Zimbabwe – ons tiende provinsie

Graag wens ek my intense misnoeë met ons regering se onlangse oopgooi van ons landsgrense, spesifiek aan Zimbabwe, uit te spreek. Dit is ‘n blatante daad van verraad teenoor elke burger van ons land deur ‘n roekelose en onbekwame regering. Roekeloos in die sin dat dit swak deurdink is met min, indien enige, oorweging ten opsigte van die langtermyneffek op ons noodsaaklike natuurlike hulpbronne soos water en voedsel. Onbekwaam as mens in ag neem dat hierdie oorgawe aan ‘n wesenlike probleem na die beste plan lyk waarmee hulle vorendag kan kom. Pateties vanaf mense wat daargestel is deur die kiesers teen bogemiddelde salarispakkette waarvan verwag word om bogemiddeld te dink en prakties uit te voer. Hierdie “plan” laat veel te wense oor en getuig van 'n gebrek aan verbeelding.

Volgens betroubare bronne stroom daar tans meer as 4000 Zimbabwiërs per dag deur ons grenspos by Beitbrug, nie in ag genome die duisende ander vlugtelinge uit die res van die kontinent nie.

Nodeloos om te sê, geen land kan hierdie tipe van onbeheerde migrasie van mense akkomodeer nie. Ons word gepaai deur politici dat hierdie insypelaars slegs 90 dae mag vertoef maar ons weet by nou al van beter. Hulle het gekom om te bly – en vir ‘n lang tyd. Meeste van hulle sal verdwyn in ons samelewing en binne die volgende paar maande lustig met die massas saam toitoi vir beter dienste, geriewe en spesifiek huise. Terselfdertyd sal ons misdaadsyfer net nog verder die hoogtes inskiet want werk vir hierdie mense om selfversorgend te raak, is ‘n droom.

Die regering maak al vir bykans vyftien jaar geluide van werksskepping maar het tot dusver min ter bewys daarvan gelewer. Deur plaaslike industrieë genadeloos oor te laat aan ekspansionistiese Oosterse lande het ons nou amptelik ‘n invoerland gemaak. Die grootste verdiener van inkomste is natuurlik die staat met die belastingverdienste uit invoertariewe wat eintlik maar die verkoop van ons erfdeel vir die Bybelse pot lensiesop is. Blykbaar is ons glad nie sterk as dit by onderhandelinge om internasionale market kom nie en word ons maklik afgeransel deur internasionale konkurrente.

Verlede jaar het die landbousektor gewys dat ons nie net geboelie gaan word nie en by ‘n internasionale landbouberaad uitgestap. Watter opvolgaksie dit tot gevolg gehad het, is nie bekend nie, maar ek glo ons het intussen maar seker bakhand vir aalmoese teruggekeer.

Dit is derhalwe duidelik dat werkskepping dagdromery was en min gekom het van beloftes wat deur mense soos Irwin gemaak is. Sy opvolger sal moontlik getrou in sy voetspore kan volg want hy kan beswaarlik minder vermag. Ons het tans ‘n negatiewe ekonomiese groeikoers as gevolg van wêreldtendense wat min goeds vir ons inhou. Het ons die plaaslike produksiemark gedurende Manuel se “vet jare” in stand gehou, sou ons voedsel en ander noodsaaklikhede nou teen baie minder aan ons eie mense kon voorsien en nie teen ‘n bankrot dollar hoef te kompeteer nie. Die ou gesegde lui mos, “charity starts at home”, dus sorg mens eers vir jouself en dan vir ander. Dit het geen betekenis vir ons regering nie en buiten die verryking van ‘n handjievol stuur die middelklas, waarvan min oor is, op ‘n ramp af. Die laer stand is nou nog armer as ooit, nie net aan besteebare inkomste nie maar ook aan dienste en werk.

