Beeld berig dat Fikile Mbalula, hoof van die ANC se verkiesingsveldtog, gesê het dat daar na Afrikaans as onderrigmedium op universiteit gekyk moet word,
Hy het Vrydag aan sowat 250 studente op die Soweto-kampus van die Universiteit van Johannesburg gesê “Afrikaans kan nie die onderrigmedium wees tot nadeel van ander tale nie.”
Mnr. Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het die byeenkoms glo verlaat toe daar ’n uur ná aanvang nog honderde leë stoele in die saal oop was. Die byeenkoms is deur Sasco gereël.
“Onderwys is die grootste prioriteit vir die ANC vir die volgende vyf jaar,” het Mbalula aan die skamele gehoor gesê. Hy het ook gesê glo bekostigbare en gratis tersiêre onderwys is haalbaar.
