Mugabe vier uitspattig fees

ImageTerwyl Zimbabwiërs van die honger omkom, het president Mugabe en sy gaste die naweek dié berugte staatsleier se 85ste verjaardag gevier met peperduur kos soos kaviaar, kreef en sjampanje.

Mugabe se gaste het in die dorp Chinhoyi vir die uitspattige partytjie opgedaag – terwyl meer as die helfte van die land se inwoners brandarm is en nie kos het om van te leef nie.

Sy verjaardagkoek het 85 kg geweeg.

Mugabe het reeds op 21 Februarie verjaar, maar sy ondersteuners van die Zanu-PF-party het die vieringe uitgestel sodat hulle eers geld daarvoor kon insamel.

Hulle het meer as VS$250 000  ingesamel.

“Die land mag dalk probleme hê, maar ons moet ’n dag hê om die opofferinge wat die president vir sy land gemaak het te onthou,” het mnr. Patrick Zhuwawo, een van die geldinsamelaars en ’n neef van Mugabe, gesê.

Die skare het in vragmotors opgeruk na dié dorp noordwes van die hoofstad Harare.

Volgens vroeëre gerugte sou die eerste minister, mnr. Morgan Tsvangirai MDC, ook die partytjie bywoon.

Sy woordvoerder het egter gesê hy sal opdaag nie.

Volgens die Londense dagblad The Times was dié lekkernye op die spyskaart:

2 000 bottels sjampanje (Moët & Chandon en Bollinger);

500 bottels whisky (Johny Walker Blue Label en 22 jaar oue Chivas Regal);

8 000 krewe;

100 kg koningsgarnale;

4 000 porsies kaviaar;

8 000 bokse Ferrero Rocher-sjokolade;

16 000 eiers;

3 000 eende;

3 000 koeke;

4 000 pakke varkworsies;

500 kg kaas

4 000 pakke kraakbeskuitjies.

Geen mieliemeel is blykbaar op die onthaal toegelaat nie.

Intussen het Zimbabwe ander Afrika-lande vir VS$2 miljard gevra om sy gesondheid-, onderwys-, sanitasie-, water- en ander stelsels te herstel en sy nywerhede te herstel.

ten play appФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae