag en vele meer onbillik teen iemand gediskrimineer mag word nie – moet Suid-Afrika ingevolge die grondwet self sy oog op verwikkelinge in die buiteland hou. Die buitelandse regspraak wat in die oog gehou moet word, word volgens die grondwet nie beperk tot lande met ‘n Romeins-Hollandse regstelsel nie en die arbeidsreg in Suid-Afrika neem juis vele presedente vir uitleg uit die Engelse reg.

In die VSA, wat ‘n hibride vorm van die Romeins-Hollandse reg handhaaf, was daar vroeër vanjaar ‘n insiggewende regstellendeaksie-uitspraak in die hoogste hof. Dit het in wese daarop neergekom dat standaarde – in daardie geval by ‘n brandweerstasie – nie verslap mag word ter wille van raskwotas nie. Noodsaaklike dienslewering op die vereiste standaard tel meer.

In Suid-Afrika, waar regstellende aksie ontwerp is om die meerderheid te bevoordeel, sou dit onverantwoordelik wees om die terminologie, affirmative action te gebruik omdat dit nepotisme of rasnepotisme in die hand kan werk.

Buitendien sluit die Suid-Afrikaanse arbeidsreg slegs nie-gestremde blanke mans van regstellende aksie uit.

In die geval wat nou deur Solidariteit hof toe geneem word, is ‘n blanke polisievrou bevordering geweier, terwyl arbeidswetgewing hierdie kategorie mense juis onder die bevoordeeldes van regstellende aksie uitlig. Die SAPD verweer hom op sy kwotabeleid. Geen wonder nie dat grondwetkenners soos Cachalia, Davis en ander verkies om ook in Engels na corrective action eerder as affirmative action te verwys.

Word egter na die grondwet self teruggegaan, is dit duidelik dat die grondslag vir regstellende aksie nie primêr kwotas, en allermins raskwotas, in die oog het nie, maar alle individue teen wie daar in die verlede onbillik gediskrimineer is. Hier is ‘n grys area. Sedert 1994 – en eintlik in afwagting op die nuwe bedeling toe poste voor 1994 bevries is – is reeds teen blanke mans gediskrimineer.

In watter stadium sou daar dan aangevoer kan word is daar in die verlede, dws sedert 1994, onbillik teen hulle gediskrimineer?

Regstellende aksie, en veral affrimative action, is ontwerp om minderhede te beskerm; en selfs daar moet die regstoepassing gereeld in die howe hersien word.

Dit is nie ontwerp om ‘n meerderheid te bevoordeel nie, en lei tot talle ooglopende onbillikhede, in ooglopende teenstelling met die veronderstelde grondslag van natuurlike geregtigheid van die Suid-Afrikaanse regstelsel. In die huidige toepassing ontstaan die absurde situasie dat die kind van ‘n swart magnaat wat die beste privaat skole en die beste universiteite kon bywoon, steeds weens vermeende onbillike diskriminasie in die verlede voor ‘n wit kinderhuisseun wat deur deeltydse studies sy kwalifikasie behaal het, bevoordeel moet word. Teen dié agtergrond was die uitspraak voor ‘n bruin gehoor van Tokyo Sexwale, ‘n magnaat, dat hy sy bruin kinders ook nog die voordeel van affirmative action wil laat trek, uiters ongelukkig. Dit was egter as stemwerwery vir die betrokke gehoor bedoel.

Dit is egter noodsaaklik dat begin word met regsopruiming en Solidariteit se huidige regsaksies is van die uiterste belang.

справку 046-1александр лобановский харьков

Berlyn, ‘n les vir Suid-Afrika

Dit is ‘n skokkende twintig jaar wat verby is, toe die Berlynse skandmuur spreekwoordelik geval het. So gaan die jare ongemerk verby! Stadig maar onverbiddelik.

Dit moet onthou word dat die 160 kilometer Berlynse muur van skande nie daar was om die kapitalistiese Wes-Duitsers uit te hou nie, maar om die gevangene burgers van die kommunistiese DDR in te hou. Insgelyks moet geboekstaaf word dat die muur nie geval het omdat die keiharde kommunistiese ideologie verkrummel het nie, maar juis omdat die ideologie van die kommunisme die toets om welvaart vir die bevolking te skep, miserabel gedruip het.

Enige ideologie wat ‘n greep op die vryheid en denke van ‘n beskaafde gemeenskap het, kan net bly staan as sodanige dogma sigbare welvaart, ekonomiese voorspoed en persoonsvryheid as uitkoms het. Wat dus vir die kommunistiese ideologie geld, geld ipso facto vir die ideologie van die huidige Suid-Afrikaanse politieke “teologie”. As welvaart ingeboet word, sal die huidige regime val. So seker soos die afbraak van die Berlynse muur.

Om die impak van Berlyn op die wêreldpolitiek te verstaan, moet goed onthou word dat Oos-Berlyn die spog-stad van die kommunistiese wêreld in die algemeen en van die Duits-Demokratiese Republiek (DDR) in die besonder was.

Dit moet Westerse politieke kortsigtigheid ten laste gelê word dat Duitsland na afloop van die Tweede Wêreldoorlog – soos die spreekwoordelike kleed van smarte van die gekruisigde Jesus – onder die alliansievennote geografies opgeveil en verdeel is. Die Unie van Sosialistiese Sowjet Republieke (USSR) het met Oos-Duitsland weggestap en hulle rug op die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en Frankryk gedraai. Dit was die begin van die Koue Oorlog tussen Oos en Wes.

Die politieke etiek van lieg en bedrieg was eie aan die kommunistiese ideologie. So is die Duitsers vir geslagte lank daarvan beskuldig dat dit die Nazi’s was wat vyftienduisend Poolse offisiere vermoor het. Na die val van die USSR het dit geblyk dat dit Stalin se Bolsjewieke was. Iemand het daardie tyd geskryf dat ‘n kommunis vertrou kan word om ‘n kommunis te wees – verder niks! Daar is geen kollektiewe gewete nie, net propaganda.

