praag.co.za

Tag: BEE

  • Brief: ANC-bewind gaan blanke kleinsake uitsluit van Covid-19-hulp!

    Brief: ANC-bewind gaan blanke kleinsake uitsluit van Covid-19-hulp!

    30% Buitelanders het meer waarde vir die regering as sy wit burgers.

    Swart werkers in die diens van nie-SEB-maatskappye suig ook duidelik aan die agterspeen.

    Dit is ongelooflik dat ‘n regering in ‘n krisissituasie soos hierdie nog teen sy eie burgers kan diskrimineer op grond van velkleur.

    Afgesien van die onmenslikheid en kortsigtigheid hiervan, is dit ook ‘n groot verleentheid vir SA want dit is seker die enigste land ter wêreld waar ‘n regering so kortsigtig is.

    Self en ek glo baie ander ook, het ek gehoop dat hierdie tipe rassisme ten minste in hierdie moeilike tyd, sal verdwyn.

    Duidelik is dit nie die geval nie.

    Die ANC kies nie die land nie, maar kies steeds sy NDR-ideologie.

    En steeds gaan wit boere elke dag hard werk om te verseker daar is kos vir ALMAL… net om later weer te hoor, ons wil julle nie eintlik hê nie.

    Maar ons moet positief bly, aanhou bid, en toegee en toegee… die geduld raak nou op!

    Suid-Afrika gaan van Vrydagoggend vroeg in “lockdown” wees. Pleks dat die land fokus op die bekamping van COVID-19, is die fokus op ‘n klomp rassistiese SEB-maatreëls wat versteek is in die finansiële hulp wat president Cyril Ramaphosa Maandagaand aangekondig het. Dit is jammer dat baie energie nou in die verkeerde rigting gaan.

    Italië gaan deur ‘n lewende hel. Lombardye in Italië het ‘n maand gelede 750 hoësorgbeddens gehad. Nou het hul meer as 3000 hoësorg- COVID-19-pasiënte.

    —Koot van der Ryst

  • Ondersoek beweerde SEB-gekonkel by Goldfields vra VF+

    Ondersoek beweerde SEB-gekonkel by Goldfields vra VF+

    southdeepBewerings van korrupsie by die goudmynmaatskappy Goldfields rondom Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) moet oopgevlek word en die Vryheidsfront Plus gaan die Valke versoek om die bewerings te ondersoek en skuldiges voor die hof te bring, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.

    Luidens onlangse mediaberigte het Goldfields se direksie besluit om nie die aanbevelings van ’n onafhanklike ondersoek na ‘n bemagtigingstransaksie in 2010 verder te voer nie.

    Die bevindings van ‘n onafhanklike ondersoek van ’n Amerikaanse firma, Paul Weiss, gaan ook nie in ’n amptelike verslag van die maatskappy opgeteken word nie.

    Dr. Mamphela Ramphele, voormalige voorsitter van Goldfields, het vroeër vanjaar gesê die regering het ’n lys van voorgestelde kandidate vir dié bemagtigingsaksie in Goldfields se ‘kele afgedruk’.

    Adv. Alberts sê dit onderstreep net weer dat SEB niks anders is nie as ‘ideologiese snert’ wat toegang tot die regering se geldtrog verseker en net dieselfde magtige en bemagtigde mense oor en oor en op korruptiewe wyse verryk onder die dekmantel van ‘bemagtiging’.

    “SEB is bloot ‘n rookskerm om die staatskas te plunder en die VF Plus gaan die Valke versoek om ondersoek instel na die transaksie. Indien daar korrupsie was, moet die betrokkenes vervolg word,” sê adv. Alberts.

    Die lys van voorgestelde kandidate wat die regering glo aan Goldfields voorgelê het vir die bemagtiging, het gekom toe Goldfields die mynregte bekom het vir South Deep, die groep se mees winsgewende Suid-Afrikaanse mynboubate.

    Luidens berigte het dit meer as 70 bevoordeeldes ingesluit, van pres. Jacob Zuma se prokureur tot Baleka Mbete, ANC-voorsitter, asook Zindzi Mandela en ’n dogter van ’n voormalige ANC-lid van die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale. Die waarde van die SEB-transaksie was sowat R2,1 miljard.

