Honderde ANC-ondersteuners het die gure weer getrotseer om President Jacob Zuma Dinsdag te hoor praat in Inchanga.
Terwyl dit gereën het, het Zuma en die laggende ondersteuners afgesluit met sy kenmerkende “Umshini Wami” liedjie, ‘n herinnering aan die terreurveldtog waarmee die ANC aan bewind gekom het.
Umshini Wam’, mshini wam Ek wil my masjiengeweer hê
Khawuleth’umshini wam Bring my masjiengeweer
Umshini Wam’ we baba My masjiengeweer my vader
Khawuleth’umshini wam Bring my masjiengeweer
Umshini Wam’ we baba My masjiengeweer my vader
Khawuleth’umshini wam Bring my masjiengeweer
Khawuleth’umshini wam Bring my masjiengeweerWen’uyangibambezela Jy mors jou tyd
Khawuleth’umshini wam Bring my masjiengeweer
Khawuleth’umshini wam Bring my masjiengeweer
Zuma het oudlede van ANC wat as onafhanklike kandidate in die komende plaaslike verkiesings staan, skerp gekritiseer.
Die president se optrede by die sportveld in Fredville is gekenmerk deur die afwesigheid van senior lede van die SA Kommunistiese Party (SAKP).
Fredville is dieselfde gebied waar SAKP-lid Philip Dlamini in Januarie doodgeskiet is.
Vier mense is in hegtenis geneem in verband met die moord, twee van wie wat na bewering met die uittredende raadslid Dennis Shozi verbind kan word.
In die gebied is SAKP- en ANC-lede verdeel oor watter kandidaat in die wyk moet staan.
Petros Nxumalo staan as ‘n onafhanklike kandidaat in opposisie tot die voorkeurkandidaat, die ANC se Nokukhanya Gumede.
Zuma het ook uitgevaar teen die Demokratiese Alliansie wat hy as ‘n verlenging van die eertydse Nasionale Party beskou.
Zuma sal na verwagting sy veldtog in Pietermaritzburg Woensdag voortsit, terwyl sy voormalige vrou en uitgaande Afrika-unie-voorsitter Nkosozana Dlamini-Zuma saam met die minister van sport, Fikile Mbalula in Durban sal optree.

Solank hy sy masjiengeweer op die kommuniste rig, is dit uitstekend
Ongelukkig weet ons op wie hy regtig wil skiet.
Die mense wat sy bankrekening bedreig nommer een. Dit kan Naspes se Pieter du Toit wees byvoorbeeld. ‘n Standerd 4 ou wat ideologies dink is raar.