Die USSR het die Duits-Demokratiese Republiek tot stand gebring: ‘n kommunistiese staat wat deur Duitse kommuniste onder toesig van die USSR regeer sou word. Die USSR het ‘n propaganda-strategie rondom die DDR ontplooi, wat waarskynlik iets met die briljante Duitse mentaliteit en vindingrykheid te make gehad het. Belangrik is dat die Duitse “volke” reeds in die eerste eeu van die opkoms van die Christendom ‘n reputasie vir tegnologiese innovasies, politieke vindingrykheid en welvaart gehad het. Potsdam, die hoofstad van die Brandenburg-provinsie, het bv. min of meer hier rondom 1992/93 die duisendjarige bestaan daarvan gevier.

Aan die ander kant was daar ‘n kenmerkende kommunistiese kortsigtigheid wat die basiese lesse van ‘n gesonde mensbeskouing buite rekening gelaat het. Die kommunistiese politici het geredeneer dat die diktatuur van die proletariaat, dus van die werkersklasse, die menslike ego tot selfverryking vernietig en dat die werkers hulle vryheid vrywillig aan die staat oorgedra het.

Die resultaat van hierdie mensvreemde ideologie op die DDR is dat die werkers hulle lus vir harde werk verloor het. Produktiwiteit het tot niet gegaan. Die infrastruktuur het gedisintegreer. Die paaie van die DDR het soos Suid-Afrikaanse weë begin lyk: vol slaggate.

Innoverende Oos-Duitsers het allerlei maniere uitgevind om die kommunistiese gevangenisskap te onvlug. Tonnels is gegrawe, lugballonne is ontwerp om Oos-Duitsers na Wes-Duitsland te neem.

In kort: met die val van die muur in 1989 was die Oos-Duitsers sowat 200 jaar agter die Wes-Duitsers.

Wes-Berlyn het egter soos ‘n blom in die woestyn oopgemaak en sy ware kleure gewys. Die infrastruktuur is gemoderniseer. Nuwe praggeboue – soos die Europa-sentrum – het in Wes-Berlyn die hoogte ingeskiet.

Selfs die verweerde geboue in Oos-Duitsland self, het soos die muur van skande geween oor wat een staat aan ‘n ander kan doen.

Die verrykendste gevolg van opeenvolgende generasies, het op twee soorte gemeenskappe gewys:

* Wes-Berlyners met ‘n sterk trek vir persoonlike en politieke vryheid wat welvaart nagestreef en geskep het.

* Die Oos-Berlyners wat kollektiviste geword het, sterk in hulleself gekeer is en met ‘n gebrek aan selfvertroue, het al die tekens van smart en rou vertoon.

Nie net in die oë van Oos-Duitsers nie, maar ook die donker, ongeverfde vaal-grys geboue van die kommunistiese argitektuur het saam met die muur self trane gestort en wanhoop uitgeadem.

Die groot vraag is of die verenigde federale Republiek van Duitsland en sy mense hulle nog gaan wreek op diegene wat hulle die politieke modder ingesleep het?

In 1992, toe ek met die vertrek van die Duitse President uit Bonn (die tydelike hoofstad) na Berlyn, die Suid-Afrikaanse Ambassade in Berlyn heropen het, is ek by geleentheid meegedeel dat daar veral in Oos-Duitsland ‘n groeiende Neo-Nazi-gevoel aan die ontwikkel is. Op daardie stadium is elke moontlike Joodse sinagoge in Berlyn deur die militêre opgepas. Van tyd tot tyd is rapporteer dat ‘n vark-kop by ‘n sinagoge gelaat is. Meeste nagklubs het geweier om gekleurdes toe te laat. Die Afrika-mens is soms van treine afgegooi … en so sou ‘n mens kon aangaan.

Dit is soms moeilik om die waarheidsgehalte van beriggewing oor die Tweede Wêreld Oorlog te beoordeel. Die USSR het propaganda tot ‘n wetenskap ontwikkel. Die oorwinnaar het die geskiedenis geskryf en herskryf.

Wat egter vasstaan is dat die Duitse volk uit die as opgestaan het. Miljarde is in Oos-Duitsland spandeer om die Duitse wanbalans tussen Oos en Wes te herstel. In die Ooste is daar na dekades van verval weer gepleister en geverf. Die primitiewe Trabant-motortjies is met Mercedez en BMW’s vervang. Die telefoonstelsels is afgeskryf en met ultra-moderne tegnologie vervang. Winkels en restaurante het soos paddastoele in die Ooste oornag verrys.

Soos reeds geskryf, is die les van Berlyn dat ‘n volk nie onderdruk kan word nie, dat vryheid en welvaart ‘n basiese, fundamentele en onvernietigbare drang is wat elke mens, kragtens menswees, adem. Ja, ‘n politieke ideologie wat sy burgers verarm, is gedoem om onder te gaan. Dit is net ‘n kwessie van tyd!

 

липецк оборудованиеФільчаков прокурор

Kosie sukkel vreeslik in Toulouse

{jathumbnail off}

Die ANC se kenwysie, Nkosi Sikelel’ iAfrika, oftewel Kosie Sukkel Vreeslik in Afrika, is ‘n treurige, eentonige tweeslagkinderkransliedjie, waarvan die vertaling ”God seën Afrika” is. Dis met ander woorde ‘n Christelike of godsdienstige liedjie (in die mate waartoe Afrika se tribalistiese sinkretisme as ‘n Christelike godsdiens bestempel kan word) in teenstelling met ‘n volkslied in die tradisionele sin van die woord. Siende dat die Almagtige klaarblyklik juis nié die ewige verloorderkontinent seën nie, en hom klaarblyklik versaak het, is Kosie Sukkel Vreeslik uiteraard ‘n riel wat baie ryk is aan ironie.

Dit is voorts ryk aan ironie omdat Afrikaners en die meeste blankes, uitgesonderd ‘n paar liberale tipes uit die noordelike voorstede van Johannesburg, hoegenaamd geen aanklank met Kosie Sukkel Vreeslik kan vind nie. Ek was al langs die veld by ‘n hele paar Springboktoetse, en by almal van hulle het die oorgrote meerderheid van my medetoeskouers nie saamgesing nie, en selfs gesit terwyl Kosie Sukkel Vreeslik gespeel is. Dit het op dees aarde niks met ons te make nie. Die rede hiervoor is eenvoudig: ‘n Suid-Afrikaanse volk bestaan nie en dis gevolglik slegs die ANC wat met nostalgie terugdink aan die dae toe hulle in luukse ballingskap in Londen Kosie Sukkel Vreeslik gesing het. Kosie Sukkel Vreeslik kan insgelyks vir die koddige swart Engelsmannetjie in sy pers rokkie en met sy skril stemmetjie, Desmond Tutu, tot trane wil stem, maar met my het dit niks uit te waai nie. Soos Jimmy Kruger met Steve Biko se dood in aanhouding, laat Kosie Sukkel Vreeslik my en stellig die meeste ander Afrikaners koud.

Vir die redes hierbo aangevoer, het ek my absoluut verkneukel in die verkragting van Kosie Sukkel Vreeslik deur die rastafariër Ras Dumisani vóór die Springbokke se toets teen Frankryk in Toulouse die pas afgelope Vrydagaand. Ek het dit só geniet dat ek skoon bereid is om hom te vergewe dat hy mý volkslied, Die Stem, insgelyks in die proses verwoes het.

{japopup type=”youtube” content=”http://www.youtube.com/v/AxAc6O_WBFE&hl=en_US&fs=1&” width=”640″ height=”380″ title=”Springboks / National Anthem”}Springboks / National Anthem
Springboks / National Anthem
{/japopup}

Want sien, die boorling van Natal, Ras Dumisani, se aanslag op ons ore is ‘n perfekte metafoor vir een van die fundamentele probleme van die sogenaamde reënboognasie. Dis nie dat swartes nie kan sing nie; inteendeel. Ek verstout my om te sê dat die cliché waar is: witmense het nie soveel ritme of musiektalent as ons donkerder medeplaneetbewoners nie. Daar is heelwat swartes wat ‘n hond uit ‘n bos uit kan sing. Whitney Houston kan byvoorbeeld die noot kennelik hou, en so ook kon Nat King Cole.

Die probleem is egter dat Ras Dumisani juis nié ‘n boombenewelde weergawe van Whitney Houston of Nat King Cole is nie, al is dit ‘n weergawe met ‘n beduidende parasietlading in sy gevlegde kroese. Inteendeel; hy kan nie eens die noot so goed hou soos Jurie Els nie… Ras Dumisani se musiektalent is in dieselfde liga as Julius Malema se standaardgraadaanleg vir houtwerk. Dumisani is stellig nié gekies van die lys van sangers wat deur die SA ambassade in Parys verskaf is omdat hy kon sing nie, maar bloot omdat hy swart was, en juis daarom het slim sy baas gevang. Klink dit nie bekend nie – mense wat in poste aangestel word, mense wat take gegee word, nie omdat hulle opgewasse is daarvoor nie, maar bloot omdat hulle velle donker genoeg is?

Dumisani is die presiese eweknie van Jacob Maroga en bykans al die ander swart bestuurders van semistaatsorganisasies, staatsdepartemente, asook maatskappye in die privaatsektor, wat insgelyks gekies is, nie omdat hulle bestuursvaardighede het nie (en weer eens: ek ontken nie dat daar wel sulke swartes is nie), maar bloot omdat hulle swart was.

Dumisani het Kosie Sukkel Vreeslik dus onafwendbaar getransformeer – getransformeer na ‘n volslae grap, ‘n gekkespul, ‘n sirkus; kortom in sy moer in. Om te skryf hy was so vals soos ‘n kat tydens sy geskree van Kosie Sukkel Vreeslik, sou wees om bronstige mannetjieskatte tydens die paarseisoen te beledig. Bronstige mannetjieskatte is Pavarotti’s in vergelyking met Dumisani. Nie net was hy, die orkes, die wysie en die ritme onbekend aan mekaar nie, maar het hy ook plek-plek die woorde vergeet, veral met Die Stem. Weer eens is sy vals gekerm ‘n perfekte analogie vir regstellende aksie en SEB.

Jacob Maroga, wat stellig minder boom gerook het as Ras Dumisani (wat op sy beurt waarskynlik sleg afsteek by Koos Kombuis en kie waar dit by die misbruik van verbode middels kom), maar eweneens aangestel in ‘n pos wat hopeloos ver bokant sy vuurmaakplek was, het Eksdom ook getransformeer na ‘n simfonieorkes waarin die musikante elkeen hul eie wysie, in hul eie musikale sleutel speel, indien nie ‘n sirkus nie. Dumisani is glo ‘n professionele musikant wat ‘n reggae-orkes gehad het. Maroga is ‘n gekwalifiseerde elektriese ingenieur. Nie een van die twee kan dus op agtergelate status aanspraak maak nie. (Dit moet agtergelate wees want agtergeblewenheid sou sinspeel daarop dat die fout by hulle is.)

Toe die onvermydelike gebeur en Dumisani gestriem is oor sy vals gesingery, het hy totaal voorspelbaar opgetree. Hy het, volgens hom, pragtig gesing – wat is dus die probleem? Dit herinner weer eens aan Jacob Maroga, wat sy transformasie van Eksdom ook as ‘n groot sukses beskou het. Maroga het immers daarin geslaag om al wat ‘n blanke bestuurder is met ‘n swarte te vervang, en dís wat tel, nie waar nie? Wat maak dit nou saak as die krag dan en wan af is, of as pryse met 300% moet styg? Al wat steeds skort, is dat Dumisani sy kritici as rassiste gaan bestempel. Dit kan nie ver wees nie.

