Volgens die Sunday Independent beplan die ANC om sekere provinsies af te skaf.
Die afskaffing kan lei tot groter magte vir betrokke munisipaliteite.
Dié voorstelle is vervat in ‘n verslag wat in Julie by die party se vergadering besluit is en intussen na provinsiale strukture uitgestuur is.
Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het by dié geleentheid ook verklaar dat oplossings gemik op werkloosheid, armoede en ongelykheid nog geen vrugte afgewerp het nie.
Mantashe meen die ANC moet eerder op grondhervorming, mynboubelange en breëband fokus.
Die party beplan glo ook om senior staatsamptenare se persoonlike uitgawes en magte te ondersoek.
Die DA se niksseggende slagspreuk, “Saam vir verandering” het betekenis gekry met die leier wat aandui watter soort verandering sy in gedagte het.
‘n Foto van Zille waar sy ‘n swart werker met mening op die lippe soen, is klaarblyklik die soort “verandering” wat die party in gedagte het.
Vir die gemiddelde wit stemmer is dit juis wat hulle nie wil sien gebeur nie.
Daar is iets soos gesonde verskille tussen mense, anders het medici gate gegrou en werkers het breinoperasies gedoen.
Ongelykhede het met meriete en goeie waardes waardes te make.
Dit is daarom nie verbasend dat Zille se party Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging en Regstellende Aksie voorstaan nie. Immers is meriete vreemd aan dié twee beleidsrigtings aangesien dit nie ‘n gelykmaking na onder veronderstel nie.
Oor grondhervorming is daar nie meer enige beweegruimte vir foute nie. ‘n Gesaghebbende internasionale studie het bevind dat duurder kos sonder uitsondering aanleiding gee tot opstand. Die Arabiese Lente was uit hoë kospryse gebore.
Dit is dus ‘n resep vir rewolusie wat welbeproef is.
In Suid-Afrika wil dit voorkom asof die grondgrypsug bestuur word na een of ander opstand.
Met die Amerikaanse president Barack Obama en die Britse koningin wat sulke rolmodelle soos Robert Mugabe net verlede week ondersteun het, kan ‘n mens heel onrustig begin slaap.
Aandeleskemas vir swart werkers op plase, die nuutste foefie, werk met die veronderstelling dat die swart werkers nie hul eie voordeel sal miskyk nie.
Julius Malema se gewildheid kan dié veronderstelling dadelik te ruste lê.
Dit is tyd dat wit kiesers hul stemme dik maak vir die behoud van eiendomsreg en Marxisme na die asblik verban waar dit hoort.
Die Ekonomiese Vryheidsvegters sê hy sal koalisies met ander partye oorweeg, mits hulle die EFF se beleid oor grondonteiening sonder vergoeding en die nasionalisering van myne omarm.
Die EFF se premierskandidaat vir die Wes-Kaap, Nazier Paulsen sê die party is oorgehaal om die oorsake van ongelykheid, naamlik eiendomsreg en grondbesit, uit te skakel.
Hy meen die EFF sal in dié provinsie goed vaar en minstens 22 setels in die provinsiale parlement inpalm.
Intussen het die EFF se leier min gesig gewys in die Wes-Kaap. Julius Malema het voorheen nie opgedaag by ‘n verkiesingveldtog in Kaapstad nie.
Malema was nie by ‘n nuuskonferensie ‘n week of wat gelede in Manenberg nie.
Manenberg is ‘n berugte bendetuiste en een van die oorsake van die Wes-Kaap se besonder hoë misdaadsyfer.
Malema het ook nie vroeër in Mfuleni opgedaag nie.
Sameroeper Nazier Paulsen het Malema se afwesigheid verdedig en gesê dit bewys dat die EFF nie ‘n “eenman-party” is nie.
Paulsen het gesê die premier van die provinsie het ook al geweier om in Manenberg op te tree.
‘n Manenbergse gemeenskapswerker het haar teleurstelling uitgespreek oor Malema se afwesigheid.
“Dit is hoe die woord versprei het dat Julius Malema self hier gaan wees, nie sy voetsoldate nie,” het sy gesê.