    “Wat hier gebeur wys ook opnuut waarom Suid-Afrika nie begerig is om die Europese Unie se lidlande as handelsvennote te omarm nie. Sonder ‘n wakende oog kan die geplunder in die naam van bemagtiging na hartelus plaasvind en onder die mat ingevee word.

    “In hierdie geval sal die VF Plus sorg dat dit nie gebeur nie en sal toesien dat die bewerings ondersoek word,” sê adv. Alberts.

  • DA herloods tweede deel van omstrede veldtog

    DA herloods tweede deel van omstrede veldtog

    Daso-werwingsplakkaat
    Daso-werwingsplakkaat

    Die Demokratiese Alliansie (DA) het begin met die tweede fase van die party se “Ken Jou DA“-veldtog in Johannesburg.

    Die eerste fase het erge omstredenheid veroorsaak omdat die party die verhaal van hoe hulle eintlik in die stryd teen apartheid gevoer het, probeer monopoliseer het.

    Dit sluit ook die vrystelling van ‘n pamflet in waar voormalige president Nelson Mandela en aktivis Helen Suzman omhels met die bewoording: “Ons het ons deel gedoen om apartheid teen te staan”.

    Die ANC het woedend op die veldtog gereageer en dit as ‘n “siniese en opportunistiese oefening in propaganda” afgemaak.

    Die DA se Premierskandidaat vir Gauteng Mmusi Maimane het gesê die party wil hê dat ‘n Suid-Afrika moet bou aan môre. “Ons wou ons ondersteuning vir ‘n breë-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging bevestig, asook na die kwessie van grondhervorming. Ons het ook gekyk na ons ondersteuning vir maatskaplike toelaes en ons wil seker maak dat ons in die historiese erfenis [van ongelykheid] aanspreek ten einde ‘n toekoms voor te berei waar alle Suid-Afrikaners ingesluit word.“

    Hy het bygevoeg: “Ons teenstanders dikwels sê dat indien die DA aan bewind kom sal ons mense se maatskaplike toelaes wegneem en apartheid terugbring wat absolute onsin is,” sê Maimane. – Sapa

  • Die digste element in die heelal is ontdek

    ‘n Groot navorsingsinstituut het so pas aangekondig dat hulle die digste element  in die heelal ontdek het.  Die nuwe  element heet Ancenium.  Ancenium het een neutron, 12 assistent-neutrone, 75 adjunkneutrone en 224 assistent-adjunkneutrone.  Dit gee aan Ancenium ‘n atoomgewig van 311, die swaarste wat tot op hede aan die wetenskap bekend is.

    Donker kragte wat as IK75-morone bekend staan, hou die dele bymekaar. Hulle word omring deur ‘n groot aantal pionagtige partikels wat soos kleptone lyk.

    Die simbool van Ancenium is AnC.

    ‘n Merkwaardige verskynsel is dat Ancenium se massa met tyd vermeerder deurdat verskillende elemente in die atmosfeer na willekeur met die morone reageer.  Daardeur word assistentp-neutrone binne die Ancenium-molekule geskep, wat op sy beurt weer aanleiding tot die vorming van isobesope gee, by veral ouer molekules.

    Hierdie eienskap van moroonvermeerdering het sommige wetenskaplikes laat glo dat Ancenium gevorm word wanneer morone ‘n bepaalde konsentrasiedrempel bereik het.  Hierdie hipotetiese getal word die Kritieke Moerass genoem, wat nie met IK75 verwar moet word nie.

    Wanneer dit met geld gekataliseer word, word BEEnium gevorm.  Dit is ‘n element wat duisend maal meer uitstraal as wat sy massa werklik is. Hierdie uitstraling kom in die vorm van ‘n onsamehangende energie wat as Melemania bekend staan, en wat, volgens wetenskaplikes, die potensiaal besit om ‘n hele beskawing te vernietig.

    Wetenskaplikes, soos prof Naspersen, werk volstoom aan ‘n formule om Malemania teen te werk, maar die sterk invloed van Ancenium in die ruimte het alle pogings tot dusver in die wiele gery.  Hulle werk byvoorbeeld daaraan om Ancenium se neutron, ook bekend as JZ, te verwyder deur ‘n laser op die neutron se swakhede te fokus.

