
Sirië het ‘n voorstel van Rusland verwelkom om sy chemiese wapenarsenaal onder internasionale beheer te plaas.
Dié stap kan beteken dat die VSA se voorgestelde militêre ingryping gestuit kan word.
Die Siriese minister van buitelandse sake, Walid al-Moealem, het gesê sy regering verwelkom die voorstel, maar hy het nog nie aangedui dat sy land die plan aanvaar nie.
Die Amerikaanse president, Barack Obama, het gesê dat dié plan “potensieel positief” kan wees en het beloof om ernstige oorweging daaraan te skenk.
Indien Sirië sy chemiese wapenarsenaal onder internasionale beheer plaas, kan dié stap beteken dat die voorgestelde militêre ingryping deur Amerika afgeweer word.
Moealem sê die stap kan beteken dat die lewens van Siriërs gespaar sal word. Frankryk het gevra dat die internasionale gemeenskap die Russe se voorstel omsigtig moet oorweeg.
Die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het na ‘n vergadering met president Barack Obama gesê die Russiese plan moet nie nog ‘n verskoning wees vir ‘n vertraging of enige dwarsboming nie.
Clinton het gedreig dat Rusland die internasionale gemeenskap se pogings moet steun of die gevolge moet dra.
