Die vier joernaliste wat summier deur die SAUK afgedank is omdat hulle beswaar gemaak het teen Hlaudi Motsoeneng se beleid om nie meer oor onluste te berig nie, is vanoggend enkele minute gelede deur die Arbeidshof in hul poste heraangestel. Regter André van Niekerk het beslis dat Foeta Krige, Jacques Steenkamp, Suna Venter en Krivani Pillay heraangestel word en dat alle tugmaatreëls teen hulle gestaak word.
Van die joernaliste het reeds via Twitter hul blydskap te kenne gegee, asook wit ballonne buite die hof vertoon (foto vanaf Twitter hier bo).
Jacques Steenkamp het getwiet:
Our Constitution wins again! Now let’s get back to the job we love! @krivpillay @foetakrige @sunav @solidariteit #SABC8 #NotInOurName
— Jacques Steenkamp (@JacqueSteenkamp) July 26, 2016
‘n Joernaliste van KykNET, Lourensa Eckard, het ook die nuus via ‘n twiet oorgedra:
@KNverslag die arbeidshof las dat die afdankings onwettig is en dat alle dissiplinêre stappe teen die joernaliste gestaak moet word #SABC8
— Lourensa Eckard (@LourensaEckard) July 26, 2016
