Sirië het ‘n voorstel van Rusland verwelkom om sy chemiese wapenarsenaal onder internasionale beheer te plaas.
Dié stap kan beteken dat die VSA se voorgestelde militêre ingryping gestuit kan word.
Die Siriese minister van buitelandse sake, Walid al-Moealem, het gesê sy regering verwelkom die voorstel, maar hy het nog nie aangedui dat sy land die plan aanvaar nie.
Die Amerikaanse president, Barack Obama, het gesê dat dié plan “potensieel positief” kan wees en het beloof om ernstige oorweging daaraan te skenk.
Indien Sirië sy chemiese wapenarsenaal onder internasionale beheer plaas, kan dié stap beteken dat die voorgestelde militêre ingryping deur Amerika afgeweer word.
Moealem sê die stap kan beteken dat die lewens van Siriërs gespaar sal word. Frankryk het gevra dat die internasionale gemeenskap die Russe se voorstel omsigtig moet oorweeg.
Die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het na ‘n vergadering met president Barack Obama gesê die Russiese plan moet nie nog ‘n verskoning wees vir ‘n vertraging of enige dwarsboming nie.
Clinton het gedreig dat Rusland die internasionale gemeenskap se pogings moet steun of die gevolge moet dra.
‘n 84-jarige man het naby Parys, Frankryk gesterf toe ‘n olifant wat aan ‘n plaaslike sirkus behoort, uit sy kampie ontsnap het en die niksvemoedende petanque-speler met die slurp geslaan het, het die polisie Maandag gesê.
Die olifant, Tanya, het Sondagmiddag soos gewoonlik in Lizy-sur-Ourcq, sowat 50 km van Parys, opgetree en is ná die vertoning teruggeneem na haar opelug-kampie.
Die olifant wou nie vroeër saamspeel met die toertjies nie en is so deur die afrigter geslaan dat die kinders in die gehoor begin huil het.
Ooggetuies het aan die polisie beskryf hoe die olifant deur die versperrings geploeg het. Die olifant het ‘n seil gebruik om die elektriese omheining se skokke te keer.
Die olifant het toe in die rigting van ‘n bejaarde man beweeg en die man met die slurp geslaan. Die ongeïdentifiseerde man is na ‘n hospitaal geneem, waar hy Sondag gesterf het.
Die koplose lyk van ‘n man is in ‘n veld in Klerksdorp gevind, het die polisie in die Noordwes Maandag gesê.
Kapt. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het gesê die lyk, wat tekens van ontbinding getoon het, is Sondag deur ‘n verbyganger in die Oudorp-township gevind.
‘n Laerskoolhoof van Mpumalanga is Maandag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar voormalige tuinier laat vermoor het.
Pinky Magalefa (56) is in die Mmabatho-hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van die ontvoering en moord op Johannes Moseta in 2010. Moseta was ook haar buurman.
Magalefa was die skoolhoof van die Nkotolane-laerskool in Mmametlhake naby KwaMhlanga.
“Toe sy van die werk af teruggekeer het, het sy besef daar is by haar huis ingebreek en dat juweliersware en R800 gesteel is,” het sers. Hastings Chaane, polisiewoordvoerder, Maandag aan die African Eye News Service gesê.
“Sy was vas onder die indruk dat die oorledene betrokke was by die inbraak en het drie mans gehuur om hom op te spoor.”
Chaane het gesê die drie mans het Moseta in Pretoria, sowat 80 km buite Mmametlhake, gevind.
“Hulle het sy hande en voete met ‘n tou vasgebind en teruggekeer na Mmametlhake. Daar het hulle, op instruksie van Magalefa, hom die bosse ingeneem en hom doodgeslaan.”
Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle Moseta se lyk in ‘n plas bloed gevind.
Regter Festus Gura het in sy uitspraak gesê dit was duidelik dat Magalefa beplan het om Moseta te vermoor.
Die drie mans wat Magalefa gehuur het om Moseta op te spoor, is onskuldig bevind en Gura het gesê daar is geen bewyse dat hulle betrokke was by die moord nie.
Magalefa is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en drie jaar vir ontvoering. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word. – Sapa
Die DemokratieseAlliansie (DA) het begin metdie tweede fase vandieparty se “Ken JouDA“-veldtoginJohannesburg.
Die eerste fasehet erge omstredenheid veroorsaakomdat die partydie verhaal vanhoe hulle eintlik in die stryd teenapartheid gevoer het, probeer monopoliseer het.
Ditsluit ookdievrystelling van ‘npamflet in waarvoormalige presidentNelsonMandelaen aktivisHelenSuzmanomhelsmetdie bewoording:“Ons hetons deel gedoen om apartheid teen te staan”.
Die ANChet woedend op dieveldtog gereageer en dit as ‘n “sinieseenopportunistieseoefeninginpropaganda” afgemaak.
DieDAsePremierskandidaat virGautengMmusiMaimanehet gesê die partywil hê dat‘n Suid-Afrika moet bou aan môre.“Ons wou onsondersteuningvir ‘n breë-gebaseerdeswart ekonomiese bemagtiging bevestig,asook na die kwessievangrondhervorming.Ons het ookgekyk naons ondersteuningvir maatskaplike toelaesen ons wil seker maakdat onsin die historieseerfenis [van ongelykheid] aanspreek ten einde ‘ntoekomsvoor te bereiwaaralle Suid-Afrikanersingesluit word.“
Hy het bygevoeg:“Ons teenstandersdikwelssê dat indien dieDAaan bewindkom sal ons mense semaatskaplike toelaes wegneem en apartheid terugbring watabsoluteonsin is,” sêMaimane. – Sapa
Duitsland het nou hard en duidelik sy stem gevoeg by die Europese Unie (EU) se handelskommissaris, mnr. Karel de Gucht, wat onlangs skerp kritiek uitgespreek het teen die ANC-regering se beleid rakende bilaterale beleggingsooreenkomste met lidlande van die EU.
Adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, sê dit blyk dat Suid-Afrika se strewe om transformasie bo goeie betrekkinge met sy handelsvennote te stel, een van die hoofredes is dat hy toenemend nie beleggingsbeskermingskontrakte as deel van sy ooreenkomste met EU-lidlande wil hernieu nie.
Suid-Afrika het vroeër vanjaar reeds handelsooreenkomste met België en Spanje verbreek.
Volgens adv. Alberts is Duitsland duidelik ‘rusteloos’ omdat Suid-Afrika moontlik nie ‘n nuwe ooreenkoms met hom gaan sluit nie.
“Duitsland is ‘n belangrike deel van die EU, en indien sy kontrak nie hernieu word nie, gaan Suid-Afrika toenemend handelsprobleme ondervind met die EU-lande.
“Dis ook duidelik dat die ANC-regering sluik-onteiening in die vooruitsig stel waardeur hy regte wegneem op so ‘n wyse dat dit nie aan die formele definisie van onteiening voldoen nie, soos met mineraleregte.
“Die Wet op die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumhulpbronne bepaal in ‘n neutedop dat alle onontginde minerale- en petroleumprodukte die gemeenskaplike erfenis van die hele bevolking van Suid-Afrika is met die staat wat dit in trust hou namens die publiek.
“Indien die staat nie regte self toeëien nie, maar dit eensydig wegneem ter wille van die openbare belang, kan bykans enigiets eensydig vervreem word. ‘n Toetssaak hieroor in die Grondwethof het reeds ten gunste van die staat beslis.
“Die ANC wil juis nie beleggingsooreenkomste hê nie aangesien dit steeds voorsiening sal maak vir vergoeding waar sluik-onteiening plaasvind. Sonder die ooreenkomste kan die regering nie deur ander state gedwing word om vergoeding te betaal vir vervreemde bates nie,” sê adv. Alberts.
Duitsland se ambassadeur in Suid-Afrika, dr. Horst Freitag, het in ‘n toespraak verlede week daarop klem gelê dat enige belegging riskant is, en dat dit ononderhandelbaar vir voornemende beleggers is om in ‘n omgewing te belê waar daar nie onnodige risiko’s is nie.
Hy het ook gewaarsku dat dit veel moeiliker is om vertroue met ‘n handelsvennoot op te bou as om dit te verbreek.
Volgens adv. Alberts is dr. Freitag se versoeke dat die Suid-Afrikaanse regering ‘openlik, eerlik en deursigtig’ oor handelsbetrekkinge moet wees, ‘n duidelike bewys daarvan dat Duitsland meen dit is tans nie die geval nie.
Ek het tot dusver al gaande die menings van verskeie hofnarre gevolg wat een of ander kinderlike vreugde beleef om hul eie volk voortdurend te beswadder en verkleineer. Hiermee is ons geneig om te dink dat ons te make het met ‘n fenomeen van hierdie tyd, maar eintlik is hierdie iets wat al duisende jare oud is. So oud selfs dat dit in die Bybel opgeneem is. Ek wonder so af en toe hoe Paul Kruger sou gekyk het na sy geliefde stad (deesdae stat) en hoe dit verword het tot die soveelste multikulturele Hoer van Babilon.
Interessant genoeg het die Romeinse krygsman Vegetius die anargie in die laat vierde eeu NC treffend omskryf, verwysend na die arrogansie waarmee die Romeine hul lewenswyse op ander afgedwing het, en om in Judea grondbelasting aan die Joodse inwoners op hul eie grondgebied te hef. Daardie wêreld was gekenmerk deur anargie, roofsug, verraad en verdorwenheid. Tegelykertyd was daar ’n bespotting gemaak van vroomheid, geregtigheid en menslikheid, en het dit voorgekom “asof die wêreld deur die Satan self geregeer was”. Die goeie middelklasburgers met hul Hellenistiese opvoeding het ook steeds meer onder druk gestaan en bedreig gevoel in hul voortbestaan, en het uiteindelik geen keuse gehad as om hul kragte saam te snoer ter wille van hul oorlewing nie.
Dit lyk asof ons – soos die bekende gesegde – besig is om die geskiedenis te herhaal.
Ons hoor byvoorbeeld akademi…ek bedoel kwasi-geletterde kleuters met kopdoeke aan, wat meen dat volksgenote wat tot die konserwatiewe kant behoort oor een of ander ondergemiddelde IK beskik. Hulle sou na alle waarskynlikheid ook “wetenskaplike” bevindinge kan staaf waarin hulle gelyk gegee word. Sug! Ook so oud soos die berge!
Hierdie betreffende kleuter, dr. Piet Croucamp herhaal in feite opvattings wat sedert die wetenskapsrewolusie in die laat negentiende eeu en deur die twintigste eeu gebesig is. Die groot ironie is natuurlik dat die konserwatiewes altyd argwanend teenoor sulke bevindinge was terwyl die progressiewes hul selfvertroue in die wetenstaplike metode skaamteloos oorskat het. En daar is heelwat van hulle. Neem byvoorbeeld die Britse eugenetici Sir Francis Galton en Havelock Ellis, wat geglo het dat die swakker rasse verbied sou moet word om voort te plant, of Galton se neef Charles Darwin se bekende werk “On the Origin of Species or The Preservation of Favoured Races in the Struggle for Life” (my kursivering). Daarnaas het ons ook ander linkses gehad soos Sir Julian Huxley, daardie sosialistiese voorbok wat so heftig kapsie gemaak het teen apartheid maar tegelyk ook geglo het in eugenetika, of die kommunis Hermann J. Muller wat ‘n Nobelprys gewen het vir sy bewering dat volkere gekweek kan word na de belang van die staat, onder andere deur sommiges te steriliseer.