    платье для девочкилобановский харьков

  • De Klerk se jongste set

    Nie net was De Klerk aandadig aan groteske verraad deur die mandaat wat hy van die destydse blanke kieser ontvang het om te onderhandel as 'n vrypas vir oorgawe te interpreteer nie, maar die grondwet wat hy en sy handlanger Roelf Meyer aangeneem het, is 'n volslae klug. Feitlik elke reg in die sogenaamde grondwet, dié op gebruik van die eie taal, die reg om te werk, eiendomsreg, ensovoorts, word in terme van ras gekwalifiseer.

    Artikel 9 (5) van die SA grondwet bepaal: "Diskriminasie… is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is."

    Daarom moet De Klerk se onlangse uitspraak by 'n Solidariteit-konferensie oor regstellende aksie, waar hy hom teen "ongelykheid" uitgelaat het, gesien word vir die absurditeit wat dit is. As argitek van die grondwet en die klakkelose oorgawe aan die radikale, eksterne, gewapende vleuel van die terroristiese ANC, het hy ongelykheid en anti-blanke diskriminasie tot in aller ewigheid op sy eie mense afgedwing. Nie dat De Klerk meer 'n Afrikaner is nie, want indien hy hoegenaamd begaan was oor die gestadigde volksmoord wat tans teen Afrikaners gepleeg word, sou hy lankal ereselfmoord gepleeg het om aan 'n uiteindelike vuurpeleton van sy eie mense te ontkom.

    Solidariteit, wat enkele jare gelede nog gemeen het dat regstellende aksie "onvermydelik" was maar net "billik" toegepas behoort word, is dubbel naïef in sy benadering tot regstellende aksie. Aan die een kant word gemene saak met die verraderlike De Klerk gemaak wat moontlik weer 'n strategie in die mou voer om die Afrikaner van die wal in die sloot te help. Aan die ander kant gaan die internasionale ideologiese en strategiese dimensie van ras en rassewetgewing aan die vakbond verby.

    Met Obama in die Withuis, word die Amerikaanse Hooggeregshof tans getransformeer om die magsbalans in die hof na links te druk. Die aanstelling van die ultraliberale en antiblanke Spaanssprekende regter, Sonia Sotomayor, wat moeilik deur die Republikeinse minderheid gekeer gaan word, sal verseker dat die Amerikaanse Hooggeregshof voortaan regstellende aksie met hernieude ywer in die VSA gaan toepas.

    Intellektueel en ideologies is Suid-Afrika deesdae die "51ste staat" van die VSA. Trouens, die totaliteit van die ANC se anti-blanke wetgewing en maatreëls is feitlik onveranderd vanuit Amerika oorgeneem. Binne hierdie klimaat waar regstellende aksie internasionaal al hoe ongenaakbaarder toegepas gaan word, is daar geen kans dat rasionale argumente daarop indruk gaan maak nie.

    Uiteindelik is regstellende aksie 'n teenstrydigheid. Dit gaan nie daaroor om enigiets "reg te stel" nie, maar om instellings van blankes te suiwer of om 'n dubbele standaard te handhaaf waar swartes se prestasie met 'n ander, laer maatstaf as dié van blankes of selfs Asiërs gemeet word.

    Die aandrang op regstellende aksie geskied ook nie om enige reële of historiese onreg te herstel nie, maar op grond van rassenasionalisme. Terwyl enige vorm van blanke bewussyn as "rassisme" gesien word waarvoor blankes selfs krimineel vervolg kan word, verteenwoordig swart rassenasionalisme die normale uitdrukking van die swartman se kultuur en identiteit.

    Daarom, selfs al gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie tot niet soos dié van Zimbabwe, sal regstellende aksie gehandhaaf word. Geen rasionele argument of 'n beroep op gelykheid sal indruk maak op dié rasgedrewe beweging wat byna globaal en al hoe sterker in die VSA gevoer word nie.