Soos Gustav Venter voorspel het in sy berig, gaan Ras Dumisani se weergawe van Kosie Sukkel Vreeslik klassieke YouTube kykmateriaal word.

how to promoteФильчаков прокуратура харьков

Is daar lewe ná die reënboog?

As kind is ek deur die helder kleure van die reënboog getref.

Reusereënboë het gereeld ná ‘n hewige donderstorm oor die Vrystaatse vlaktes gevorm en van horison tot horison gespan. Dan het die grootmense gepraat van ‘n mitologiese pot goud aan die einde van die reënboog. Dit het die romantiek daarvan verder verhoog en my geestesoog het ‘n reusagtige goudkleurige kleipot, volgepak met goue muntstukke opgetower. Vir baie kinders het daardie beeld seker ‘n hunkering na kennis en rykdom laat ontstaan.

In die natuur word die reënboog gevorm deur klein ronde waterdruppels wat die lig van die agterste sykant deur die fyn druppeltjie se liggaam refrakteer in ROG G BIV, oftewel rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet, in daardie volgorde. ‘n Reënboog bevat nie swart of wit nie. Trouens, wanneer wit lig deur ‘n prisma gedefrakteer word, is hierdie kleure presies wat mens sien. Die somtotaal van daardie kleure is dus wit lig. Is dit swart lig wat die duisternis veroorsaak?

Maar ‘n reënboog is van korte duur. Daar moet spesifieke fisiese toestande heers vir ‘n reënboog om te kan bestaan. ‘n Effense windjie in die lug, ‘n klein verandering van die sonstrale se invalshoek, en die reënboog verdwyn. Dit is dan wanneer ek ‘n vreemde leegheid in my ervaar het terwyl ek kaalvoet deur die waterplasse in die veld gestap het.

Met sy kenmerkende idealisme het biskop Desmond Tutu die nuwe Azaniese nasie tot die Reënboognasie gedoop – ‘n nasie wat in sonde ontvang en gebore is – ‘n nasie met verraad en ontug as vader en terrorisme en bedrog as die moeder – ‘n nasie wat die samevoeging van uiterstes verteenwoordig…

Tutu se reënboognasie bestaan uit verskeie beskawings en kwasiebeskawings. Van hartoorplanters tot woestynkinders, van Asiatiese afstammelinge tot Zoeloekrygers, van Arabiese handelaars tot veewagters, van wynmakers en landbouers tot kernfisici.

Almal het hul tradisies, kultuur en godsdiens behou, wil daaraan vaskleef, want dit is al wat enige sekerheid bied. Die reënboognasie is ‘n samevoeging van mense wat nie met ander wil vermeng nie, maar aan hul fundamentele lewensbestaan en lewensbeskouing getrou wil bly.

Die “nasie” is ‘n politieke en administratiewe entiteit wat deur die politiek geskep is. Dit sluit al die mense in wat wettig binne die landsgrense woon. ‘n Nasie is dus soos ‘n reusagtige portret wat uit die duisend stukke van ‘n legkaart saamgestel is. Elke stukkie is ‘n enkeling, dog ook deel van sy omliggende deeltjies wat saam die roostuin of die seiljag vorm, met ander stukke wat die kranse uitmaak en ander weer die wolke. Om die geheelbeeld te vorm, moet elke stukkie aan sy eie kleur en vorm getrou bly om die legkaart te voltooi.

Die Westers georiënteerde groep het die verantwoordelikheid op hulle geneem om tientalle sentrums van uitnemendheid op te rig en in stand te hou. Onwillekeurig dink mens aan Eskom, Denel, die AEK, die weermag en polisie, die spoorweë, die SAL, die hospitale, universiteite, onderwyskolleges, munisipaliteite, landbounavorsing, WNNR om nie van die Landbank en die voormalige tuislandprojekte te praat nie. Maar daardie wit ligte, wat die kleur aan die reënboognasieverskaf het, is een vir een afgeskakel en deur ‘n swart lig vervang.

Toe die seiljag se stukke begin om jag te maak op die roostuin en toe die wolke met die kranse begin meeding, is die stukke van die legkaart uitmekaargedruk en die beeld vernietig. ‘n Reënboog kan nie in ‘n windstorm voortbestaan nie, ook nie as die son ondergaan nie. Vir Afrikaners se sentrums van uitnemendheid is die ligte reeds afgeskakel. Die reënboog het reeds onherroeplik verdwyn. Dit is wat transformasie eintlik beteken, naamlik om die Westerse lig af te skakel en met ‘n swart lig te vervang.

Die vordering van die kommunisme binne ANC-geledere het reeds kennis gegee dat ‘n windstorm aan’t kom is. Die woelinge binne en rondom Eskom sal die ligte eersdaags afskakel en ons letterlik en figuurlik in die duister laat.

Maar soos die reënboog in die nag verdwyn het, het ons hoop en geloof egter nie verdwyn nie. Ons weet dat die son weer sal skyn en dat die aarde weer sal bloei ná vanmiddag se goeie reënbui. Daar is tog lig ná die reënboog. Ons is net te veel, te sterk, te slim en te belangrik om te verdwyn. Gelukkig sien ons reeds tekens van sterk leierskap op die horison en sal Afrikaners en Boere se leiersraad eersdaags die leiding begin neem.

suhb для дівчатокФільчаков прокурор

Antjie Krog – Beroepsafrikaner en nar

Vandag lees ek ‘n verwysing na Antjie Krog in ‘n power rubriek van Tim du Plessis raak waarin hy sê: “as Afrikaanse mense in die nuwe orde kritiek lewer, ‘sterf’ hul woorde in hul ‘Afrikanermonde'”.