Die redakteur van die Business Day, Peter Bruce, lewer vandag ‘n pleidooi vir groter gelykheid in Suid-Afrika, in reaksie op ‘n twiet deur Dali Mpofu van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) waarin hy optrede teen armoede bepleit.
Volgens Bruce, bestaan daar “‘n groeiende strook linkse akademici, ontleders en beleidmakers wat saamstem dat dit nie langer heeltemal waar is nie. Hulle glo tans dat, terwyl armoede sleg is, ons werklike probleem ongelykheid is. Dit is die ongelykheid – só redeneer hulle – wat ons maatskaplike samehang, bedreig.”
Die redakteur van die Business Day haal ook die Amerikaanse ekonoom en New York Times-rubriekskrywer, Paul Krugman, aan wat glo dat maatreëls om die VSA se ongelykheid te verminder tot ekonomiese groei sal lei.
Bruce lewer self die volgende pleidooi: “Ek dink dat vakbonde op maatskappyrade behoort te dien dat werkers aandele in die ondernemings waar hulle werk, behoort te besit. Ek glo vas dat, tensy ons rykdom meer doeltreffend en regverdig versprei, ons nie suksesvol gaan wees nie.”
Die wêreld se 85 rykste mense het soveel geld soos die 3,5 miljard armste mense op die planeet, of die helfte van die wêreld se bevolking .
Dit is volgens Oxfam se jongste verslag oor die risiko’s van die kloof tussen die superrykes en die armes.
Die verslag is Maandag vrygestel en is saamgestel deur Oxfam, ‘n internasionale Britse organisasie wat teen armoede en ongelykheid agiteer.
Die dokument fokus op die omvang van wêreldwye ekonomiese ongelykheid wat glo veroorsaak word deur die vinnig groeiende welvaart van die rykste mense.
Hulle hou volgens Oxfam ‘n bedreiging in vir “menslike vooruitgang”.
‘n Totaal van 210 mense het miljardêrs geraak verlede jaar en hulself by die bestaande 1426 miljardêrs met ‘n gesamentlike netto waarde van $5,4 triljoen gevoeg.
Volgens die Oxfam-data het die rykste 1 persent van mense regoor die wêreld 65 keer die totale rykdom van die onderste helfte van die planeet se bevolking.
Dit bied ‘n aansienlike bedreiging vir inklusiewe politieke en ekonomiese stelsels, lui die verslag.
In die 21ste eeu kan die buitengewone klein elite almal gemaklik op ‘n dubbeldekkerbus inpas, ” het Oxfam hoof uitvoerende Winnie Byanyima by ‘n nuuskonferensie gesê .
Die verslag sal by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos wat later hierdie week begin, voorgelê word.
Sedert die laat 1970’s, het die belastingkoers vir die rykste gedaal in 29 uit 30 lande waarvoor data beskikbaar is, volgens Oxfam.
‘n Opname in ses lande, waaronder die VSA, die Verenigde Koninkryk, Spanje, Brasilië, Indië en Suid-Afrika het getoon dat ‘n meerderheid van mense glo dat die wette ten gunste van die rykes geld en dat hulle te veel invloed het.
Die DemokratieseAlliansie (DA) het begin metdie tweede fase vandieparty se “Ken JouDA“-veldtoginJohannesburg.
Die eerste fasehet erge omstredenheid veroorsaakomdat die partydie verhaal vanhoe hulle eintlik in die stryd teenapartheid gevoer het, probeer monopoliseer het.
Ditsluit ookdievrystelling van ‘npamflet in waarvoormalige presidentNelsonMandelaen aktivisHelenSuzmanomhelsmetdie bewoording:“Ons hetons deel gedoen om apartheid teen te staan”.
Die ANChet woedend op dieveldtog gereageer en dit as ‘n “sinieseenopportunistieseoefeninginpropaganda” afgemaak.
