President Barack Obama het aan die Verenigde Nasies gesê ”die wêreld is ‘n meer stabiele plek as vyf jaar gelede, maar die aanval in Kenia wys hoe ernstig die gevaar van terreur steeds is.”
Obama sê al-Kaida het in streeksnetwerke versplinter en hou ‘n “ernstige bedreiging in vir regerings, diplomate, sakeondernemings en burgerlikes regoor die wêreld.”
Die Afrika-Unie is steeds daartoe verbind om aan te hou veg teen al-Shabab militante in Somalië na die aanval op ‘n winkelsentrum in Kenia wat nou reeds vir ‘n vierde agtereenvolgende dag woed. Die AU-mag van sowat 17 000 soldate veg al sedert 2007 teen die militante.
Al-Shabab het bande met al-Kaida en het aanspreeklikheid aanvaar vir die aanval op die Westgate-winkelsentrum. Twee-en-sestig mense is dood en sowat 200 is beseer in die aanval.
Al-Shabab het Kenia gewaarsku om sy soldate uit Somalië te onttrek. – Sapa/AFP
Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, die Bondgenootskap teen Stedelike Tol, sê hulle appèl teen die Noord-Gautengse Hooggeregshof se beslissing rakende die e-tolstelsel in Gauteng word vandag aangehoor.
Dit sal een van die laaste pogings wees om die ongewilde e-tolstelsel in die howe te kelder in die appèlhof in Bloemfontein.
Duvenhage wat die laaste paar jaar die stryd lei, glo hul saak is steeds sterk. Hy sê die vorige beslissing was foutief en daarom is besluit om dit verder in die Appèlhof te voer.
Regter Louis Vorster het verlede Desember beslis dat die regering die publiek genoegsaam oor die projek ingelig het.
Outa meer as R11,4 miljoen ingesamel om vir hul regskoste te betaal. Die finale beslissing kan, volgens Duvenhage, binne weke wees.
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa), staan saam met die Suid-Afrikaanse vereniging vir motorverhuring en bruikhuur (Savrala), die KwadPara-vereniging van Suid-Afrika (Qasa), die Nasionale Verbruikersunie en die Verbruikerskommissie.
Hulle voer aan dat daar ander metodes is wat die regering kan gebruik om geld vir die onderhoud van paaie in te samel en dat e-tol irrasioneel, duur en ononuitvoerbaar is.
Sanral het gister gesê daar is net oor die 600 000 e-skyfies verkoop.
Voordat die stelsel ingestel kan word, moet pres. Jacob Zuma eers die Wysingswetsontwerp op Vervoerwette en Verwante Sake, die sogenaamde e-tolwet, onderteken.
Pres. Zuma die wetsontwerp onlangs teruggestuur het weens ongrondwetlike kwessies, maar die presidensie hou vol dat Zuma steeds die wet oorweeg.
Nie een staatsdepartement kon tot dusver sê wanneer e-tol in werking sal tree nie.
Slagoffers van die aanval in die parkeerterrein doodgeskiet
Buitelandse forensiese spanne help in Kenia met die uitkenning van die liggame van slagoffers van die naweek se aanval deur Al-Shabaab militante in die Westgate winkelsentrum in Nairobi.
Die dodetal kan vermoedelik verder styg met sowat 51 mense van wie daar nog nie rekenskap gegee kan word nie. Dit volg nadat drie vloere van die winkelsentrum ingetuimel het.
Die dodetal staan tans op 61 burgerlikes en ses soldate. Dit is Woensdag deur president Uhuru Kenyatta bevestig.
Volgens Kenyatta is 62 mense ook steeds in die hospitaal. Hy het vroeër drie dae van rou afgekondig.
Intussen beweer al-Shabaab dat van sy aanvallers steeds in die winkelsentrum is. Dit kon egter nog nie bevestig word nie en dit is ook onduidelik of hulle moontlik van die slagoffers in die puin is. – RSG
Suid-Afrika se stryd teen renosterstropery kan net gewen word met ‘n politieke oplossing waarby buurstate en Asiese lande betrek word.
