
Duitsland het nou hard en duidelik sy stem gevoeg by die Europese Unie (EU) se handelskommissaris, mnr. Karel de Gucht, wat onlangs skerp kritiek uitgespreek het teen die ANC-regering se beleid rakende bilaterale beleggingsooreenkomste met lidlande van die EU.
Adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, sê dit blyk dat Suid-Afrika se strewe om transformasie bo goeie betrekkinge met sy handelsvennote te stel, een van die hoofredes is dat hy toenemend nie beleggingsbeskermingskontrakte as deel van sy ooreenkomste met EU-lidlande wil hernieu nie.
Suid-Afrika het vroeër vanjaar reeds handelsooreenkomste met België en Spanje verbreek.
Volgens adv. Alberts is Duitsland duidelik ‘rusteloos’ omdat Suid-Afrika moontlik nie ‘n nuwe ooreenkoms met hom gaan sluit nie.
“Duitsland is ‘n belangrike deel van die EU, en indien sy kontrak nie hernieu word nie, gaan Suid-Afrika toenemend handelsprobleme ondervind met die EU-lande.
“Dis ook duidelik dat die ANC-regering sluik-onteiening in die vooruitsig stel waardeur hy regte wegneem op so ‘n wyse dat dit nie aan die formele definisie van onteiening voldoen nie, soos met mineraleregte.
“Die Wet op die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumhulpbronne bepaal in ‘n neutedop dat alle onontginde minerale- en petroleumprodukte die gemeenskaplike erfenis van die hele bevolking van Suid-Afrika is met die staat wat dit in trust hou namens die publiek.
“Indien die staat nie regte self toeëien nie, maar dit eensydig wegneem ter wille van die openbare belang, kan bykans enigiets eensydig vervreem word. ‘n Toetssaak hieroor in die Grondwethof het reeds ten gunste van die staat beslis.
“Die ANC wil juis nie beleggingsooreenkomste hê nie aangesien dit steeds voorsiening sal maak vir vergoeding waar sluik-onteiening plaasvind. Sonder die ooreenkomste kan die regering nie deur ander state gedwing word om vergoeding te betaal vir vervreemde bates nie,” sê adv. Alberts.
Duitsland se ambassadeur in Suid-Afrika, dr. Horst Freitag, het in ‘n toespraak verlede week daarop klem gelê dat enige belegging riskant is, en dat dit ononderhandelbaar vir voornemende beleggers is om in ‘n omgewing te belê waar daar nie onnodige risiko’s is nie.
Hy het ook gewaarsku dat dit veel moeiliker is om vertroue met ‘n handelsvennoot op te bou as om dit te verbreek.
Volgens adv. Alberts is dr. Freitag se versoeke dat die Suid-Afrikaanse regering ‘openlik, eerlik en deursigtig’ oor handelsbetrekkinge moet wees, ‘n duidelike bewys daarvan dat Duitsland meen dit is tans nie die geval nie.

ag nee, gaan die swartes ophou mercedes koop?
Sluik-onteiening?
Hoekom word hierdie ANC gedrewe prosesse nie by die naam genoem nie? Onteiening is en bly diefstal, roof en afvat van goed wat nie aan jou behoort nie..
Die volk werk anders. Westerse kontrakte is hulle vreemd. Dit was al duidelik met Piet Retief. Ek kan verstaan as die duitsers dit nie weet nie maar dat die dom sotte wat in hierdie land onderhandel het dit nie geweet/nie besef/geignoreer het.
In so ‘n ooreenkoms sal afrika net altyd wil hê sonder enige teenprestasie.
Stuur die beleggingsbeskermingskontrakte in hulle pietjie. Die Duitse regering word volgens hul eie beleid en druk vanaf die sosialiste gyselaar gehou om in elk geval miljarde te skenk aan ‘ontwikkelende lande’. Die ANC weet dit en dis in elk geval onwettig om iets in ruil van `n swart man te verwag.
“beleggingsbeskermingskontrakte” is dit `n woord ? Of is dit `n sin ?
Die ANC draai alhoemeer vas in hulle eie nette.
Hierdie regering kan nie handel as daar nie grootskaalse korrupsie plaasvind nie en omdat hy weet die EU lidlande sal die beleggingsbeskermingskontrakte onder die vergrootglas plaas stel hy eintlik nie belang nie.
Willy ek wonder of die ANC werklik so onnosel kan
wees dat hulle nie besef dat hulle grootste ondersteumings basis juis in die EU
lidlande le nie – Sjina gee niks verniet nie en baie bietjie vir n
tiekie.
Haha goeiemôre Riempies.
Toe ek die kommentaar gelewer het, het ek ‘n berig gelees waar ‘n sekere regeringsamptenaar die domste ding kwytgeraak het. Toe was die hele regering vir my onnosel.
Dis waar wat jy sê Riempies.
As ons Oom Siener glo, dan gaan die Duitsers ons Afrikaners nog kom bystaan teen hierdie barbare.
Hierdie is dalk die begin van daardie voorspelling.
Ek dink hulle doen die ding op ‘n baie subtiele manier. Die dag as hulle begin grond onteien wil hulle nie in konflik staan met sekere lande nie, of waar, soos in zimbobejaan stad, waar die leier bobbejaan sou sê, dat 50% van alle besighede of beleggings aan die zimbobbejaan burgers gegee moet word. Die anc, in samewerking met eff, wil onnodige aandag verskans. Soos gemeld is België en Spanje se beleggings ooreenkomste nie hersien nie. Dieselfde gaan gebeur met Duitsland en ander Europese lande. Die uitsondering gaan kom met lande wat Israel teenstaan, Rusland en China. Ons moet onthou dat die swart gedrogte net wil hê. Hulle staan altyd bakhand, maar is nie ywerig om te gee nie.
Die blote feit dat alle minerale deur die staat op beslag gelê is met die verskoninig dat dit ons almal se erfenis is, is ‘n bewys dat die gepeupel dit in gedagte het om grong en eiendom te onteien of net te vat. Ek wonder party dae wat is die banke se reaksie as hulle sulke dreigemente hoor, want 80% van eiendom is onder een of ander verband. Dalk sal dit ook ‘n goeie ding wees, want die hoeveelheid geld wat die banke al van verbandhouers “gesteel” het dmv rente, kan dalk net die ding “regverdig”
Mense, kyk na die groter prentjie. SA handel met die EU hou baie boere en mense in hierdie land aan die gang. Die ANC is wragtig so onnosel dat hulle duisende mense se inkomste in gevaar stel… aaag wat sê ek?? Die sotte weet niks van niks. “Finish en klaar!” Hoe wil jy werk skep deur handelsooreenkomste op te skort? Die afgrond spoed nader…
Dalk is die plan juis om die uitvoer van ZA landbouprodukte te kelder en op so ‘n manier die boere van die plase te dwing.