President Kgalema Motlanthe en die minister van buitelandse sake Nkosazan Dlamini-Zuma gaan Maandag die gashere wees vir die Internasionale Sosialistiese Kommissie vir ‘n Volhoubare Wêreld Vereniging in die Weskaap. “Die agenda van die vergadering sal onder andere fokus op Afrika se ondervinding in die hantering van aardverwarming en klimaatsverandering,” het die woordvoerder vir die departement
Lees verder: Motlanthe gaan Sosialisme-vergadering byeenroep

Nou onlangs lees ek dat die universiteit van Cambridge 'n Imperiale Bal wil hou, maar dat daar allerweë sterk teenkanting by die instelling self teen so 'n geleentheid is, ook vanweë die feit dat die Britte, in hul vervloeë uitbreidingsdrang, weinig het om op trots te wees sedert hulle die eerste konsentrasiekampe ontwerp het wat tot die dood van duisende Boerevroue en kinders gelei het.