Met nog bykans 300 000 geraamde werksgeleenthede wat hierdie jaar gaan sneuwel, lyk die prentjie taamlik bleek. Gemeet teenoor die duisende wat die land binnestroom begin die belastingbetalerskorps al hoe minder raak en sal persoonlike belasting aangepas moet word om al die honger monde te voed. Net Eskom alleen soek al weer ‘n verdere 35% om hond haar af te maak. Stadsrade en munisipaliteite sal binnekort meer geld soek om dienste aan die gang te hou aangesien minder geld vanaf die staatskas gaan deurvloei. So tuimel die kaartehuis inmekaar tot op opvoedingsvlak waar sogenaamde staatskole nie eens meer genoeg geld vanaf die ouers kry om kop bo water te hou nie en van staatskant al hoe minder fondse beskikbaar is. Hierdie nuut verkose regering is nog ‘n duurder een, so dit is duidelik dat baie ander staatsinstansies se begrotings daaronder sal lei om vir hierdie honger masjien plek te maak.

Intussen speel ons vroedvrou vir lande soos Zimbabwe en eien hulle mislukkings en tragedies toe. Waarheen is ons op pad met hierdie beleid? mag jy wonder. Die situasie is hartseer maar ek dink sonder die geringste twyfel, beslis die afgrond oor. Wat is volgende? Want, glo my, hier kom ‘n ding. Hoe meer van ons mense nie werk kry nie, hoe meer gaan hulle na hierdie vreemdelinge kyk en hul begin verag. Baie van hierdie insypelaars maak ‘n groot bydrae tot ons misdaadsyfer alhoewel sekeres dit ten sterkste ontken. Dus as die pot van etniese vrees en haat begin oorkook moet ons nie dié keer wonder van waar dit kom nie. Ook nie wie daarvoor verantwoordelik is nie.

дитячий коврикАлександр Фильчаков

ANC-advertensie is blatant rassisties

Anderskleuriges (nie swart) wat die afgelope 15 jaar van ANC-bewind enigsins gewonder het of hulle in die party hoort of vir hulle moet stem, sal nadat hulle die advertensie op televisie gekyk het geen twyfel meer hê nie. Die nuwe advertensieveldtog wat deur die party geloods is om kiesersteun te bekom, spel duidelik uit wat hulle is en vir wie hulle staan. Gesien in die lig van soveel klagtes van die menere rondom rassisme en soortgelyke gedrag by ander partye, mag dit vreemdvoorkom. Want hoe beskuldig mens iemand van iets as jy dit self beoefen? Of is dit maar steeds die ou redenasie van ‘n swarte wat nooit rassisties kan wees nie. Maar daar is geen logika as mens na die ANC kyk nie, so hulle arrogansie is nie verbasend nie. Enigeen wat hom of haar nog laat intimideer deur hierdie redenasie, moet maar ‘n slagoffer van hulle denke bly.

Die ANC advertensie is duidelik en dit spel uit dat hierdie ‘n swart party is vir swart mense. Nerens word daar enigsins genoem dat enige anderskleurige moet betrokke raak, al baat gevind het of sal baat vind by die ANC as party nie. Die klankbaan is in ‘n swart taal, wat soos Xhosa klink, met subtitels in Engels. Die enigste logiese afleiding vir laasgenoemde is bloot om nie-gemagtigdes van die taal ook te betrek, so dis defnitief nie vir ons anderskleuriges nie.

Daar word op die gekose kiesers se emosie gespeel deur hulle net te herinner aan die koms van die Afrika-Messias en die elektrisiteit, huise, onderwys, water en so meer wat hy vir die swart kieser gebring het. Ja, vergete is die dae toe ook hulle dit gehad het, in staatshospitale op wit lakens gelê het en gevoed is. Toe skole gebou is en hulle opgevoed is in hulle moedertaal om hulle op te hef. Dié is summier afgebrand ten koste van die jeug waarvan ook Malema een was. Toe morge grond aan hulle gegee is en deur die BBK-bestuur is om hulle te bemagtig in gebiede waar hulle oorwegend gevestig was, en dit verwerp is.