Die Sweedse Karolinska Instituut se afdeling Rassehigiëne het tussen 1930 en 1978 ongeveer 63 000 sterilisasies uitgevoer aan mense wat hulle as “onbevoeg” beskou het, en het nog honderde duisende mense van verskillende rasse ondersoek om te “bewys” dat die Sweedse ras ‘n beter soort was. Uiteindelik het die afdeling se deure gesluit nie omdat dit omstrede was nie, maar bloot omdat die tydsgees verander het en publieke belangstelling begin afneem het. Die belangrikste borg van die afdeling Rassehigiëne was niemand minder nie as die Nobel Instituut; daardie selfde groepie dus wat Vredespryse uitgedeel het aan al die wêreld se belangrikste terroriste en massamoordenaars, wat wissel van Henry Kissinger tot Mandela, van Arafat tot Obama.
Ook het die Britse neuroloog HL Gordon – na aanleiding van sy navorsing van die breine van honderde swartes – gestaaf in The East African Medical Journal van 1943 dat hy ‘n neurologiese minderwaardigheid by hulle gevind het: “van 14,8%, om presies te wees”.
Om maar te swyg oor die Britse Boerehater en romanskrywer Sir H. Rider Haggard wat gedink het dat Afrikaners geneties minderwaardig was omdat hulle van verskillende rasse afstam, waaronder swartes. Sulke verbasterde rasse was syns insiens gedoem om te misluk, en dit was die Engelse se plig om oor hierdie mindere rasse te heers en in onderwerping te hou.
En waar is al hierdie linkses van weleer nou? Nee wat, hulle het 180 grade linksomkeer gemaak en preek nou nog meer fanatiek vanaf die ander kansel. Dis nou ewe skielik die konserwatiewes wat teen rasvermenging is en in biologiese meerderwaardigheid glo. Dis die konserwatiewes wat ‘n gebrekkige intelligensie het. Dis die konserwatiewes wat al die gruwel in die wêreld veroorsaak het. En hierdie belangrikste meningsvormers, dieselfde groepie wat so teen Afrikaners geskop en geslaan het destyds doen dit nou weer, maar hierdie keer vanuit ‘n ander invalshoek. En elke keer het hulle hul “wetenskaplike bewyse” ter hand om ter stawing.
Dit is een van die belangrikste redes hoekom psigometriese toetse se bevindings beperk moet bly by mense wat weet wat hulle doen. ‘n IK-toets se resultaat is nie die alfa en omega van klassifisering nie. In die meeste gevalle is IK slegs ‘n newe-effek van ander diagnostiese ondersoeke en is eintlik slegs goed verstaanbaar met inbegrip van iemand se algehele sielkundige funksionering. Dikwels hang IK-meting af van iemand se emosionele toestand of denkstyl waarmee daardie persoon in die lewe staan. Die kriteria wat gemeet word is ook dikwels kultuurspesifiek. Byvoorbeeld sien ons dat die bevolkingsgroep in Suider-Afrika met die laagste IK is die Boesmans, wat ’n gemiddelde het van 54. Egter, sodra ’n gewone onkundige toeris soos ek in die Kalahari sou verdwaal, sou ek liewer die hulp van ’n Boesmanspoorsnyer vra as ’n Einstein met sy 170 IK.
Hierdie bogenoemde stellings bewys dat dit nie net in ‘n verre verlede is dat mense so slordig en onkundig omgaan met wetenskaplike feite nie, en ook nie net in Suid-Afrika met sy grimmige en armoedige linkse tradisie nie. Nog so ’n interessante linkse figuur vind ons by een van die belangrikste grondleggers van die Europese eenwording, ’n sekere Frans-Duitse kommunis genaamd Daniel Cohn-Bendit. Hierdie vent probeer sy bes om op allerlei maniere die Europese Unie nog hegter saam te bind, soos byvoorbeeld die stigting van die Spinelli Groep, ’n denktenk vir groter eenwording wat hy na ’n kommunis vernoem het. Cohn-Bendit is ook bekend dat hy almal wat uniewording teenstaan as “geestelik siek” beskou, en klink hiermee verdag veel soos Croucamp met sy lae IK uitlating. Presies watter geestelike siekte hy hiermee bedoel, is nie bekend nie. Ek neem egter aan dat dit nie pedofilie is nie, want dis immers sy voorliefde om te sien hoe 5-jarige dogtertjies hulself voor hom uittrek, soos hy self toegegee het.