    Dis 'n ope vraag of De Klerk oneerlik of bloot dom is. Miskien albei. Terwyl Amerika hom gereed maak om deur wetgewing en grootskaalse immigrasie sy eie blanke meerderheid tot dieselfde magtelose minderheidstatus as dié van Suid-Afrikaanse blankes te reduseer, gaan Suid-Afrika insgelyks voortstrompel op die pad van regstellende aksie en sogenaamde "swart bemagtiging" wat ons ekonomie, landbou, infrastruktuur en die regstelsel op sy knieë gaan dwing.

    De Klerk sal in die geskiedenis gesien word as die man wat nie net die Afrikaner vernietig het nie, maar 'n hele beskawing in Suider-Afrika tot 'n val gebring het. Sy huidige politiekery vanuit sy geveerde leuenstoel is waarskynlik bedoel om ons mense nogeens 'n rat voor die oë te draai – om ons huidige ondergang en verdrywing uit ons vaderland net verder te verdoesel.

    освещение лестницы вДанильченко Юрий Брониславович Харьков

  • SEB-borrel gaan eersdaags bars

    Die skuld wat aangegaan is om Swart Ekonomiese Bemagtiging se mikpunte te bereik, is besig om in die huidige ekonomiese klimaat onhoudbaar te raak. Die sektor wat veral geraak word, is mynbou, maar die hele ekonomie voel tans die groeiende ongemaklikheid.

    By die onlangse Mynindaba wat vanjaar in Kaapstad gehou is, is na die probleem verwys. Die regering sal moet ingryp om skuldbefondsde SEB-ooreenkomste te ondersteun omdat banke nie alleen in staat sal wees om die skuld te dra nie.

    In die meeste gevalle is krediet toegestaan op grond van toekomstige verdienste, toekomstige dividende en toekomstige aandeelpryse. Die inkomstebronne het egter opgedroog sedert die wêreldwye ekonomiese krisis wat in September 2008 begin het.

    Hierdie jaar, 2009, gaan die jaar van waarheid wees vir mynboubelange. Die hoof van Absa en Barclays Aksepbank, Cliff Zephyrine, het by die geleentheid gesê hy wil nie die uitdrukking "giftige bates" gebruik nie, maar ander mense is welkom om dit so te beskryf.

    Banke het nog geen aanduiding oor die omvang van die skuldlasprobleem rondom SEB-transaksies gegee nie, maar in private gesprekke is mynboureuse glo erg bekommerd oor die moontlike gevolge wat dit mag inhou.

    By die departement van Mynbou- en Energiesake heers daar insgelyks kommer oor die naderende krisis wat spruit uit befondsing vir SEB-transaksies wat opgedroog het en krediteure wat hulle geld wil terughê.

    Die banke wat deur die ANC gedwing is om SEB-transaksies te finansier, sal moet opdok. Die Nasionale Tesourie is self onder druk vanweë infrastruktuurontwikkeling wat te veel druk op die fiskus plaas.

    Sommige banke is tans besig om die skuld in aandele om te sit en het beheer oorgeneem van sekere nuwe myne.

    In 2002 is tydens onderhandelinge tussen partye ooreengekom dat die Mynbouhandves weer hersien sal word en dat 'n stel gedragsreëls vir Goeie Bestuur binne vyf jaar opgestel sal word om ongerymdhede en dubbelsinnighede in die Wet op Minerale en Petroleumgrondstowwe uit te stryk.

    Net voor die inhuldiging van die nuwe regering is die gedragskode vrygestel met die bepaling dat 26% van SEB-aandele in mynboumaatskappye teen 2015 skuldvry moet wees binne twee jaar. By versuim sal die betrokke mynhuis nie erkenning ontvang dat hy 'n SEB-transaksiegenoot was nie.

    Kennelik stuur die ANC die krisis in die rigting van die nasionalisering van myne. Kritiek vanuit die geledere van die SA Mining Development Association (Samda), 'n swart junior Kamer van Mywese, is ook nie deur die nuwe minister van Mynbou, Susan Shabangu, geduld nie.

    SEB is lankal nie meer 'n ekonomiese kwessie nie, maar 'n ideologiese een wat swart rassetrots gaande maak. Die mynhuise wat die ANC so graag aan bewind wou sien, gaan binnekort maai wat hulle gesaai het.

    дитячі машинкиАлександр Фильчаков Васильевич