Taliban swyg oor vermeende leier se dood

Die Taliban het hulself van vredesamesprekings met die Afgaanse regering gedistansieer, maar nie ’n woord gerep oor berigte dat hul leier, Mullah Omar, dood is nie. Afganistan het Woensdag gesê Omar is twee jaar gelede in Pakistan dood. Mullah Omar is nie in die openbaar gesien sedert die Amerikaans-geleide inval in Afganistan in 2001 begin

Lees verder: Taliban swyg oor vermeende leier se dood

AP lei heksejag teen Amerikaanse jagters in Zim

‘n Tweede Amerikaner word tans deur die media swartgesmeer oor “onwettige jag” in Zimbabwe. Danksy ‘n smeerveldtog teen ‘n tweede wit jagter, het Zimbabwe intussen ‘n geleentheid raakgesien om ‘n nuwe anti-wit-veldtog van stapel te stuur. Zimbabwiese owerhede beskuldig nou ‘n Pennsylvania-dokter dat hy onwettig ‘n leeu in April “vermoor” het. Dié nuwe heksejag kom

Lees verder: AP lei heksejag teen Amerikaanse jagters in Zim

Dan Roodt: Die Afrikaner: Van triomf tot ondergang deel 1

Dikwels word daar deesdae gesanik oor “apartheid” en veral die geskiedenis van 1948 tot 1994 wat dan ‘n “verspeelde kans” vir Suid-Afrikaanse samesyn en “bevryding” sou gewees het. Ná 20 jaar onder die ANC en Engelse oorheersing weet ons min of meer hoe “bevryding” lyk. Indien dit in 1948 aangebreek het, sou Suid-Afrika se infrastruktuur

Lees verder: Dan Roodt: Die Afrikaner: Van triomf tot ondergang deel 1

Motors: Mengelmoes-kardoes van padtoetse

Praag Motors het ‘n hele paar motors bestuur en hier is n kort opsomming oor ‘n paar van ons gunstelinge. Jeep Cherokee 2.4 Longitude Die Jeep is een van daardie modelle wat so onder die radar bly, die vorigegeslag-Cherokee het eintlik die Jeep-naam hoog gehou, maar dit lyk vir ons of die huidige Cherokee maar

Lees verder: Motors: Mengelmoes-kardoes van padtoetse

Leon Lemmer: Wannie Carstens se onvoorbeeldige paternalisme

Pleks van ‘n Afrikaanse taalraad in die ware sin van die woord te wees, is die Afrikaanse Taalraad (ATR) ‘n versoenings- en meertaligheidsraad. Versoening word dermate oordryf dat kulturele verskille, bv tussen wit en bruin mense, misken word. Daarenteen is daar by taal, en spesifiek by Afrikaans, in die ATR-geledere ‘n oorbewustheid van verskille, wat

Lees verder: Leon Lemmer: Wannie Carstens se onvoorbeeldige paternalisme

Vrae oor miljarde by PRASA

Minstens R4 miljard se besteding by PRASA waaroor daar nou ernstige vrae is, sluit ook ‘n bedrag van R17 miljoen in wat blykbaar uit PRASA se koffers “verdwyn” het. ‘n Voorlopige opsomming van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika se geldsake wys dat die ouditeur-generaal (OG) in die 2014-’15-boekjaar reeds die meer as R17 miljoen wat betaal is vir die

Lees verder: Vrae oor miljarde by PRASA

Twee Duitse joernaliste van hoogverraad aangekla

Duitsland ondersoek ‘n saak van hoogverraad teen ‘n nuuswebtuiste wat volgens berigte berig het oor planne om staatsmeeluistering van aanlyn-kommunikasie te verskerp. Volgens die Duitse media is dit die eerste keer in meer as 50 jaar wat joernaliste van hoogverraad beskuldig word. Joernaliste Andre Meister en Markus Beckedahl is in kennis gestel van die ondersoek

Lees verder: Twee Duitse joernaliste van hoogverraad aangekla

Jong vrou oorleef plaasaanval

Landelike veiligheidstrukture wat in plek is het heel waarskynlik vroeg vanoggend bygedra dat ‘n jong vrou op haar plaas by Ficksburg fisiek ongedeerd van ‘n plaasaanval afgekom het. Hoof van die plaaslike veiligheidsreaksiegroep, Jordaan Marais, sê die jong vrou bly alleen op die plaas en het omstreeks 01:00 gehoor hoe haar huis se agterdeur oopgebreek

Lees verder: Jong vrou oorleef plaasaanval

Polisiekantoor wat plaasaanvalle moet keer onbeman

Die waarnemende polisiekommissaris vir Noordwes, Jacob Tsumane het vandag die situasie by die Assen-polisiekantoor in die verre oostelike deel van die provinsie, sterk veroordeel. Dit volg nadat die kantoor Dinsdagmiddag glo onbeman aangetref is. Die stasie bedien hoofsaaklik landbougemeenskappe. Tsumane het vanoggend in ‘n verklaring gesê die stand van sake is onaanvaarbaar. Hy het opdrag

Lees verder: Polisiekantoor wat plaasaanvalle moet keer onbeman

FBI kla ISIS-lid van bomkomplot aan

Die Amerikaanse Federale Buro van Ondersoek (FBI) het Harlem Suarez (23) van Key West, Florida, aangekla vir sy planne om ’n bom versteek in ’n rugsak te laat ontplof. Hy is ’n selfverklaarde ondersteuner van die Islamitiese Staat (ISIS). Suarez het onder die owerhede se aandag gekom nadat hy ekstremistiese boodskappe op Facebook gepubliseer het.

Lees verder: FBI kla ISIS-lid van bomkomplot aan