Vars in die geheue is egter die goed wat gebring was en nou maar baie tweedehands lyk. Die gesondheidsdienste, krag en watervoorsiening, onderwys en andere blyk maar sleg daaraan toe te wees. Die rede daarvoor is duidelik, ons word verswelg deur hulle broers wat met behulp van hul regering wild en wakker oor ons grense stroom en ons infrastruktuur uitput. Ons, die nie-ANC-kiesers, staan ook maar aan die ontvangkant want as iets soos die kragtoevoer onderbreek word, trek ons ook maar aan die kortste end. Dit word die voorgenome kieser nie van vertel in die ANC advertensie nie. So appels word nie met appels vergelyk nie en die kieser kan nie 'n vergelyking tref en ‘n intelligente keuse maak nie. Dit is mos maar waaroor demokrasie gaan, dan nie? Breinspoeling van die massas.

Kyk mens weereens na COPE se verkiesingshandves blyk dit darem asof daar vir almal in ons sogenaamde reënboognasie ‘n plekkie in die son is. Die DA se advertensie wat die komende week geloods word, is duidelike gemik op alle rassegroepe en skep ‘n realistiese verwagting by die voorgenome kieser. Hoe COPE s'n gaan lyk, sal ons maar moet sien. Die ANC het al gepraat van hulle doelwit om ‘n nie-rassige samelewing te skep maar dit blyk net weereens lippediens wees. Hulle sê iets, maar gewoonlik bedoel hulle iets anders.

Ek dink enige anderskleurige in die land behoort baie bekommerd te wees oor die ANC se duidelike rassistiese benaderingwat hulle beoefen in die aanloop tot die verkiesing en te besin oor wie hulle by die stembus gaan ondersteun. Dit gaan nie help om vir enige party wat minder as ‘n 5-persent-stemtal kan kry, te stem nie. As ons werklike verandering wil teweegbring deur ons demokratiese stemreg uit te oefen, moet ons ‘n sterk opposisie daarstel. Dit laat duidelik min keuse oor vir watter opposisieparty ons behoort te stem.

 

Alwyn Moutonвлагоотделитель на компрессорАлександр Фильчаков прокурор

Nee vir COPE

As ek dit ooit oorweeg het om vir COPE te stem in die komende verkiesing is ek tans in ‘n proses van selfbesinning. Alhoewel ek steeds van mening is dat die koms van COPE een van die beste goed is wat met ons politieke situasie kon gebeur, wonder ek of dit wel ons probleme gaan aanspreek en of hulle die sogenaamde "reënboognasie" gaan verenig. Dat hulle ‘n wig in ANC-geledere vorm en die spreekwoordelike doring in hulle vlees is, betwyfel ek nie. Meeste COPE-lede het egter die ANC-wa goed gery totdat die wiele afgeval het en hulle besluit het om verder te ryloop in die vorm van ‘n nuutgestigte party.

Mnr. Lekota se onlangse uitlatings oor die herinstelling van die kommando's om uiters noodsaaklike dienste te lewer laat mens wonder oor sy ware bedoelings. Hy sê dat tydens sy deelname aan die proses om die kommando's af te stel, het hy dit teensinnig gedoen want hyself wou dit eintlik geleidelik uitfasseer. So hy was ten gunste daarvan, maar hy wou dit op sy manier doen. 'n Absolute gespeel met woorde waarmee hy homself maar net meer skuldig maak. Hy is steeds van mening dat slegs die SAPS na burgerlikes moet omsien aangesien dit so tydens Kodesa bespreek is. Waar hy egter die pot sleg mis sit, is dat hy voel dat ons landsgrense deur die polisie verdedig moet word in die vorm van grensbeheer. Sedert die weermag van ons landsgrense verwyder is, het duisende vrylik oor ons grense gestroom en die effek daarvan is tans oral te sien.

