President Kgalema Motlanthe en die minister van buitelandse sake Nkosazan Dlamini-Zuma gaan Maandag die gashere wees vir die Internasionale Sosialistiese Kommissie vir ‘n Volhoubare Wêreld Vereniging in die Weskaap.
“Die agenda van die vergadering sal onder andere fokus op Afrika se ondervinding in die hantering van aardverwarming en klimaatsverandering,” het die woordvoerder vir die departement van buitelandse sake Ronnie Mamoepa Sondag in ‘n verklaring gesê.
Die kontinent se perspektief aangaande die globale ekonomiese krisis sal ook bespreek word by die vergadering in Kleinmond.
ANK-president Jacob Zuma sal ook na verwagting die vergadering bywoon.
Die Internationale Sosialis is ‘n wêreldwye organisasie van sosiale demokrate, sosialiste en arbeiderspartye. Die huidige lede is 170 politieke partye en organisasies insluitend die ANK. Die vergadering in Suid-Afrika vorm deel van ‘n program van aktiwiteite vir 2009, wat ook vergaderings van die Kommissie gaan behels in Sjina, Washington DC en by die VN se hoofkwartiere in New York.