Dit prikkel my toe om na Tannie Antjie – die vrou is seker nou al amper sestig en daarop geregtig om met dié eretitel aangespreek te word – se artikel in die Sunday Times te gaan soek. Vir eens werk die ST se soekfunksie en siedaar! ek vind A new ancestor for our alienated Afrikaner youth.

Dis die gewone mengeldrankie van wodka uit die Onsamehangende bottel met ‘n goeie skeut wit skuld daarby, “geskud, nie geroer nie”, soos James Bond sou sê. Vanmôre was Eugene Terre’Blanche op RSG en skielik skiet die gedagte my te binne: Tannie Antjie en Oom Eugene het soveel in gemeen, hulle behoort onderbroeke met of sonder gate uit te ruil.

Want sowel Antjie Krog as ET verteenwoordig die hofnarre van ‘n globale gehoor wat hulself as “Afrikaners” voordoen. ET met sy manne in uniform, swastikavlag en histrioniese stemtoon, asook AK met haar mantel van wit skuld en popsielkunde dramatiseer twee aspekte van die Afrikanerstereotipe: eersgenoemde verpersoonlik die Afrikaner as mislukte opstandeling en laasgenoemde as onderdanige hensopper en Anglo-Amerikaanse rokspantneet.

Behalwe enkele joernaliste en Adriaan Vlok, ken ek geen Afrikaners wat “skuldig voel oor apartheid” nie. Of miskien voel ‘n klomp Afrikaners skuldig – omdat hulle in 1992 tydens die referendum “ja” gestem het. Nie net het ‘n enkele geslag Afrikaners en hul leiers alles verraai waarvoor hul voorgeslagte bloed gesweet het nie, maar hulle het ook die toekomstige geslagte van hul geboortereg en hul vryheid beroof; voorwaar iets om oor skuldig te voel!

Alle verraad – soos alle patriotisme – wentel om identiteit. As iemand wat haar rug op haar eie mense gedraai het, verkeer Antjie Krog onder die indruk dat almal dieselfde identiteitskrisis, dieselfde aangetrokkenheid tot die ANC-identiteit as sy ervaar. Dwarsdeur Suid-Afrika en selfs oorsee is daar ‘n paar miljoen Afrikaners wat geensins twyfel oor hul herkoms of lojaliteit nie.

Krog het vandeesweek weer ‘n krater van haarself gemaak deur te beweer dat Julius Malema se uitsprake verkeerd vertolk word; hy wil maar net hê ons moet hom as swartman verstaan.

In hierdie tydvak van regstellende aksie, swart bemagtiging en alles wat daarmee saamhang, verkeer ons almal onder die indruk van hoe belangrik dit is om swart te wees. In ander samelewings, soos in die VSA en veral in Hollywoodfilms, kry ‘n mens iets soos ‘n “token black”, wat die Hollanders ‘n Beroepsneger noem. Antjie Krog en haar eindelose spekulasies oor die Afrikanerpsige wat sy in Engelse koerante of voor buitelanders lewer, is insgelyks ‘n Beroepsafrikaner, iemand wat ‘n onbelangrike en eintlik vreemde element in ‘n ander kultuur moet verteenwoordig. Sulke mense word gewoonlik gekies op grond van hul toepaslikheid vir die vreemde of meerderheidskultuur.

Antjie Krog is, vanuit die ANC-bewind of die buiteland se oogpunt die “ideale” Afrikaner. Sy is ‘n mak Engelse persoon wat haarself in die Rooitaal uitdruk en slegs ‘n geringe nostalgie oor ‘n kwynende Afrikaans en Afrikanerskap voel. Enigeen kan haar aan ‘n leiband rondlei as ‘n voorbeeld van ‘n “gebore Afrikaner wat tot inkeer gekom het en nou haar onderdanigheid teenoor swartes haar lewenstaak gemaak het”. Haar gunstelingvergelyking  vir die Afrikanergeskiedenis is met Nazi-Duitsland. Soos die Nazi’s, het ons ‘n “misdaad teen die mensdom” gepleeg. Daarom voel sy is dit haar opdrag “om die regering te beïnvloed om nie te doen wat (die Afrikaner) gedoen het nie”. Vermoedelik sluit dit die oprigting van suksesvolle kragstasies en werkende staatshospitale in, iets waarvoor ons gelukkig nie die ANC kan kwalik neem nie.

Angjie Krog se histrioniese openbare vertonings van Afrikanerverraad en selfverguising – tot groot vermaak van die Afrikaner se binnelandse en buitelandse vyande – vind die volmaakte teenhanger in Eugene Terre’Blanche se ewe teatrale demonstrasies van platvloerse, kwasi-militaristiese patriotisme.

Buitestaanders kan vir albei ewe hard lag. Albei is ewe dom en bevestig die vermoede dat Afrikaners verdien om verdruk en stadigaan vanuit Suid-Afrika gesuiwer of ten minste geassimileer te word, synde ‘n volk wat uit gekke en narre bestaan.

Dat enigeen vir Antjie Krog ernstig kan opneem, is op sigself ‘n aanduiding van watter verwronge beeld van Suid-Afrika daar in die wêreld bestaan. In een opsig mag dit ons tot voordeel strek, in dié sin dat die Engelse media en die buiteland byna niks van Afrikaners verstaan nie.

Benewens haar narrestatus, mag Antjie Krog die volmaakte verspreider van disinformasie oor Afrikaners wees. Ons word as skuldig, verward, dom en onderdanig gesien. Iewers in Soen-Tsoe of Von Clausewitz was daar mos iets oor: “As jy sterk is, laat die vyand dink jy is swak. En as jy swak is, bring die vyand onder die indruk van jou krag.”