Kennelik was sy gedagtes by klein kinders toe die geskiedenisles oor Karel die Grote gegee was. Keiser Karel was die eerste persoon wat Europa wou integreer, maar na sy dood het dit tog maar weer uitmekaar geval soos wat sy seuns moeite gehad het om die verskillende gebiede te reguleer. In elk geval is Cohn-Bendit se nommer een vyand die Europeër wat glo in die behoud van sy eie nasie, vandaar die ywer om regse stemme soos Geert Wilders, Filip Dewinter of die British National Party se monde te snoer.
’n Ander gunsteling stokperdjie by hierdie groep linkses is om die rug toe te keer op alle vorme van geloofsleer, waarskynlik omdat ‘n grondige kennis van geloof ‘n gesonde gemeenskapsgevoel en historiese bewussyn ontwikkel, wat bestaan uit liefde en opoffering terwyl die enigste wat links ons te biede het is haat en afguns. Blykbaar het wetenskaplike bevindings ook sogenaamd aangetoon dat ateïste ’n hoër IK het as gelowiges. Militante ateïste soos Richard Dawkins beweer mos dat die wêreld ’n beter plek sou word as geloof verbied was. Egter, die grootste ateïstiese beweging wat die mensdom nog gehad het – kommunisme – het meer as ’n honderd miljoen lewens gekos verlede eeu. Dit is die hoogste dodesyfer in so ’n kort tyd ooit, en al wat kommunisme eintlik gedoen het is om terug te keer na afgodery. Hoekom anders is Lenin se lyk in ’n masoleum bewaar en die stigter van Noord-Korea, Kim Il-Sung tot die status van ’n god opgehemel? Dit is wat gebeur sodra ‘n mens geloof afskaf in ‘n samelewing: Mense haal hul goue kalwe uit die kas en begin enige tydelike held, soos ‘n Mandela, te aanbid.
Om nog meer skade op te noem wat wetenskaplike ateïsme aangerig het kan ons kyk na die Switsers-Amerikaanse pedagoog Paolo Lionni se opstel The Leipzig Connection, waarin verhaal word hoe die ambisies van ateïstiese en sosialistiese sielkundiges die Westerse skoolkurrikula totaal vernietig het. Die bekende filosoof/sielkundige in Leipzig, Wilhelm Wundt, was ’n vroeë grondlegger van behaviorisme gewees – daardie skool van sielkunde wat gestel het dat die mens geen hoër gewaarwording het nie en bloot reageer op beloning en straf. Sy invloed het gestrek na John Dewey, BF Skinner, G. Stanley Hall, JB Cattell en ander topfigure in die sielkunde. Wundt het ook nie geglo dat daar iets soos ’n spirituele aspek bestaan nie, en het sy hele loopbaan opgeoffer om te bewys dat die mens slegs ’n stimulus – responsmasjien is. Een van Wundt se studente, die vermaarde opvoeder John Dewey het geglo dat mense nie beter as diere is nie, en dat die rol van die onderwyser voortaan tweërlei moet wees, ten eerste om kinders te help sosialiseer in hul groep in plaas van hulle help om hul geestelike vaardighede te ontwikkel, en ten tweede om deur middel van beloning en straf te help om ervarings by hulle te kweek, wat ’n sluwe manier is om hul innerlike gewaarwording te rem.