Professor Moses Montesh van die department Polisiepraktyk aan Unisa het dié boodskap oorgedra aan afgevaardigdes by ‘n byeenkoms van die Internasionale Vereniging van Polisievroue in Durban.
Montesh het daarop gewys dat renosterstropery in Mosambiek net as ‘n misdryf bestempel word, terwyl Mosambiekse burgers van mening is dat Suid-Afrika ‘n “doodskiet”-beleid in die Krugerwildtuin volg waar ‘n groot deel van die renosterstropery plaasvind.
Montesh sê dié verskillende sienings skep probleme vir samewerking. Tot dusver vanjaar is 688 renosters reeds vir hulle horings van kant gemaak.
Verlede jaar se totaal was 668. Montesh sê Viëtnam is steeds die grootste verbruiker van gestroopte renosterhorings.
‘n Afvaardiging van Viëtnamese regeringsapmtenare het die Nasionale Krugerwildtuin verlede week besoek om eerstehands kennis te neem van die renosterslagting.
Montesh het aan die afgevaardigdes gesê die regering het hom verlede jaar tydens sy navorsing afgeraai om Viëtnam te besoek, aangesien betrekkinge tussen die lande toe gespanne was. – RSG
Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag ‘n besluit deur die NGV om kriminele klagte en dissiplinêre optrede teen misdaadintelligensiehoof Richard Mdluli terug te trek, ter syde gestel. Die hof het ook beslis dat die polisiekommisaris, Riah Phiyega stappe moet doen om weer dissiplinêre aanklagte teen hom in te stel.
Regter John Murphy beslis het dat kriminele sowel as dissiplinêre klagte weer teen Mdluli ingestel word.
Die organisasie Freedom Under Law (FUL) het die aansoek gebrink dat Mdluli vervolg word nadat die klagte vroeër teen hom teruggetrek is.
Adv. Lawrence Mrwebi, hoof van die vervolgingsgesag se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid, het in Desember 2011 besluit om aanklagte van onder meer bedrog teen Mdluli terug te trek.
Adv. Andrew Chauke, ‘n direkteur van openbare vervolging, het in Februarie 2012 besluit om ‘n aanklag van moord en 17 verwante aanklagte teen Mdluli terug te trek.
Die polisie sê hulle bestudeer die hooggeregshof in Pretoria se uitspraak oor die saak. Luitenant-generaal Solomon Makgale wou nie kommentaar lewer oor berigte dat die polisie beplan om teen die hof se beslissing te appelleer nie.
Die Instituut vir Sekerheidstudies sê die individue of groep mense binne die Nasionale Vervolgingsgesag en die Polisie moet verantwoordelikheid neem vir hulle besluit om aanklagte teen die voormalige hoof van die polisie se misdaadintelligensie te laat vaar.
Die ISS het die Noord-Gautengse hooggeregshof- besluit verwelkom wat die besluit om die strafregtelike aanklagte teen Richard Mdluli te laat vaar, ter syde gestel het.
Die woordvoerder van die Instituut, Gareth Newham sê enige klag of bewering oor sameswering wat aan die NVG of die Polisie voorgelê is, moes behoorlik ondersoek word voor dit laat vaar kon word. – Sapa
Die Gautengse polisie is op soek na ‘n aantal verdagtes nadat die ontbindende lyk van ‘n man in die kattebak van ‘n motor by die Montecasino-sentrum in Fourways, noord van Johannesburg, gevind is.
Volgens amptenare het sekuriteitswagte Sondag op die lyk afgekom nadat hulle ondersoek ingestel het na ‘n slegte reuk wat vanuit die motor gekom het.
Die motor was op die vierde verdieping van die sentrum geparkeer.
Polisiewoordvoerder Lungelo Dlamini het gesê die slagoffer is geïdentifiseer as ‘n inwoner van Jukskei-park.