DieDAsePremierskandidaat virGautengMmusiMaimanehet gesê die partywil hê dat‘n Suid-Afrika moet bou aan môre.“Ons wou onsondersteuningvir ‘n breë-gebaseerdeswart ekonomiese bemagtiging bevestig,asook na die kwessievangrondhervorming.Ons het ookgekyk naons ondersteuningvir maatskaplike toelaesen ons wil seker maakdat onsin die historieseerfenis [van ongelykheid] aanspreek ten einde ‘ntoekomsvoor te bereiwaaralle Suid-Afrikanersingesluit word.“
Hy het bygevoeg:“Ons teenstandersdikwelssê dat indien dieDAaan bewindkom sal ons mense semaatskaplike toelaes wegneem en apartheid terugbring watabsoluteonsin is,” sêMaimane. – Sapa
FW de Klerk, Mamphela Ramphele en Tim du Plesssis het vandeesweek gekla oor die “ongelykheid” in Suid-Afrika, met die implikasie dat blankes en Afrikaners daarvoor verantwoordelik is.
Ek blameer die Britse administrasie van die 19de eeu asook die destydse swart hoofmanne wat nie skole gebou het nie. Eers onder Verwoerd as minister van naturellesake is daar daadwerklik iets aan swart onderwys gedoen, soos Hermann Giliomee onlangs geskryf het.
Die probleem is egter dat die gesanik oor apartheid – waaraan Naspers/Media24 natuurlik lustig meedoen – die verwagting by swartes skep dat hulle net bakhand moet staan en moet ontvang, by wyse van SEB, rassevoorkeure by aanstellings, ens.
Hoewel SA swartes reeds die rykste ter wêreld buite Amerika en ander Westerse lande is, glo hulle vas dat hulle “benadeel” is. Hulle vergelyk hulself ook met ons wie se kinders 6,5 uur per dag skoolgaan teenoor swart skole waar gemiddeld slegs 3 uur per dag onderrig gegee word. Daarmee saam gaan ‘n skrikwekkende demografie waar hul bevolking elke twintig of dertig jaar verdubbel.
Op die lang duur is daar geen vooruitsig dat “ongelykheid” gaan verdwyn nie, net so min as wat Swaziland ooit soos Switserland gaan word. Onlangs is Switserland weer aangewys as die mededingendste land ter wêreld, gevolg deur Singapoer. Suid-Afrika was natuurlik ver agter.
Die enigste oplossing is inderdaad territoriale skeiding sodat daar geen twyfel kan bestaan oor wie vir wie se ongelykheid of sukses verantwoordelik is nie. Tans ry die ANC op die rug van privaatsektor- en blanke belastings en verbeel hom hy is die nuwe koloniale moondheid in Afrika.
“Misdaad en die feit dat Suid-Afrikaners nie meer veilig in hulle eie huise voel nie, is een van die ernstigste probleme in die land. As die president dan slegs enkele sinne in sy toespraak aan misdaad wy, beteken dit dat misdaad nie ’n prioriteit van die regering is nie,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye in die Parlementêre debat oor president Zuma se staatsrede gesê.
“Wanneer gaan die ANC leer om nie die rassekaart te gebruik as hulle van iemand anders verskil nie?” het dr. Mulder gevra.
“Waarom moet al 36 Universiteitskampusse in Suid-Afrika Engels wees? As ek argumenteer dat ten minste twee of drie van hierdie kampusse oorwegend Afrikaans moet wees, met wit, bruin en swart Afrikaanse student, dan word dit deur regeringswoordvoerders ‘bedekte rassisme’ genoem.”
“As jy ’n Afrikaanse kunstefees hou, is dit skielik rassisme, maar ’n Zoeloe-fees in KwaZulu-Natal is nie.”
Dr. Mulder het die president se aankondiging verwelkom dat daar subsidies ingestel gaan word vir maatskappye wat jong onervare werkers aanstel. Hy wou egter weet of hierdie voorstel ook vir jong wit werkers geld.
“Die regering maak ’n groot fout as hulle nie kennis neem van die groeiende weerstand en polarisasie wat regstellende aksie by veral jong mense veroorsaak nie. Die swart ryk en middelklas is reeds aansienlik groter as die wit ryk en middelklas. Regstellende aksie neem tans slegs ras in ag en nie ekonomiese vermoë nie. Om watter rede moet ’n swart miljoenêr se kind deur hierdie maatreëls bevoordeel word, terwyl ’n arm wit kind benadeel word?” het Mulder gevra.