Die kleinhandelprys op alle grade van petrol sal aanstaande Woensdag met 45 sent per liter styg, het die minister van minerale en energie Vrydag gesê.
Die groothandelprys van diesel met ‘n 0,05% swaelinhoud sal met 38 sent per liter daal, asook die prys van diesel met swaelinhoud van 0,005%.
Die groothandelsprys van paraffien sal met 26 sent per liter daal en die enkelmaksimum- nasionale handelsprys van paraffien sal met 34 sent per liter daal.