строительство домов изЛобановский

Selebi se persoonlike vleismes

Dis dikwels die klein besonderhede in nuusberigte wat meer interessant is as die berig self. Gister berig Talk Radio 702 oor Jackie Selebi se verhoor. Tydens die berig noem die verslaggeefster dat Selebi dikwels by ‘n restaurant in Melrose Arch gaan eet het, en dat hy sy eie persoonlike vleismes daar het. Melrose Arch is nou nie juis ‘n plek waar ek uithang nie, omdat ek ruiterlik sal erken die sekerheidswagte daar sal my op grond van beide my kleredrag en my banksaldo beleefd maar ferm toegang weier.

Dít weet ek, want Virgin Active stuur dikwels vir my SMS’e wat lui dat die krag by my eie gimnasium af is (dankie, Jacob Maroga), en dat ek welkom is om enige ander Virgin Active te gaan besoek, buiten die een by Melrose Arch. Dit het bes moontlik iets te make met die rampspoedige meting van my liggaamsvetindeks op een van Virgin Active se masjiene. Melrose Arch laat nie sommer enige hierjy toe nie. Jou liggaamsvetpersentasie moet hetsy onder die 8% wees, of jy moet ‘n lid van die ANC se Wabenzi wees en jou motor moet minstens ‘n miljoen rand kos, alvorens jy eens in die parkeerterrein toegelaat sal word.

Hoe geweldig kitsch is die vleismes egter nie. Kommisaris Selebi daag op, gaan sit by sy gewone tafel, en die kelner gaan haal sy vleismes met Selebi se naam daarop gegraveer. Al Capone tol in sy graf van pure jaloesie. Is dit nie egter tipies van die Wabenzi nie, hulle wat met persoonlike nommerplate (Sipho-1 GP) in hul swart motors jaag en vir wie die gewone reëls van die pad klaarblyklik nie geld nie? Daar is niks wat meer luidkeels skree “kyk na my, die BBP” as ‘n blouligkonvooi, persoonlike nommerplate, of dan inderdaad ‘n persoonlike vleismes nie.

Hoe swak kan iemand se selfbeeld wees as hy dit nodig vind om homself belangrik te laat voel deur sy naam op ‘n mes te laat graveer?

Dit maak my ook wonder watter ander foefies Selebi gebesig het om sy status as BBP te beaam, en om sy brose ego’tjie te gestreel het. Die ANC se Wabenzi is berug vir hul voorliefde vir Johnny Walker Blue Label. Het Selebi stellig ‘n whiskyglas met “Jackie” daarop gegraveer by een of ander modieuse kuierplek in Sandton?

Ek kon gespekuleer het oor die moontlikheid van Selebi wat Durex bel en vra of hulle persoonlike kondome vir hom kon vervaardig, met “Jackie – XXXL” op die pakkie, vir besoeke aan sy gunstelingbordeel, maar kom ek laat staan dit eerder.

 

методы пломбирования корневых каналовлобановский депутат

SA leuse: ‘Kom wat wil, ons kruip’

Gelukkig is ek ‘n Afrikaner en geen Suid-Afrikaner nie. Dus hoef ek my nie te skaam oor my medeburgers waarvan ‘n groot aantal verkragters, rowers en moordenaars is en boonop die slegste sokkerspan ter wêreld het nie.

Afgesien van hul neiging om soos daardie kinders op ‘n eiland sonder volwasse toesig op te tree wat in William Golding se Ryk van vlieë (Lord of the flies) beskryf word, vertoon Suid-Afrikaners ook ‘n groot voorliefde vir kruip. Engels is ‘n Kreoolse taal wat allerlei woorde uit ander tale oorgeneem het, van Afrikaans tot Chinees. Daar is selfs ‘n vorm van Chinees-Engelse Kreools wat “Chinglish” genoem word. Danksy “Chinglish”, het die woord “koutou” (Eng. “kowtow”) wêreldwyd bekend geraak.

En is “koutou” nie ‘n nuttige woord om Suid-Afrikaanse gedrag mee te beskryf nie! Soos die woordeboek verklaar wat ‘n vriend vir my op my rekenaar geïnstalleer het, beteken “koutou”:

1. die Chinese gebruik om te kniel en die grond met jou voorkop te raak in ‘n vertoon van onderwerping;

2. om buitengewoon onderdanig teenoor iemand te wees.

Glo dit of nie, maar ek het iets in gemeen met Jacob Maroga, die hoofindoena van Eksdom wat die afgelope dae en weke in die nuus was. Eers het hy glo bedank en toe weer sy pos teruggekry, terwyl die Engelsman vanuit mynhuiskringe, Bobby Godsell, die aftog moes blaas. Sowel Maroga as ek het by ‘n plek genaamd die universiteit van die Witwatersrand gestudeer. Ek beskik oor ‘n Wits-Ph.D. van ‘n departement wat intussen toegemaak is, wat uiteraard geen wonderlike kwalifikasie is nie. Indien my genetika egter anders was, sou ek dalk nou soos Maroga en kie. van een semi-staatsinstelling na ‘n ander kon beweeg en vir myself soos Lawrence Mushwana “goue handdrukke” van sewe miljoen rand op ‘n slag kon uitdeel.

Maar laat ek nie in tipiese braaivleisklagtes oor regstellende aksie verval nie. Die punt is dat Wits nie so lank gelede nie vir my hul alumni-tydskrif aangestuur het waarin Jacob Maroga min of meer as ‘n genie voorgehou word. Hoe Wits ooit my adres in die hande gekry het om my aan ‘n vroeër en vergeetlike deel van my lewe te herinner, weet ek nie. Om aan die hagiografie oor Jacob Maroga – “‘n Wits-man wat die land se elektrisiteitsprobleme oplos” of iets in dier voege – blootgestel te word, was heelwat erger as een van daardie telefoonoproepe wat aan jou ‘n gratis tapytsjampoe aanbied terwyl jy net teëls het.

Dit het my egter aan die dink gesit oor die Suid-Afrikaanse vermoë om te koutou of te kruip, om die grond met jou voorkop te raak in die teenwoordigheid van een of ander illustere persoonlikheid wat, onvermydelik, swart sal wees.

