Die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) het Maandag aangekondig dat ondersoek ingestel word na die kuberkrakery van e-posse wat vir ‘n groot verleentheid vir die Demokratiese nasionale komitee gesorg het. Die Clinton-veldtog beskuldig Rusland van aandadigheid en sê Moskou probeer die Amerikaanse presidentsverkiesing beïnvloed. Die e-posse wat deur WikiLeaks uitgelek is, het onthul dat partyleiers probeer
Brittanje bly in Afrika na Brexit sê nuwe minister
Tobias Ellwood is pas aangestel as die nuwe minister belas met Afrika in die Verenigde Koninkryk se kantoor vir buitelandse en statebondsaangeleenthede. Ná sy aanstelling het Ellwood gesê Brittanje se werk in Afrika is nie afgehandel nie, en Brexit sal nie daaraan verander nie. “Die Verenigde Koninkryk het sterk bande met Afrika en ek wil
Lees verder: Brittanje bly in Afrika na Brexit sê nuwe minister
20 beseer, winkelsentrum beskadig toe tornado Tembisa tref (met video)
Volgens die jongste syfers is 20 mense beseer toe ‘n tornado die swart lokasie Tembisa, noordoos van Johannesburg, getref het (sien foto’s en video hier onder). Die Oos-Randse metro, Ekurhuleni, het ‘n hele noodoperasie aangekondig en daar gaan aan minstens 400 dakloses hulp verskaf word. Sommige beserings is veroorsaak toe die dak van ‘n winkelsentrum,
Lees verder: 20 beseer, winkelsentrum beskadig toe tornado Tembisa tref (met video)
Wenke vir nat paaie en vloedwaters
‘n Paar wenke om Praag-bestuurders veilig te hou as ‘n swaar bui uitsak: Verminder spoed! Pas spoed en volgafstand aan. Dit moet minstens ses sekondes van die motor voor wees. Maak seker die volgafstand is groot genoeg om gemaklik tot stilstand te kom. Skakel altyd die hoofligte van jou voertuig aan in nat weer asook
Honderde, behalwe SAKP daag op in koue vir Zuma
Honderde ANC-ondersteuners het die gure weer getrotseer om President Jacob Zuma Dinsdag te hoor praat in Inchanga. Terwyl dit gereën het, het Zuma en die laggende ondersteuners afgesluit met sy kenmerkende “Umshini Wami” liedjie, ‘n herinnering aan die terreurveldtog waarmee die ANC aan bewind gekom het. Umshini Wam’, mshini wam Ek wil my masjiengeweer hê
Lees verder: Honderde, behalwe SAKP daag op in koue vir Zuma
‘Rambo’ van Duitse Ansbach-aanval lyk soos tipiese infiltreerder
‘n Siriër, bekend as “Rambo” het Sondag in Ansbach, Duitsland, sy bomgordel buite ‘n musiekfees laat ontplof. Twaalf ander mense is in die voorval beseer, waarvan drie ernstig. Die Siriër het twee jaar gelede in Duitsland aangekom en het na bewering “twee keer vantevore selfmoord probeer pleeg”. Die man was glo bang dat hy teruggestuur
Lees verder: ‘Rambo’ van Duitse Ansbach-aanval lyk soos tipiese infiltreerder
‘SAUK-4’ deur Arbeidshof heraangestel
Die vier joernaliste wat summier deur die SAUK afgedank is omdat hulle beswaar gemaak het teen Hlaudi Motsoeneng se beleid om nie meer oor onluste te berig nie, is vanoggend enkele minute gelede deur die Arbeidshof in hul poste heraangestel. Regter André van Niekerk het beslis dat Foeta Krige, Jacques Steenkamp, Suna Venter en Krivani
Zuma stuur kommunistiese onteieningswet terug weens ‘foutiewe prosedure’
Terwyl die kommunistiese leier en minister van openbare werke, Jeremy Cronin (foto hier bo), druk toepas dat die ANC se radikale onteieningswet so gou moontlik gepromulgeer word, het president Jacob Zuma dit weer terug na die parlement verwys. Die wet, waarmee enige eiendom feitlik na willekeur onteien mag word, sal Suid-Afrika op die pad van
Lees verder: Zuma stuur kommunistiese onteieningswet terug weens ‘foutiewe prosedure’
Demokrate se byeenkoms in chaos gehul
Die Amerikaanse Demokratiese Party is in chaos gehul, op die vooraand van hul byeenkoms. Nadat Wikileaks e-posboodskappe laat uitlek het wat daarop dui dat die party se nasionale voorsitter, Debbie Wasserman Schultz (foto bo), stemmery beïnvloed het namens Hillary Clinton, moes Wasserman Schultz uittree. Die Demokrate se nasionale komitee het senator Bernie Sanders intussen om
Kaapse rampbestuur op hoë gereedheidsgrondslag
Rampbestuurspanne in Kaapstad is op hoë gereedheidsgrondslag te midde van gure weer wat van vandag af verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê dit is die eerste van ‘n reeks kouefronte wat die week oor die Skiereiland sal beweeg. Swaar reën, sterk wind en snerpende koue is Kapenaars se voorland. Tot dusver is geen berigte van
