Mugabe se aanvalle op wittes raak feller

Die uittredende AU-voorsitter, Robert Mugabe het die VN by die Afrika-beraad gekritiseer en gesê die Veiligheidsraad stel slegs daarin belang om witmense in sleutelposisies aan te stel. Die Zimbabwiese president het Saterdag ‘n staande ovasie deur sy swart eweknieë in Addis Abeba, Ethiopië, ontvang vir sy jongste aanval op wittes. Hy het afgesluit met meer

Lees verder: Mugabe se aanvalle op wittes raak feller

Ivoorkus-leier se verhoor kan tot nuwe spanning lei

Die voormalige president van die Ivoorkus, Lau­rent Gbagbo, het op die eerste dag van sy verhoor in die Internasionale Strafhof (ICC) skuld op alle aanklagte teen hom ontken. Gbagbo het gesê hy is steeds die slagoffer van “neokoloniale inmenging” deur Frankryk. Die verhoor kan tot hernude spanning in die Ivoorkus lei waar Gbagbo steeds gewild

Lees verder: Ivoorkus-leier se verhoor kan tot nuwe spanning lei

Vryheidsliewende predikant dood op sy plaas aangetref

Die lyk van dr. Steyn Steenekamp is op sy plaas in die Mooinooi-omgewing op Sondag, 31 Januarie 2016 ontdek. Na verneem word was sy hande en voete vasgebind en hy was reeds ‘n paar dae oorlede. Sy voertuig, ‘n wit bakkie, word steeds vermis. Dr. Steenekamp, opgelei as predikant en ook in die sosiale wetenskappe,

Lees verder: Vryheidsliewende predikant dood op sy plaas aangetref

Geen vredesmag vir Burundi nie, sê AU

Die Afrika-unie (AU) sal nie ‘n vredesmag na die beleërde Burundi stuur tensy die regering in Bujumbura daartoe instem nie, het dié unie se spesiale verteenwoordiger vir die streek gister aan die Franse radiodiens RFI gesê. Burundi is gekant teen die AU se voorgestelde vredesending van 5 000 lede en sê ‘n ontplooiing van troepe

Lees verder: Geen vredesmag vir Burundi nie, sê AU

Leon Lemmer: Amy Chua oor ‘markoorheersende minderhede’

Amy Chua (gebore in 1962) is ‘n etniese Chinees en die dogter van ‘n Filippyn wat in Amerika studeer en ‘n hoogleraar in rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Kalifornia te Berkeley geword het. Van jongs af het haar Chinese ouers haar gedryf om in bv wiskunde en klavier te presteer. Sy het regte aan Harvard-universiteit

Lees verder: Leon Lemmer: Amy Chua oor ‘markoorheersende minderhede’

Gareth Cliff wen dringende hofsaak teen Naspers se M-Net, bly Idols-beoordelaar

M-Net, die televisiefiliaal van die magtige Naspersgroep, het hul dringende hofgeding met die aanbieder Gareth Cliff verloor en moet sy regskoste betaal, asook hom heraanstel as “Idols”-beoordelaar. Sy swart advokaat, Dali Mpofu, het in die hof aangevoer dat Cliff “afgedank is omdat hy ‘n blanke is”. Hiermee het Mpofu M-Net se beskuldigings van “rassisme” jeens

Lees verder: Gareth Cliff wen dringende hofsaak teen Naspers se M-Net, bly Idols-beoordelaar

Oxfordse universiteit kapituleer nie oor Rhodesstandbeeld nie

In skrille kontras met die Universiteit van Kaapstad, het die Oxfordse universiteit besluit om hom nie aan agitasie teen die Rhodesstandbeeld op sy kampus te steur nie. Oriel-kollege, waar Rhodes se standbeeld staan, het aangekondig dat dit nie van plan is dit te verwyder nie aangesien die kollege skenkings van tot £100m (R2,3 miljard) mag verloor

Lees verder: Oxfordse universiteit kapituleer nie oor Rhodesstandbeeld nie

Brasilië in stryd teen Zika

Die Brasiliaanse president, Dilma Rousseff het ‘n beroep op Suid- en Sentraal-Amerikaanse lande gedoen om saam te staan in die stryd teen die Zika-virus. Brasilië het al byna 4000 gevalle van babas met kleinskedeligheid aangemeld, wat aan die virus toegeskryf word. Maar dit kon nog nie bepaal word of die Zika-virus die oorsaak is van

Lees verder: Brasilië in stryd teen Zika

ANC-ampsdraers verdink van ernstige aanranding, seksuele teistering

‘n Swart ANC-raadslid het ‘n minderjarige meisie so erg aangerand dat sy inwendig gebloei het, het die hof gehoor. Dilahlwane Njodina, het in Bultfontein in die Vrystaat in die streekhof verskyn op ‘n aanklag dat sy ‘n 14-jarige meisie ernstig aangerand het. Die aanval het gevolg op ‘n stryery tussen die meisie en die raadslid

Lees verder: ANC-ampsdraers verdink van ernstige aanranding, seksuele teistering

SA het die vier mees gewelddadige stede in Afrika

Suid-Afrika het vier van die gewelddadigste stede ter wêreld met Kaapstad as dié misdaadvoorloper. Suid-Amerika het die meeste stede op die lys maar Afrika het net vier. Die stad Caracas in Venezuela is as die gewelddadigste in die wêreld uitgewys. Die Instituut vir Sekerheidstudies het die bevindings van ‘n Meksikaanse navorsingsorganisasie egter verwerp. Die vier

Lees verder: SA het die vier mees gewelddadige stede in Afrika