Weereens sien ons hoe die vroegmoderne opvoeders einlik een doel nagestreef het, en dit is om kinders op te voed nie om hulself te kan verryk nie, maar om hulle slawe van die tydsgees te maak. ’n Ander bekende ateïstiese opvoeder, Benjamin Bloom het geglo dat die hoogste vorm van intellek is wanneer die individu nie meer glo in die beginsels van reg en verkeerd nie! Ons kan duidelik die gevare hiervan insien om kinders sonder kernwaardes op te voed. Die resultaat is eerder Golding se Ryk van die Vlieë as Rousseau se Edel Barbaar.
Dalk is dit wat Croucamp eintlik bedoel met sy lae IK konserwatiewes. Hulle dink te veel in terme van “reg” en “verkeerd” in Suid-Afrika en daarom nie vatbaar genoeg vir rewolusionêre aksies nie.
Dit help verklaar waarom die konserwatiewe gelowiges teen die ewolusieleer gekant is. Dit is nie soseer vanweë die suiwer biologiese teorie nie, maar die potensiale misbruik wat mense gaan maak deur te stel dat die mens nie beter as ’n dier is nie. Anders gestel: Hoe meer mense in biologiese ewolusie glo, hoe meer gaan dit ten koste van geestelike ewolusie. Wanneer biologiese ewolusie te veel opgehemel word gaan mense die krag van die gees misken. Kru wetenskaplike afbakenings gaan ingevoer word om mense te kategoriseer sonder om rekening te hou met hul persoonlike waardes en strewes. Iewers het ek gelees dat die koms van Christus ’n nuwe fase in die mens se geestelike ewolusie ingelui het. Die vroeë Romeinse Christene was gekenmerk deur hul introspektiewe houding, in dié sin dat hulle hul energie geput het uit die besef dat elke mens ’n ganse heelal van belewenisse en rydomme in sy hart en siel het. Die beginsel van Christelike naasteliefde onderskraag hierdie besef. Blykbaar is dit ook die geheim agter Da Vinci se Mona Lisa-glimlag. Haar gelaatsuitdrukking verraai iemand wat swygsaam toekyk terwyl sy in kontak is met haar binneste heelal.
Na Da Vinci sou dit nog twee honderd jaar duur totdat ’n redelik onbekende mistieke wetenskaplike, Emanuel Swedenborg sy innerlike belewenisse in ’n hele aantal volumes beskryf het. Ofskoon min mense van hom gehoor het, was hy een van die mees invloedryke denkers van die moderne tyd, en sy werke het mense so uiteenlopend soos Carl Jung tot Emerson, Abraham Lincoln tot Roosevelt beïnvloed, weereens met die nadruk op die mens se geestelike groei. In sy skrywes benadruk hy hoe ’n ingesteldheid van opoffering ’n mens nader tot sy skepper bring terwyl ’n egoistiese ingesteldheid mense juis in hul persoonlike hel laat beland. Saam met Goethe, daardie ander Lutherse denker, word Swedenborg beskou as een van die intelligentste mense wat nog geleef het, en albei was diep gelowig.
Die wetenskapsrewolusie met sy faux pedagoë het jammer genoeg hierdie stemme uit die verlede stilgemaak, en hul dissipels verkondig nog steeds aan almal hul “verligtingsideale” vanuit hul akademiese leerstoele, wat eintlik alles behalwe verligtend is. Iemand soos Swedenborg sou na alle waarskynlikheid as ’n skisofreen afgemaak word en mense wat geloofsleerstellings ter harte neem as te onintelligent om wetenskap te verstaan.
Gelukkig hoef ’n mens deesdae nie meer duisende rande te betaal vir ’n universitêre graad in die geesteswetenskappe nie, wat deesdae al hoe meer uit radikale propaganda bestaan. Die suiwerste kennis wat ons werklik nodig het kan gratis van internet afgelaai word. En daar lê die sleutel van indiwidue en volkere se vryheid.
Eers dan kan ons in navolging van NP van Wyk Louw weer diegene wees wat die mensdom uit die donker nag van die siel sal lei en ’n nuwe wending gee aan die beginsel van voortbestaan in geregtigheid.