U sien, Wits of die alumni-tydskrif of albei, was besig om te koutou voor dié grootse figuur Jacob Maroga wat ons ligte laat afgaan het. En sonder twyfel sal Wits dié gewoonte voortsit.

Iewers in die tagtigerjare het Afrikaners opgehou om Afrikaners te wees. Hulle het “Suid-Afrikaners” geword en soos Marthinus van Schalkwyk gepoog om by die nuwe orde aan te pas. Afrikaners, of ten minste diegene wat bande met die ou Broederbond of Nasionale Party gehad het, beskik natuurlik oor ‘n koutoukultuur van hul eie, wat deur die ietwat onkiese woord “gatkruip” uitgedruk word. Dit bied dalk ‘n nuttige verklaring vir waarom hulle so geredelik ingeval het by die huidige gebruik om te kruip by die diverse demigode wat ‘n mens in vyfsterhotelle kan sien rondlê of wat jou van die pad af druk in hul viertrekvoertuie van twee miljoen rand, met of sonder blou ligte.

Miskien beteken daardie eienaardige stelletjie letters op die SA landswapen, wat voorgee om vanuit ‘n dooie taal afkomstig te wees, eintlik: “Kom wat wil, ons kruip.”

Dit maak nie saak hoe sleg dinge gaan nie, Suid-Afrikaners sal altyd dankbaar wees vir die voorreg om net te mag asemhaal.

As die rowers op hul huise toeslaan, dan sê hulle gewoonlik hulle is “so bly om nog te leef”.

En stuur gerus ‘n skenking aan Wits. Hulle het dit daar nodig om feministiese literatuur uit Oos-Afrika te bevorder, met ‘n swetterjoel Tanzaniese professore wat vir permanente aanstellings regstaan.

roulettes casino liveданильченко юрій Харків

Pasop vir die slange!

Twaalf jaar gelede het ek ook ‘n voorsmakie gehad van die verraderlike optrede van voormalige lede van nasionale intelligensie (NI). Vandag bevind sommiges hulle waarskynlik in een of ander spesialiseenheid van die polisie. Dit is waarskynlik daardie spul wat UG probeer toesluit het. Dit was ook daardie spul wat hulself deel van die sogenaamde Boeremag gemaak het, wat plofstof geplant het, en wat gesorg het dat goeie Boerseuns vandag in die tronk krepeer op aanklagte van sabotasie.

Hul tydverdryf is verdagmakery van leiersfigure om te verhoed dat behoudende Afrikaners hulself as etniese groep organiseer soos in die land se grondwet voorsien word.

In die laat negentigerjare het genl. Constand Viljoen vir pres. Nelson Mandela oorreed om ‘n bedrag geld (R13 miljoen) te bewillig om blanke boere na die omliggende buurstate te stuur. Die doel was eenvoudig om weer hoop aan lande soos Mosambiek, Tanzanië en later aan ander SAOG-lande te gee ná dekades se uitmergelende burgeroorloë.

Die projek sou daardie lande se ekonomieë prikkel – veral op landbougebied – wat sou kon meehelp dat die stroom onwettiges verminder kon word. Terselfdertyd sou dit ‘n geleentheid aan Suid-Afrikaanse boere verskaf om hul eie besigheid te diversifiseer, of self die geleentheid bied om van nuuts af te begin in lande waar hulle as beleggers gesien en waardeer word en nie as wit setlaars nie.

Vir Suid-Afrikaanse boere is dit altyd wenslik om hul risiko’s te versprei. Hier dink mens aan die politieke risiko, klimaat- en droogterisiko, gewasserisiko, markrisiko, arbeidsrisko, ens waarmee boere in ‘n riskante bedryf mee te kampe het.

Die Suid-Afrikaanse Kamer vir Landbouontwikkeling In Afrika (SACADA) is gestig onder die leiding van wyle senator Dries Bruwer, eertydse president van die TLU, bygestaan deur Piet Gouws, van die Vrystaatse Landbou-unie, en ‘n groep prominente landbouers. Vanweë my kennis van Oos-Afrika, asook my baanrekord op nywerheidsgebied, was ek ook genooi om deel van die projek te wees.

Ons was vuur en vlam vir die taak, want ons het geglo dat dit ‘n edel projek is wat net goed kon beteken vir die land. Maar helaas, dit was ons nie beskore om ons werk behoorlik te verrig nie.

Die Niassa-provinsie se hooglande in die noorde van Mosambiek was ons teikengebied en die eerste groep van 13 boere het hulle daar gaan vestig. Sacada het finansiële bystand verleen en ‘n baie goeie verhouding met die plaaslike goewerneur asook die kabinet gehandhaaf. Om die regte politieke klimaat en juridiese raamwerk vir die boere te skep het ons gereël dat ‘n bilaterale ooreenkoms met groot fanfare tussen die regerings van Mosambiek en Suid-Afrika onderteken word. Dit het goeie publisiteit geniet.

Hierdie ooreenkoms sou die boere in staat stel om hul landboutoerusting soos trekkers, vragmotors, stropers en ander bates belastingvry die land in te bring en weer landuit te neem. Hul Suid-Afrikaanse rande of VSA-dollars kon na willekeur die land uitgeneem of ingebring word. Hulle kon hul eie skole oprig en sonder inmenging bedryf, hulle kon hul jaggewere saambring, maar moes dit eers by die naaste polisiestasie laat registreer. Die owerheid en plaaslike gemeenskap moes spesifiek na die intrekkers se veiligheid en welstand omsien. Op hul beurt moes die boere hul beste lewer om voedselsekuritiet vir hul gemeenskap te bereik en binne die landswette bly.

Van meet af aan het vreemde elemente begin om ‘n skinderveldtog teen ons van stapel te stuur. Kort voor lank verskyn allerhande smeerstories oor Dries en myself in die pers en oor die radio. Die feit dat genl. Viljoen die outeur van die projek was, was al klaar genoeg vir lakeie om dit verdag te maak, veral gesien teen die agtergrond van die ‘94–verkiesing. My betrokkenheid by die Volkstaatraad het die gerug laat ontstaan dat ons ‘n volkstaat in Mosambiek wou stig. Selfs die buitelandse media is vol stories gestop om die verhouding tussen SACADA en die buurstate se regerings te vertroebel.

Hoewel Dries voltyds as hoof van die onderneming opgetree het, en ek onderhoof, het ons geen salaris vir ons dienste gevra nie. Allerhande vrae oor ons motiewe het die rondte begin doen. Ons is van nepotisme, wanbestuur en selfs geldverduistering beskuldig en ‘n obskure koerantredakteurtjie in Noord-Transvaal het ons by die Heath-Kommissie aangekla. Hoewel ons reeds ver gevorder het om ‘n langtermyn finansiële program te finaliseer, het Heath se betrokkenheid die hele projek verdag gemaak en gekelder. Ná twee jaar se ondersoek kon Heath se mense absoluut niks teen ons vind of inbring nie, want daar was niks. Maar ‘n staatsinstrument is as wapen aangewend om agterdog te saai om te verhoed dat “wit boere na Afrikalande uitgevoer word”.

Iemand het aan my verduidelik dat eertydse lede van NI nog by hul onderskeie netwerke ingeskakel was en aan wie hulle sappige wolhaarstories kon verkoop om aan die lewe te bly. Hierdie mense het hulle altyd as “regse” Afrikaners voorgedoen, want daardie kader van verraaiers is deur die NP-regering ingespan om teen die destydse behoudende Afrikaners te spioeneer, hul geledere soos slange binne te dring en verdag te maak. Sodoende kon die sogenaamde hervormingsprogram en magsoorgawe van die NP, soos deur die Broederbond ontwerp was, op koers bly.

‘n Slang kan ‘n ruimte deur ‘n baie klein opening binnedring om sy prooi te vergiftig.

Pasop vir die slange…!

 

betting withoutлобановский александр харьков

Die kanker is nie in 1989 genees nie

Vandag, twintig jaar gelede, het die Berlynmuur geval. Soos Dan Roodt dit stel, was daar nie juis groot blydskap hieroor te bespeur by die Xhosagodjie Mandela of die Slovo’s van die lewe nie. Jakes Gerwel, vandag ‘n grootkop in Naspers, het selfs ‘n traan gestort toe hy die beeldmateriaal gesien het, bid jou aan!

Dit sou naïef wees om ons te verbeel dat die kommunisme verdwyn het op daardie heuglike dag. Dit was weliswaar ‘n gevoelige slag vir daardie uitgediende en simplistiese ideologie, maar soos ‘n onkruid of kanker was dit nie so maklik om dit uit te roei nie. Die kommunisme van die gees het bloot baie meer subtiel geword, maar is vandag nog net so aktueel en kwaadaardig soos die kanker wat dit voorafgegaan het.

Vandag noem mens dieselfde kwaadaardige gewas politieke korrektheid en multikulturalisme. Uitgesonderd die meer gewelddadige aspekte van sy voorganger, het dit al die kenmerke daarvan.

Die grootste beskrywings van die kommunisme is deur iemand wat self ‘n voormalige kommunis was, George Orwell, geskryf. Sy boeke 1984 en Animal Farm is uitstekende gelykenisse vir die lewe onder die kommunisme. In die boek 1984 was Engels getransformeer (bekende woord, transformasie, nie waar nie?) na ‘n nuwe taal, Newspeak. Nie net moes die mense reg praat nie, maar ook reg dink. Dit maak nie saak of die feite die ideologie weerspreek nie, jy durf nie die verkeerde denke, wat Big Brother nie aangestaan het nie, gekoester het nie.

Politieke korrektheid en multikulturalisme is presies so verdrukkend as die Sowjet-regime. Jy kon voor 1989 na die koelak gestuur word as jy “teen-rewolusionêre” uitlatings gemaak het. Dis steeds met ons. As jy dit vandag waag om byvoorbeeld te sê dat die swart-op-wit geweldskoers buitensporig hoog is, kan jy jou eweneens in ‘n virtuele koelak bevind. Jy sal as rassis gebrandmerk word (in die ou Sowjet-Unie was jy ‘n “vyand van die rewolusie”) en jy kan maklik jou werk kwyt wees.

Durf jy protes aanteken teen die Rooi Rewolusie (in SA noem ons dié rewolusie transformasie) soos die Reitzhuis-studente, sal jy deur die hedendaagse Prawdas uitgekryt word as ‘n rassis, uit die universiteit geskop word en van crimen iniuria aangekla word. Die Rooi Wagte (in SA is hulle swart) wat op die Kovsiekampus dreig om “wit tewe” te verkrag, en op Tukkies se kampus dreig om blanke studente dood te maak, word egter toegelaat om hulle haatspraak te besig. Presies nes skrywers soos Solzhenitsyn gedemoniseer is en inderdaad geterroriseer is, word skrywers wat durf waag om afvallige opinies te huldig, deur die hedendaagse KGB geterroriseer.

Die wiel draai egter. Daar was ‘n groot heksejag in Pole en Duitsland op informante vir die gehate geheime polisie, die Stasi in Oos-Duitsland. Vandag is daardie einste informante steeds met ons; agterlike dinosourusse wat nie die vermoë het om vir hulself besluite te neem nie, diegene wat meegevoer word en gebreinspoel word deur die heersende ideologie en dus gedienstig, soos die breinlose robotjies wat hulle is, die Party se ideologie spu.

Die vraag is: hoe lank gaan dit neem voor ons onsself ook genees van die kanker van die nieu-kommunisme bekend as politieke korrektheid en multikulturalisme?

watch thunderstruck onlineДанильченко Юрий Харьков