praag.co.za

‘SAUK-4’ deur Arbeidshof heraangestel

Written by

in

,

Die vier joernaliste wat summier deur die SAUK afgedank is omdat hulle beswaar gemaak het teen Hlaudi Motsoeneng se beleid om nie meer oor onluste te berig nie, is vanoggend enkele minute gelede deur die Arbeidshof in hul poste heraangestel. Regter André van Niekerk het beslis dat Foeta Krige, Jacques Steenkamp, Suna Venter en Krivani Pillay heraangestel word en dat alle tugmaatreëls teen hulle gestaak word.

Van die joernaliste het reeds via Twitter hul blydskap te kenne gegee, asook wit ballonne buite die hof vertoon (foto vanaf Twitter hier bo).

Jacques Steenkamp het getwiet:

‘n Joernaliste van KykNET, Lourensa Eckard, het ook die nuus via ‘n twiet oorgedra:

Comments

5 responses to “‘SAUK-4’ deur Arbeidshof heraangestel”

  1. G Avatar
    G

    Nou gaan die “joernaliste” ons weer verveel met NeoCon Marxisme.

  2. Corrupt_NUMBA 1 Avatar
    Corrupt_NUMBA 1

    wel gedaan ,Solidariteit – 1, dopey-goebels – 0

  3. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Kyk hoe die “stryders” nou openlik in rebellie opstaan tengunste van ‘n NUWE ORDE. (SARKASME AF)

  4. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Soos reeds gesê, dit skeel my min. In Suid-Afrika is selfs goeie nuus half suur.

  5. Anton Schutte Avatar
    Anton Schutte

    en julle vier mannetjies dink die ding eindig hier? Julle kort sigtigheid oor besluite wat julle in ’94 geneem het sal nou n bitter les word. Dink julle dat n boellie soos the cANCer / hlaudi sy nonsies gaan staak…harde bene, kry vir julle, jingo hensoppers.

Leave a Reply