Kenia se president en sy adjunk is onderweg na Den Haag terwyl kommer toeneem dat wrywing weer sal opvlam in gemeenskappe wat uitmekaar geskeur is deur ‘n post-verkiesingsbloedbad meer as vyf jaar gelede.
Adjunkpresident William Ruto gaan die beskuldigdebank by die Internasionale Strafhof staan vir misdade teen die mensdom, gevolg deur President Uhuru Kenyatta in November, terwyl lede van hul twee onderskeie etniese groepe vrees dat dit ou wonde kan oopmaak .
Hul oorwinning in vanjaar se vreedsame verkiesing onder die Jubilee Alliance het nog min gedoen om die etniese haat te genees op die grond tussen Kenyatta se Kikoejoe en Ruto se Kalenjin stamme, wat ná ‘n betwiste 2007-uitslag, die saak met geweld wou besleg.
Dit laat Oos-Afrika se grootste ekonomie op hete kole, waar stamlojaliteite ‘n deurslaggewende rol in politiek speel en geweld dryf . Dit bekommer ook die Weste, wat ‘n stabiele Kenia as noodsaaklik vir die plaaslike veiligheid en die stryd teen militante Islam beskou.
Vir die Internasionale Strafhof, is dit die eerste verhoor waarby ‘n sittende president aangekla word en sy grootste toets tot dusver as instelling wat in 1993 gestig is. Die ISH kry toenemende opposisie uit Afrika, waar dit gesien word as ‘n bevooroordeelde instelling wat slegs swartes uitsonder.
Die alliansie tussen Kenyatta en Ruto het tyd gekoop sê inwoners van die westelike stad van Eldoret, naby die plek waar ongeveer 30 Kikoejoes tot die dood verbrand is in ‘n kerk deur ‘n Kalenjinbende aan die brand gesteek is.
Ná ‘n parlementêre stemmery verlede week is geëis dat Kenia onttrek van die Den Haag-hof se jurisdiksie wat ontleders laat glo dat Nairobi politieke dekking bou vir die twee mans om hul deelname in die verhoor stop te sit, maar diplomate sien so ‘n skuif as onwaarskynlik.
Kenyatta (51) en Ruto (46) het lank belowe dat hulle sal voortgaan om saam te werk om aanklagte van misdade teen die mensdom te weerlê. Daarbenewens sal enige besluite in Kenia ‘n jaar neem om te implementeer en die komende hofsaak nie kan stuit nie.
“Die twee glo hulle kan wen by die verhoor,” sê Macharia Munene , ‘n universiteitsdosent in Nairobi . “Die hof het ook ‘n swak rekord van skuldigbevindings, ” het hy gesê , met verwysing na die Kongolese krygsheer Thomas Lubanga . – Reuters
DieGupta-familiehet weer onder skoot gekom, hierdie keervan kontrakteurswat beweer dat hulleniebetaling vir huldienste ontvang nie.
Die swierige, superryk familie skuld na beweringgeld vir dienste aanhul myne,berigdieSunday Times.
VolgensMariusNel,wat ‘ndrie–jaarkontrak metShivaUranium, ‘n myn in Gupta-besitgehad het,word hyR2.2miljoen geskuld asook ‘n verdereR2 miljoenwat verband hou met‘n ongeluk opeen vanhulle myne.
Hy sê hywagsedert Mei vir die geld.HyhetShiva gedagvaar,wat op hulle beurt ‘nteeneis virtoerusting wat na beweringbeskadig isin‘n ongeluk ingestel het.
Ander diensverskaffershet ook gesêShivais ‘n slegtebetaler.
DieGuptashet die mynin 2010 gekoop.Hullehet R461miljoenvan huleie geldmet ‘n bykomendeR250 miljoenlening van dieIndustrial DevelopmentCorporation (IDC) betaal.Shivais egternie in staat omdie leningte diens nie wat glogeherstruktureeris onlangs, as gevolg van laeuraanpryse.