“Die slagoffer is nog nie formeel deur sy familie uitgeken nie. Ons het vasgestel dat die motor waarin hy gevind is, aan hom behoort.” – EWN
Die departement van Binnelandse Sake sê hulle is besig met ‘n deeglike ondersoek en sal met Keniaanse owerhede saamwerk om te bepaal of ‘n Suid-Afrikaanse paspoort wat verbind word met die aanval op ‘n winkelsentrum in Nairobi, vervals was of nie.
‘n Britse vrou wat die “’wit weduwee” genoem word, word ondersoek nadat ‘n Keniaanse minister gesê het sy was een van die militante wat ministens 62 mense in ‘n winkelsentrum in Nairobi doodgeskiet het. Keniaanse owerhede het egter teenstrydige verklarings uitgereik oor haar beweerde betrokkenheid.
Die vrou, Samantha (Sam) Lewthwaite, gebruik blykbaar die Suid-Afrikaanse paspoort as een van verskeie aliasse waaronder sy reis. Sy is die dogter van ‘n Britse soldaat.
Die Suid-Afrikaanse paspoort, wat gister in verskeie Britse koerante gepubliseer is en waarvan daar op die internet verskeie foto’s is, is in die naam van Natalie Faye Webb. Die aantyging oor haar beweerde Suid-Afrikaanse paspoort is deur ‘n pro-Israeli-webwerf gemaak.
Haar dogter en twee seuns is saam met haar. Die kinders behoort tussen die ouderdomme sewe en 12 te wees.
‘n Woordvoerder van Binnelandse Sake, Ronnie Mamoepa sê die regering is nog nie amptelik deur Keniaanse amptenare genader nie. – Sapa/AFP
PresidentJacobZumahet dieVerenigdeNasies se Veiligheidsraadas‘oud‘ en ‘ondemokraties‘ bestempel voor‘n beraad van wêreldleiersinNewYork.
Die Business Day het Zuma aangehaal waar hy sê die huidigeVeiligheidsraad is “uitgedien“.
Ontwikkelende landehet ‘n oproepvir die hervormingvan dieVeiligheidsraad gedoen. Sedert die Tweede Wêreldoorlog is vetoreg oor wesenlikebesluitetot vyfpermanente lede beperk, naamlik die VerenigdeState van Amerika, Brittanje, Frankryk, Rusland enChina.
“Jy het ‘nsituasie waardiegene watoor vetoreg beskik meer oor oorlogasvrede praat,” hetZumagesê aan Suid-Afrikaansejoernaliste by die aanvang van die byeenkoms van dieVN se Algemene Vergaderinghierdieweek.
“Jy het ‘nminderheid watdie laaste sê heten ongelukkignie meerhelp nie.Dit is eintlikbesig omdeel van die probleem te word,” het hy gesê,en dieRaad se optredeoor diekonflikteinIrak enLibiëoor die afgelopetien jaar afgekeur.
“Asklein landeglo ons dat diereëling onregverdig is,ditisondemokraties, dit is niegoednie.” Sapa/AFP
Lidlande vandie VN sekernagentskap het ‘n Arabiese-gesteunderesolusieteen dieJoodse staat afgestem om sy geheime kernarsenaal vir inspeksie oop te stel.
Een-en-vyftig landehet teen resolusie gestemen43landehet daarvoor, in watbeskou word as‘n oorwinning virdie VerenigdeState van Amerika, watgekant was teen dieinisiatief.
Arabiese state,gefrustreerdoordie onbepaaldeuitstelvan ‘n internasionalekonferensieverlede jaaroor die verbod opkernwapensindiestreek, hetby die jaarlikselidstaatbyeenkoms vandieVN se InternasionaleAtoomenergie Agentskap (IAEA) dié plan voorgestel.
Indien goedgekeur,sou Israel verplig gewees het gewees om by die Kernsperverdrag aan te sluit ensy kernfasiliteitevir IAEAmonitering oop te stel.Diplomate het ‘n naelskraapoorwinning met die stemmery verwag.
Die Verenigde Statehet gesê die skuif sal breërdiplomatiekepogings om wapens vanmassavernietigingte bekamp in gevaar stel.Israelhet gesê ditsal pogings omstreeksveiligheidsamesprekings op dreef te kry, ondermyn.
