35 mense beseer by ANK-byeenkoms

Ten minste 4 vroue en 2 kinders is Sondag uit Durban se Chatsworth stadion gedra nadat hulle beseer is by ‘n ANK-saamtrek.

Daar is ook gesien hoedat verskeie ander mense na die ambulanse agter die stadion geneem is.

Volgens die SAUK-verslag is 35 mense, hoofsaaklik vroue en kinders beseer.

Die stadion met 20 000 sitplekke was tot volle kapasiteit gepak, met meer as 50 busse wat ondersteuners van alle dele van die provinsie af gebring het om te kom luister na die ANK-president Jacob Zuma wat gepraat het.

Toe die ANK se KwaZulu-Natalse sekretaris Senzo Mchunu net sommige van die toeskouers genooi het om in die stadion se sentrale arena te kom sit, het ‘n skare ondersteuners deel van die barrikade wat hulle uit die gebied gehou het, omgestoot en ingestorm.

Daar is op sommige mense getrap terwyl ander hardhandig grond toe afgedruk is.

Onder die hoogwaardigheidsbekleërs wat teenwoordig was, was Cosatu president Sidumo Dlamini, Durban stadsbestuurder Michael Sutcliffe en besigheidsman Vivian Reddy.

Cosatupresident Sidumo Dlamini het ook gepraat en gesê: “Cosatu is hier om ‘n beslissende oorwinning te verseker. Die ANK tree op teen die probleme wat die land tans in die gesig staar.”

Hy het gesê die aflegging van werkers, veral die in die mynindustrie, sal aangespreek word.

arabian nightsАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae