Vryheidsliewende predikant dood op sy plaas aangetref

Die lyk van dr. Steyn Steenekamp is op sy plaas in die Mooinooi-omgewing op Sondag, 31 Januarie 2016 ontdek.

Na verneem word was sy hande en voete vasgebind en hy was reeds ‘n paar dae oorlede. Sy voertuig, ‘n wit bakkie, word steeds vermis.

Dr. Steenekamp, opgelei as predikant en ook in die sosiale wetenskappe, het die bediening jare gelede verlaat en voor 1994 by die RGN (Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing) gewerk.

Daarna was hy een van die wetenskaplikes wat navorsing vir die destydse Volkstaatraad gedoen het. Hy was tot onlangs betrokke by die VVK.

Sy eggenote, Bets, is ‘n geliefde sopraan, is bekend vir haar aanbieding van ‘n klassieke musiekprogram op Pretoria FM.

13 thoughts on “Vryheidsliewende predikant dood op sy plaas aangetref”

  1. Dit breek n mens se hart om daagliks te hoor en te lees van die aanvalle , aanrandings en moorde op ons blankes. Ek is bevrees dat hierdie skrikbewind en terrorisme gaan eskaleer. Waarop baseer ek my aanname? Daar is verskeie redes. Die haat teen blankes word aangemoedig met die goedkeuring van Zuma en sy regering. Hy sing gereeld van sy masjien geweer. Hy is een van die voorste blanke haters. Julius Malema sing gereeld die liedjie “kill the farmer , kill the boer. Ek kan nog onthou hoe die PAC waarvan Patricia De Lille n lid was geskree het,”one setler ,one bullet. Die oorgrote van die massas is ongeletterd en hulle eet alles op vir soetkoek. Dit kos nie baie om hulle op te sweep nie. Dan is daar die gehamer op apartheid . Ons sit met n regering wat totaal onbevoeg is om iets aan die saak te doen. Die polisie is nie n faktor nie , daar is baie gevalle waar hulle blankes aanrand. Die howe is steriel en onbevoeg. Die strawwe sit die moordenaars nie af nie.Dan is daar die leuens wat in hulle kele afgedruk word, onder andere dat ons hulle grond gesteel het. Die werkloosheid is baie hoog , ek skat dit op 40 persent. Min werk word geskep. Dit is maklik vir hulle om hulle te wend tot misdaad as gevolg daarvan. Die onbeheerste aanwas onder swaartmense is nog n groot gevaar vir die toekoms. Die instroming van swartes oor ons grense is nog n faktor wat ons in ag moet neem. Baie moorde word gepleeg deur vreemdelinge. Die regering moedig dit aan. Ek wonder wat is die ratio tussen blankes en swartes?Die toekoms lyk nie goed vir ons nie. Ons sal moet terug baklei en ons self verdedig. Die beste opsie is selfbeskikking . Die afgelope 2 dekades het weereens bewys dat integrasie misluk het. Ek bid vir die slagoffers en hulle families.

      1. Dis dalk die amptelike syfers maar die werklike syfers is nader aan 63 miljoen mense. Daar is geen manier wat die onbeholpe ANC regering weet hoeveel mense hier in die land is nie. Syfers vanaf grensposte en lughawens is uiters gebrekkig, mense stroom oor ons grense wat eintlik geen doel dien nie, aanteel word nie opgeteken nie ens ens ens. Met die laaste sensus het ons hele distrik nie een – nie een – sensus beampte gesien nie. Nie eens nadat die sensus as gebrekkig uitgewys is en die telling toe in verskeie distrikte in die Wes Transvaal oor gedoen is.

        1. Dit is die amptelike statestieke van 2014:
          Hier is die aanteel syfers

          Ouderdomsgroep 0-4
          Swart – 4,936,601
          Gekleurd – 420,171,
          Asiate – 99,256,
          Wit – 263,301;

          Oudersdomgroep 5-9
          Swart – 4,541,523,
          Gekleurd – 428,867,
          Asiate – 96,953,
          Wit – 269,367;

          Ouderdomsgroep 10-14
          Swart – 4,303,892,
          Gekleurd – 444,983,
          Asiate – 93,863,
          Wit – 280,988;

          Ouderdomsgroep 15-19
          Swart – 4,357,984,
          Gekleurd – 451,117,
          Asiate – 101,609,
          Wit – 306,851;

          1. Dankie Henkst
            Kyk bietjie na neonatale sterftes 0-5 jaar – Lyk vir my soos 17%!!
            en ook na bevolkingsaanwas stats.

    1. William,
      Ek reken ek stem saam met die meeste van jou stellings, en ek respekteer al jou stellings. My vraag is of jy besef jy doen afbreuk aan jou argument deur jou sienning te besig onder ‘n berig waar die vermoorde slegs blanke arbeid gebruik het, en vermoor is deur mense oor wie hy hom ontferm het?

Maak 'n opvolg-bydrae