Ten spyte van diéwaarskuwings, het ambassadeurRamzyEzzeldinRamzy, hoof van dieArabiese Liga-groepby dieIAEA,vroeër gesê dieontwerp-resolusiemoet voortgaan.
Moondhede het in2010 tot‘n Egiptieseplan ingestem wat bedoel is om diegrondslag te lêvir‘nMidde-Oostesonder wapens vanmassavernietiging.
Die VSA,mede-borg van die destydse vergadering, het gesêdat dit nie sal nie meer plaasvindsoos geskeduleerin Desember verlede jaar nie maar het nietot ‘n nuwedatum ingestem nie.
Sowat 12 rebelle was in die aanval op die Westgate-winkelsentrum in Nairobi betrokke, wat die lewens van minstens 68 mense geëis het, het The Standard berig nadat dié koerant beeldmateriaal van die sentrum se sekuriteitskameras gesien het.
Die beeldmateriaal bevestig ooggetuies se weergawes dat die aanvallers – gewapen met handgranate, gewere, pistole en ammunisie – die winkelsentrum van die voor- en agterkant bestorm het.
Die grootste groep het voor ingegaan en ‘n eetplek met geweervuur en handgranate aangeval.
Vier aanvallers het by die ingang wat na die parkeerarea lei ingegaan nadat hulle ‘n sekuriteitswag geskiet het.
Dié groep het aanbeweeg na die parkeerplekke op die dak waar ‘n plaaslike radiostasie ‘n partytjie aangebied het.
Die aanvallers het twee handgranate na die partytjiegangers geslinger, maar slegs een het ontplof.
Volgens verskeie ooggetuies is mense beveel om die Islamitiese geloofsbelydenis op te sê. Diegene wat minstens die eerste paar woorde kon voordra se lewens is gespaar en die mense wat dit nie kon opsê nie is geskiet.
“Toe ek die eerste woorde van die belydenis opsê, het hulle aanbeweeg. Dit is hoe ek bly lewe het,” het een oorlewende aan The Standard gesê.
Sulke aanvalle kan ook in Suid-Afrika plaasvind, het prof. Hussein Solomon, lektor in politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat aan Beeld gesê.
“Die terreuraanval in Nairobi moet gevaarligte by Suid-Afrikaanse owerhede laat flikker, want as Al-Shabab sou besluit om ’n winkelsentrum hiér te teiken, is daar bitter min wat in hul pad sal staan,” het Solomon gesê.
Al-Shabaab het glo op sy Twitter-profiel, wat intussen verwyder is, gesê die aanval was in weerwraak op Keniaanse troepe se betrokkenheid by Amisom, die Afrika-Unie-mag in Somalië.
Suid-Afrika, as ’n lid van die Afrika-Unie (AU), steun Amisom onregstreeks, maar bied tans geen direkte militêre ondersteuning nie.
Suid-Afrika het ’n groot Somaliese bevolking en onder hulle tel glo al-Shabab-lede. Somaliërs wat in xenofobiese aanvalle geteiken word, het baie volgens Solomon hul gewapende Al-Shabab-landgenote betaal om hulle teen Suid-Afrikaners te beskerm.
Anneli Botha, ’n terreurkenner by die Instituut vir Sekerheidstudies, het gesê al-Shabab-lede het aan haar bevestig dat Suid-Afrika as ’n basis gebruik word.
Solomon se bewerings oor Al Kaida in Suid-Afrika het voorheen vir ‘nstormvan kritiek in die Moslemgemeenskap gesorg. Leiershet sy onjuiste stellings veroordeel en gesê hy wil paniek saai en ‘n negatiewe beeld van Suid-Afrikaanse Moslems skep.
Saoedi-Arabië het vroeër gespog dat hulle Al Kaida beheer en as politieke afdreigmiddel internasionaal gebruik. Dié olieland is ‘n Amerikaanse bondgenoort.- Sapa/AFP