Van die meeste misdade teen ons burgerlikes word deur misdadigers vanuit Mosambiek en Zimbabwe gepleeg waarna hulle vrylik met hulle buit na hulle land padgee. Van die grootste dwelmhandelaars kom uit Nigerië en het ons bure geword in die townships en ook Bishops Court. Die Polisie wat hy wil hê om al dié kwessies aan te spreek is duidelik onbevoeg as mens slegs kyk na die toename in misdaad en spesifiek dwelmhandel. Ons het nou al so baie dwelms in die land dat ons dit deur ons nasionale lugredery na Engeland kan uitvoer. Wat duidelik van onbevoegdheid spreek, is die feit dat ons nooit die dwelms van hier af kan keer nie en dat die Britte dit elke slag namens ons moet doen. Dis geen wonder hulle vereis nou visums van elke persoon wat hulle eiland vanaf SA wil besoek nie. Met ons swak paspoortbeheer en bedrog kan enige onwettige immigrant hiervandaan maklik na enige land as Suid-Afrikaner reis.

Die kommando's het vir jare landelike gebiede beveilig teen normale misdaad en ook aanvalle van oorkant ons grense. Die weermag en kommando's het hand aan hand gewerk en ‘n gedugte span gevorm. Spesifiek op ons plase is beveiliging deur die boere self gedoen en was plaasmoorde ongehoord. Nie net is blankes beskerm nie, maar mense van alle kleure. Nou is al hierdie mense wat deur 'n hoogs doeltreffende diens beskerm is die slagoffers van gewetenlose misdadigers met die polisie om hulle te beskerm. Die afstelling van die kommando's was juis uit vrees vanaf ANC-kant en presies om die verpolitisering van die polisie en weermag te bespoedig. COPE ry tans ook maar net in die spore van die ANC op ‘n voosgeryde pad en as mens mooi kyk, is daar min verskille in hul beleid. Mnr. Lekota waarsku teen die verpolitisering van ons polisie en die weermag en soos hy dit stel is dit een van die ANC se doelwitte. Hy vertel ons dan mos iets wat  ons weet, want hy was self minister van  verdediging en het gehelp om voetsoldate van Umkhonto in te lyf. Selebi se doen en late en die hantering van sy saak spreek mos ook boekdele. So Terror moenie dink hy kan vir baba bangmaak met sulke voorverkiesingsmenings nie. Die polisie en weermag is lankal verpolitiseer; dink eerder aan iets nuuts om jou volgelinge te beïndruk. Ons gaan nie almal na jou nuutgevonde "hawe" hardloop nie. Deur Boesak weereens 'n kans te gee, het julle baie van jul ou identiteit maar net weer laat deurskemer. Hy verwys na die onlangse toesmeerdery van Carl Niehaus deur die ANC wat baie goed vergelyk met Boesak se aanstelling. Hulle smeer daardeur ook maar net toe, deur Boesak as die nuwe kandidaat voor te stel wat ons onder sy leiding verder gaan voer.

Sy uitsprake teenoor die landbou en grondhervorming is maar net soos afgeroomde melk en het min om die lyf. Hy is blykbaar onbewus van opleiding en leiding wat aan mense gegee word wat plase en grond ontvang het. Hy stel voor as deel van sy meesterplan dat hulle eers opleiding sal ontvang voor enige grond oorgedra sal word aan diegene wat daarvoor kwalifiseer. Briljante plan, mnr. Lekota, as mens dit net kan laat werk. As hy maar net realisties sal wees en sy trots in sy sak steek, sal hy besef dat die blanke boer die een is wat hierdie ekonomie dra en van kos voorsien. Hoekom hulle nie kry om hierdie opleiding, waarmee hulle in elk geval al jare lank besig is, te doen en swart boere sodoende te bemagtig nie?

Ek dink die aantwoord daarop is voor die hand liggend of is dit net ‘n geval van: "Hy dink nie"?

COPE het 'n reusetaak voor die deur om uit die skoene van die ANC te kom en sal met unieke idees moet kom om die kieser, vernaam die een op die draad, te oortuig. Deur bloot die "julle-het-dit-gedoen-en-ons-doen-dat"-politiek te wil beoefen, is nie goed genoeg nie.

slots win real money no depositОлександр Васильович Фільчаков